Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,581 episodes available.
June 03, 2020MonitorDie Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die Wes-Kaapse Onderwysdepartement moet onderrig tot volgende week uitstel soos wat die nasionale departement vereis; Die hooggeregshof in Pretoria het die inperkingsregulasies van Vlak Drie en Vier ongrondwetlik en ongeldig verklaar - maar wat gebeur nou?; Die DA-beheerde munisipaliteit in Stellenbosch sê hy gaan voort met die betalingsvakansies vir inwoners wat finansieel geknou word deur die inperkingsregulasies, ten spyte van teenkanting deur die nasionale regering; en leerders van die Baai neem tans deel aan 'n virtuele koderingstoernooi....more45minPlay
June 03, 2020MonitorDie regering het tot n konsep plan ingestem om die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens te befonds; Is dit egter die regte besluit? Ons kry reaksie hierop en vra of die lugdiens op 'n ander manier bedryf kan word; en COVID-19 toetse in die Kaapstad Metro, sal slegs toegestaan word aan mense bo die ouderdom van 55 - ons kry duidelikheid oor wat die planne behels.......more52minPlay
June 02, 2020MonitorWildstropery neem toe weens Covid 19, en blinde en dowe persone het besondere probleme met Covid-19 beheermaatreëls....more53minPlay
June 02, 2020MonitorSkole rapporteer leemtes in die onderwysdepartement se voorsiening van veiligheidstoerustig teen Covid 19; en sakevertroue herstel merkwaardig na Aprilmaand se geskiedkundige insinking....more44minPlay
June 01, 2020MonitorVerwarring heers oor of kinders vandag skool toe moet gaan of nie - ons praat met twee kenners oor wat ouers nou moet doen; die eerste ruimtevaarders wat deur 'n private maatskappy, SpaceX, in die ruimte gelanseer is, het by die Internasionale Ruimtestasie aangekom; Die Reserwebank het 'n hofstryd verloor oor toegang tot rekords oor finansiële misdade in die apartheidsera ; en wydverspreide gewelddadige betogings gaan voort in die VSA...more45minPlay
June 01, 2020MonitorDuisende Graad Sewe en Twaalf leerders wat vandag skool toe sou gaan, moet nog 'n week wag; Die Winterhoop projek skop vandag af - duisende noodbehoewendes kry hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsgewende organisasies; en die Boksburg Bomber, Gerrie Coetzee gaan op die silwer doek verewig word.......more47minPlay
May 29, 2020MonitorSommige kerkgroepe bevraagteken die gedeeltelike opheffing van beperkings op kerkdienste, en die burgemeester van Ekurhuleni Metro, Mzwandile Masina, brandmerk 'n bekende musiekkunstenaar as 'n "rassis"...more46minPlay
May 29, 2020Monitor'n Ruimte-grondstasie gaan by Matjiesfontein in die Wes-Kaap opgerig word; en President Cyril Ramaphosa sê kerke wat die inperkingsmaatreëls oortree sal gesluit word....more48minPlay
May 28, 2020MonitorOns kyk na die die ekonomiese gaping tussen mans en vroue - veral wat salarisse betref; die Restaurant vereniging eis antwoorde oor waarom eetplekke nie hul deure mag oopmaak nie; en Latyns-Amerika, is nou bevestig as die nuwe middelpunt van COVID-19....more57minPlay
May 28, 2020MonitorDie Parlement hou sy eerste virtuele vergadering sedert die inperking ingestel is; Dudu Myeni word as 'n misdadige direkteur in terme van die Maatskappyewet verklaar; Dr Nkosazana Dlamini-Zuma, hou vol dat die verbod op tabakprodukte weens gesondheidsredes tot op Vlak 3 van die inperking verleng is; en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister die Eerste Uitgawe van die Finansiële Stabiliteitsoorsig vir 2020 bekendgemaak - 'n ekonoom gee insig oor die betekenis van die verslag.......more52minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,581 episodes available.