Voëlgriep is steeds aan die versprei. Die Wes-Kaapse regering sê daar is nou 56 bevestigde gevalle van voëlgriep in die provinsie. Byna drie miljoen hoenders is van kant gemaak. Die Wes-Kaapse Minister vir Landbou en Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde het aan Jean Esterhuizen gesê daar mag dalk 'n tekort van hoenderprodukte oor die volgende paar weke wees.
Net een uit elke vier persone wat aan 'n geestesiekte ly, kry die nodige behandeling in Suid-Afrika. Oktober is Geestesgesondheidsmaand.'n Kliniese sielkundige in Noordwes, One Silohiwe het met ons oor die kwessie gepraat. Sy meen dit plaas die ekonomie onder verdere druk.
Oliver Tambo was 'n produk van die spog Anglikaanse privaatskool, St. Peter's College in Rosettenville, Johannesburg, wat uitstekende akademiese resultate gelewer het. Hy was later ook 'n onderwyser by die skool, wat die Black Eton genoem is omdat dit met die gerekende Eton College in Brittanje vergelyk is.
Die evolusie van die mens word gereeld ondersoek, nagevors en bespreek. Maar wat van die evolusie van siektes? Navorsers het onlangs menslike en patogeniese DNS van argeologiese afsaksels ondersoek om 'n grondlyn van menslike siektes te probeer vasstel. Hanri Wondergem het meer gaan uitvind oor hulle bevindings.
Jan en San Alleman kan help met navorsing oor paddas... Die Debshan-Padda-Opname het bevind dat daar in 'n klein gebied sowat 35 padda-spesies is. Die opname is gedoen deur Prof. Louis du Prees van die Noordwes Universiteit en sy span. Hulle het ook gekyk na hoe sterk die padda-koor sing, diversiteit, gedragspatrone en die bevolkingstalle. Du Preez het die opname met Hanri Wondergem bespreek by die agtste jaarlikse Oppenheimer De Beers-groep navorsingsberaad, wat in Johannesburg gehou is.
Die toekoms van universiteite was 'n besprekingspunt op die program van die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Toekomsnavorsing. Dr. Chris van der Merwe, bekend as die grootbaas van die Curro skole en nou die uitvoerende hoof van die maatskappy Stadio Holdings, het sy insigte hieroor met ons gedeel.
Suid-Afrika bevind homself by 'n keerpunt en dit is alles die gevolg van slegte regeringsbeleid, sê 'n direkteur van die Vryemarkstigting, Temba Nolutshungu. Hy het Vrydag by die Instituut vir Toekomsnavorsing van die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse konferensie gepraat. Heindrich het hom gevra waarop sy standpunt berus.
Ons fokus op stories wat die Afrikaanse diens die afgelope 80 jaar uitgesaai het wat te doen het met menslike drama en pyn. Ons begin by Januarie 1990 waar n jong vrou, bekend as Joan, uit die kloue van die pedofiel, Gert van Rooyen en sy minnares, Joey Haarhoff gered is. Die SAUK se destydse nuusredakteur in die Pretoria kantoor, Elsabe Smit, het met Joan gaan praat.
Oliver Reginald Tambo sou op 27 Oktober sy 100ste verjaardag gevier het. Bizana, in die Oos-Kaap, is waar die langsdienende president van die ANC groot geword het.Op 27 Oktober 1917 het Julia Tambo geboorte geskenk aan 'n seun wat later in sy lewe 'n internasionale ikoon sou word. Tambo het in Nkantolo, sowat 20 kilometer van Bizana af, grootgeword langs die Ingeliberge.
Hernubare energie, en spesifiek windkrag, is veelbesproke onderwerpe. Maar wat is die gevolge wat windkrag inhou vir ons geveerde vriende? Hanri Wondergem het met Doktor Hanneline Smit-Robinson van Birdlife South Africa gepraat oor hoe voëls, en veral bedreigde voëlspesies, geraak word deur windplase in Suid-Afrika. Smit-Robinson was die week 'n spreker by die agtste jaarlikse Oppenheimer De Beers-groep navorsingsberaad.
4 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.