Suid-Afrikaners word aangeraai om eerder reisplanne na Madagaskar uit te stel. 'n Dodelike pes in Madagaskar het reeds meer as 50 lewens geeis en meer as 500 is dodelik siek. Skole is gesluit en massabyeenkomste is voorlopig verban. Op lughawens, in banke en elders by openbare plekke word maskers gedra om te probeer om die verspreiding van die pes te keer. Dr Albie de Frey van die reiskliniek, The Travel Doctor, het vir Hanri Wondergem gesê as Suid-Afrikaners geen ander keuse het as om na Madagascar te reis nie, is daar wel voorsorgmaatreëls wat getref kan word...
Die Nasionale Vervolgingsgesag en Pres. Jacob Zuma se mislukte aansoek by die Appèlhof om bedrogklagte teen die president te laat vaar, het die vraag laat ontstaan oor wat volgende met die saak gaan gebeur of behoort te gebeur. Ons praat nou hieroor met die grondwetlike kenner prof. Pierre de Vos en de hoofredakteur van News24, Adriaan Basson, skrywer van die boek "Zuma Exposed".
Die Irakese ambassadeur in Pretoria, Dr Saad Kindeel, het die naweek gereageer op die roofgtog op sewe lede van n Irakese afvaardiging na Suid-Afrika, wat deur n groep misdadigers aangeval is. Suid-Afrika se oud-ambassadeur in Tokio wat steeds op n ad hoc basis betrokke is by die Departement van Internasionale Samewerking, Gert Grobler sê misdaad bly 'n belangrike besprekingspunt onder hoofde van missies in Pretoria...
'n Voormalige ondersoeker van die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK), Zenzile Khoisan, reken die volgende saak wat ondersoek behoort te word ná die Timol-uitspraak is die van die sogenaamde Guguletu-7 wat deur die veiligheidspolisie koelbloedig doodgeskiet is. Hy sê een van die uitdagings met die soort ondersoeke, is die traagheid van die vervolgingsowerhede.
Die leier van die UDM, genl. Bantu Holomisa, sê in reaksie op die Ahmed Timol-uitspraak dat dit reg is dat oortreders van menseregteskendings vervolg word. Maar hy wys ook vinger na hoe Pres. Jacob Zuma versoeningspogings in die land in die wiele ry deur die raskaart te speel. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat....
Die 48-jarige Dan Kriek, die president van Vrystaat Landbou en 'n boer van Tweeling in die Oos-Vrystaat, is Donderdag (12 Oktober 2017) op Agri SA se nasionale kongres in Muldersdrift, noordwes van Johannesburg, as die nuwe persident aangewys. Hy is die afgelope drie jaar 'n visepresident van Agri SA, en neem die leisels oor by Johannes Möller van die Noord-Kaap.
Die Universiteit Stellenbosch-dosent in ekonomie, prof. Rachel Jafta, het Donderdag (12 Oktober 2017) die jaarlikse kongres van die landbou-organisasie AgriSA toegespreek. Haar fokus was die belangrikheid van vennootskappe vir kommersiële landbou in Suid-Afrika.
Fatah en Hamas het 'n vredesooreenkoms bereik wat 'n elf-jaar lange stryd tussen die twee Palestynse faksies beeindig. Die ooreenkoms wat grootliks deur Egipte gefassiliteer is, is gistermiddag in Kairo bekendgemaak. Maar Suid-Afrika het ook hier 'n rol gespeel om die tafel te dek vir n vrede, wat hopelik wyer as Palestina sal strek. Roelf Meyer verduidelik wat die ooreenkoms presies behels.
Aan die Wes-Rand in Gauteng, word skadebepaling vir versekeringsdoeleindes na Maandag se storm gedoen. Die eienaar van die Versilia Blommeplaas net buite Krugersdorp, Riana du Plessis, het aan Jamaine Krige gesê hulle het miljoene rand se skade gely.
Ander inwoners van Krugersdorp het wonderbaarlik aan die stormskade ontkom. Elsa Erasmus is die eienaar van die Bankenveld House-gastehuis, en sy sê hulle het hulle deure oopgemaak vir diegene wat dakloos gelaat is.
2 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.