Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Jy kan, en veral in 2017, leer uit die geskiedenis. So meen die skrywer, Frans Johan Pretorius. Hy is die redakteur, en een van 11 skrywers, van die boek Verskroeide Aarde, wat gaan oor die beleid tydens die Anglo Boere Oorlog. Hy het aan Melissa Tighy gesê dat kennis van die geskiedenis is nou meer belangrik as ooit.
    5 min
  • Monitor
    Die Spaanse eerste minister, Mariano Rajoy, het die Kataloniese streeksregering gistermiddag vyf dae tyd gegee om te besluit of hy werklik onafhanklik van die res van Spanje te wees. Vir meer konteks hieroor, praat Monitor met Theo Bekker van die Noordwes Universiteit.
    11 min
  • Monitor
    Daar was wye reaksie op die Minister van Polisie, Fikile Mbalula, se versoek aan President Jacob Zuma om die weermag in bendegeteisterde gebiede in die Wes-Kaap te ontplooi. Sommige waarnemers meen dat dit nie die taak van die weermag is nie. Monitor praat hieroor met Prof Abel Esterhuyse van die Krygskunde-fakulteit by Universiteit Stellenbosch.
    7 min
  • Monitor
    'n Asteroïde het na verwagting vanoggend (Donderdag 12 Oktober 2017) om 07:42 Suid-Afrikaanse tyd rakelings verby die aarde beweeg. Die asteroïde sou op sy naaste punt aan die aarde gewees het, en op 'n soortgelyke hoogte as geo-stasionêre satelliete. Vir meer hieroor praat Monitor met 'n senior navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Dr Pieter Kotze.
    4 min
  • Monitor
    Die landbou-organisasie AgriSA hou Donderdag en Vrydag (12-13 Oktober) sy jaarlikse kongres met vennootskappe as oorhoofse tema. Monitor praat met die uitvoerende hoof van AgriSA, Omri van Zyl.
    8 min
  • Monitor
    Liberiers is gister na die stembus om 'n opvolger vir Afrika se eerste vroue president en Nobel vredespryswenner, Ellen Johnson Sirleaf te kies. Gegewe die land se 14-jaar lange burger-oorlog en geskiedenis van brutale geweld, het Sirleaf haar landsburgers gemaan om vreedsaam hul kruisies te gaan trek. Nie minder as 20 presidents kandidate het hulself verkiesbaar gestel, onder andere, die voormalige bestuurder van 'n koeldrank maatskappy en 'n gewese model. Vir meer konteks, het Anita Visser met die Afrika kenner, Liesl Louw-Vaudran van die Instituut vir Sekerheid Studies gepraat.
    9 min
  • Monitor
    Die literator en Taurus uitgewer, Ampie Coetzee, het 'n lang pad met die oorlede skrywer Ryk Hattingh geloop. Coetzee het met Anita Visser gesels oor Hattingh se lewe en werk.
    4 min
  • Monitor
    'n Lid van die regerende Demokratiese party in Suid-Korea, Lee Cheol-Hee, sê Noord-Koreaanse kuberkrakers het in September verlede jaar die weermag se data basis geinfilitreer en dokumente gesteel wat 'n bloudruk vir 'n oorlog tussen die twee buurlande is. Die onthulling wat hy gisteroggend gemaak het, het die politieke kwik verder laat styg te midde van die Hoof van die Amerikaanse weermag, Mark Milley, se uitlating dat alhoewel konflik met Noord-Korea in sy woorde: "aaklig" sou wees, daar geen risiko vrye opsies vir die VSA is nie. Vir antwoorde hierop, het Anita Visser met die ontleder Theo Bekker van Noordwes Universiteit gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Ryk Hattingh, die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer wat in Nieu Zeeland woon, is op sestigjarige ouderdom aan 'n hartaanval daar dood. Die skrywer, Joan Hambigde, sê Ryk Hattingh het 'n groot bydrae tot Afrikaanse letterkunde gegee, toe hy in 1984 met "Die Tonnel" gedebuteer het. Sy ander boeke was, Marcus Vermoed 'n Verhaal, Ingnatius Brand, Mynhoop, Witskrif en Mnr van Bonge, Die Forster Bende saam met Conrad Botes, en in 2016 sy wegholtreffer Huilboek.
    2 min
  • Monitor
    Oor die afgelope paar weke was daar verskeie boelie-voorvalle by skole in die nuus. Maar Dr Ruan Spies van die Noordwes Universiteit sê boelies kom ook in by die werk voor. Melissa Tighy het met hom oor die omvang van die probleem selfs in 'n professionele omgewing gepraat.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners