Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Maatskaplike werkers wêreldwyd het in 2010 tot die besef gekom dat haweloses die beste deur mense in hulle eie omgewing gehelp kan word. Sedertdien word 10 Oktober elke jaar as Wêreld Hawelose-dag beskou. Een organisasie wat hom vir die welstand van hawelose beywer is JOSH, die Johannesburg Organisation of Services to the Homeless. Anita Visser het met die stigter en uitvoerende hoof van JOSH, Mary Gilett-De Klerk, gepraat. Sy se onder meer dat selfs gegradueerdes onder die geledere van haweloses tel.
    12 min
  • Monitor
    Die Wes-Kaapse DA het hierdie naweek 'n nuwe leier verkies om Patricia de Lille op te volg. De Lille het in Januarie verras met haar bedanking en die leierspos is in die tussentyd deur Bongikosi Madikizela, die provinsie se minister van behuising, beset. Madikizela is Saterdag bevestig as nuwe provinsiale leier toe hy die verkiesing teen adv. Lennit Max gewen het. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat oor sy toekoms planne.
    7 min
  • Monitor
    Die Kaapse musiekmeester Camillo Lombard, mede-stigter van die Cape Music Institute, praat met Heindrich Wyngaard oor hoe die instituut 'n tuiste van ontvlugting bied vir jong musikante van die Kaap se minder gegoede gebiede. Hier word hul talent en sakevaardighede geslyp.
    6 min
  • Monitor
    Dis kuberveiligheidsmaand en 'n deskundige in die gebied, Professor Elmarie Biermann, sê die regering se beleid oor kuberruimte is na ses jaar nog nie behoorlik uitgetrap nie. Sy sê 'n groot deel van die modêrne mens se lewe gebeur in die digitale ruimte. Dit is voeg sy by, uiters noodsaaklik om jou digitale identiteit te beskerm en om die nodige leiding van die regering te kry.
    5 min
  • Monitor
    Die Departement van Menslike Nedersettings stel ondersoek in na die gebruik van innoverende bou-tegnologie en ander modelle, wat kan help om die agterstand in die verskaffing van behuising te laat krimp. Afgevaardigdes by 'n konferensie in Durban het gehoor dat Suid-Afrika een van die grootste verskaffers van gratis laekoste-behuising ter wêreld is. Dries Liebenberg berig.
    3 min
  • Monitor
    Die nuutgestigte Musicians Association of South Africa het Saterdag hul Wes-Kaapse jaarvergadering gehou. Die vereniging beywer hom vir die regte van musikante en wil help verseker dat voorsiening vir hulle gemaak word, wat betref voordele soos mediesesorg en aftrede-voorsiening. Heindrich het met die bekende Kaapse musikant, komponis en regiseur Camillo Lombard hieroor gepraat.
    4 min
  • Monitor
    Terwyl die regering met toenemende behuisingsagterstande worstel, word dit noodsaaklik dat die publiek deel is van besluite oor die soort huise wat gebou word en die soort stede waarin hulle woon. Dít het geblyk aan die einde van 'n nasionale konferensie oor menslike nedersettings in Durban. Bykans 30 navorsingsverslae is aan 4-honderd afgevaardiges van regoor Afrika voorgelê. Dries Liebenberg berig.
    3 min
  • Monitor
    Die Minister van Toerisme, Thokozile Xasa, sê hulle het projekte van meer as 20 miljard rand regoor die land geidentifiseer wat 'n belangrike rol kan speel in die ontsluiting van die oseaan-ekonomie. Sy sê dit is ook deel van Operasie Phakisa. Xasa het die seisoen se blouvlag strande op Jeffreysbaai bekendgestel. Dit dui aan dat strande aan internasionale standaarde voldoen. Veronica Fourie doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die Aardklop-span het verskillende rasse en rasse-kwessies met verskeie rolspelers bespreek.
    22 min
  • Monitor
    'n Alternatiewe geskilbeslegtingproses begin eersdaags vir gesinne wat deur die Esidimeni tragedie geraak is. Afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke gaan die saak waarneem waarin ondersoek ingestel word na die meer as 100 psigiatriese pasiente wat in Life Esidimeni se sorg was. Die sterftes volg op 'n omstrede besluit van die Departement van Gesondheid om die pasiente oor te plaas na nie-regeringsorganisasies. Sandra de Villiers, wie se boetie een van die slagoffers was, het vir Anna-marie Jansen van Vuuren gesê dat die proses 'n manier is om 'n stem te gee aan diegene wat dood is.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners