Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Grondhervorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
    15 min
  • Monitor
    Die jaarlikse Aardklop kunstefees het amptelik begin. Suzanne Paxton het met die feesdirekteur, Alexa Strachan en die voorsitter van die Aardklop direksie, Japie Gouws oor die fees gesels. Aardklop Kunstefees bied ook vir die eerste keer een tot een teater aan.
    18 min
  • Monitor
    'n Hofaansoek van die verloorfaksie in die Oos-Kaapse ANC om die uitslag van die afgelope naweek se leierskapkonferensie ongeldig verklaar te kry, is deur die hof uitgegooi. Dit is die nuutste verwikkeling in die onderlinge bakleiery in ANC-geledere, onder meer ook in ander provinsies soos KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap. Vir sy ontleding van die situasie, het Heindrich Wyngaard met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Die jaar is daar 'n unieke produksie en 'n eerste vir Suid-Afrika wat op die planke gebring word by Aardklop. Dit is genaamd Deurnis. Suzanne Paxton het met Johan Smith Stigterslid van Deurnis gepraat. En Aardklop vind plaas in Potchefstroom, wat die afgelope ruk gereeld in die nuus was weens die politieke verwikkelinge in die gebied. Die woordvoerder vir die burgermeester van die JB Marks munisipaliteit, Victor Boqo en die kampus rektor van die NWU se Potchefstroom kampus Professor Fika Jansen van Rensburg het meer hieroor gesels.
    12 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse inskrywing vir vanjaar se Oscar benoemings is bekend gemaak. The Wound is 'n Xhosa rolprent wat handel oor een van die kultuurgroep se inisiasieskole. Die regisseur, John Trengrove, het toegang gekry tot die geheimenisse van die praktyke wat gevolg word by die skole, en die verhaal oor 'n sensitiewe onderwerp in die gebruike verweef. Ons fliek-resensent, Leon van Nierop, het aan Marlinee Fouche gesê die storie wat hierin verweef is, kan dalk net goed genoeg wees vir 'n Oscar benoeming.
    3 min
  • Monitor
    Die burgemeester van die Kouga munisipaliteit in die Oos-Kaap, Elza van Lingen, sê hulle kon uiteindelik die afgelope naweek die Seekoei-riviersmonding met 'n sloot oopmaak. Die vleilande aan beide kante van die laevlak-brug, wat Paradys Strand met Astonbaai en Jeffreysbaai verbind oorstroom gereeld. Van Lingen sê die langtermyn oplossing word met die hulp van die Nelson Mandela Universiteit beplan.
    4 min
  • Monitor
    Die United Democratic Front is 20 jaar gelede deur Bantu Holomisa en die oud-NP-politikus Roelf Meyer gestig. Die stigting is die afgelope naweek by die Gallagher-landgoed in Midrand, Gauteng gevier en ons praat met die UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa.....
    6 min
  • Monitor
    Die sosio-politieke kommentator Christo van der Rheede het met 'n rubriek vir Beeld die wenkbroue laat lig toe hy gemaan het teen, wat hy noem, 'n onverdraagsame en roekelose element wat genot daaruit put om rassekonflik te stook en dat dít die potensiaal het om in 'n volskaalse volksmoord te ontaard. Hierdie bydrae begin met Van der Rheede, die uitvoerende adjunkhoof van AgriSA, se verduideliking van sy standpunt.....
    8 min
  • Monitor
    Die woord Siembamba kan in die volksmond na 'n gedig, wiegeliedjie, of Afrikaanse kinderradio verwys. En nou is inspirasie hieruit ook vir 'n Afrikaanse gruwelfliek geput. Maar waar kom die liedjie en die mite daaragter vandaan? Anna-Marie Jansen van Vuuren het gaan uitvind...
    7 min
  • Monitor
    Slegte eetgewoontes en 'n beheptheid met gewig en voorkoms veroorsaak baie keer eetversteurings. Daarom het die depressie en angs groep, SADAG, op Facebook regstreekse gesprekke met mense om hulle te help met die probleem.. Ons het met die Psigiater, Dr Rykie Liebenberg van die Sandton Mediclinic gepraat oor eetversteurings.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners