Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die DA in die Wes-Kaap kies Saterdag, 7 Oktober, 'n nuwe provinsiale leier. Heindrich het 5 vrae aan die twee vernaamste kandidate, Bonginkosi Madikizela en adv. Lennit Max gestel.
    4 min
  • Monitor
    Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat die volgende bydrae ontstellend kan wees:Die familie van die vier-jarige Shaynice Talla, wie se lyk in 'n drein in Eldoradopark, suid van Johannesburg, gevind is, dring aan op antwoorde. Die kind se oom het op haar lyk afgekom laat Woensdagaand. Sy is Woensdagmiddag as vermis aangemeld. Die polisie het bevestig dat 'n man ondervra word in verband met haar moord, maar wou nie bevestig of ontken dat sy verkrag is nie. Jamaine Krige het by die familie gaan besoek aflê.
    5 min
  • Monitor
    Die gevierde Johnny Clegg, wat vanoggend 'n ateljeegas op Monitor was, is bekend vir sy sang in Engels en Zoeloe, kitaarspel en tradisionele danspassies. Maar wat minder bekend is, is dat hy ook 'n liedjie met Afrikaanse lirieke op sy 2006-album "One Life" opgeneem het. Heindrich het hierdie bydrae saamgestel.
    8 min
  • Monitor
    Vandag is Wêreld Hondsdol-dag. Hondsdolheid is 'n virus wat in die speeksel van 'n besmette dier, na mense oorgedra kan word, en tot 'n aaklige dood lei. Dr Jannie Crafford van Onderstepoort, sê die goeie nuus is dat daar 'n entstof is om die siekte te voorkom.
    3 min
  • Monitor
    Johnny Clegg het geen bekendstelling nodig in Suid-Afrika waar hy pas in verskeie stede weer te hoor was as deel van sy Final Journey World Tour. Woensdag vlieg hy Amerika toe en daarna volg n Kanadese konsert toer. Minder bekend is die feit dat hy ook n antropoloog is en Brits van geboorte is. Oor die afgelope drie dekades het Johnny Clegg meer as vyf miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop. Trouens Juluka en Savuka is huishoudelike name in veral Frandkryk waar Johnny Clegg bekend staan as Le Zulu Blanc. Vandag kuier Clegg by ons in die ateljee wat ons ook die kans gee om sy musiek te speel.
    25 min
  • Monitor
    Hoewel pres. Donald Trump van Amerika se toespraak by sy ete met Afrika-leiers in New York dalk om die verkeerde rede soos 'n veldbrand op sosiale media versprei het, was dit tog 'n betekenisvolle geleentheid. Só sê die Afrika-kenner Liesl Louw-Vaudran aan Heindrich.
    5 min
  • Monitor
    Die ekonoom Dawie Roodt sê aan Heindrich Wyngaard die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini sit die pot mis met sy aandrang op 'n groter salaris oor die Zoeloes se bydrae tot die land se belasting-inkomste.
    5 min
  • Monitor
    Die Star inisiatief of MIV selftoetsprogram vir Afrika het toestelle landwyd begin versprei waarmee mense hulself vir die virus kan toets. Joan-Marie Verhoef berig dat dit reeds in ander Afrika-lande baie suksesvol is.
    4 min
  • Monitor
    Adj.pres. Cyril Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse bodafvaardiging vir die Rugbywêreldbeker-toernooi in 2023 na Londen gelei. Hier het die regering waarborge aangebied van 160 miljoen POND, of byna drie miljard rand. Kan die staatskas dit egter bekostig, vra Heindrich die bekende ekonoom Mike Schussler van economist.co.za
    10 min
  • Monitor
    'n Nuwe opname deur die maatskappy Ipsos dui op 'n afname in die aantal Suid-Afrikaners wat tussen 2015 en 2017 hulself as "Trots Suid-Afrikaans" beskou - in 2015 was dit 77%; nou is dit 63%. Heindrich het hieroor met die ontwikkelingsekonoom en trustee van die Jakes Gerwel-stigting, Hein Gerwel, gepraat.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners