Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die hoof van die DA-koukus in die JB Marks raad op Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman, sê die munisipaliteit op Venterdorp gaan tot stilstand ruk, na die beslaglegging van bates deur 'n skuldeiser verlede week. Dit volg nadat die Pretoria Hooggeregshof 'n aansoek om 'n beslaglegginsbevel van 50 miljoen rand op bates van die voormalige Ventersdorp-munisipaliteit aan 'n private maatskappy toegestaan het. Hans-Jurie Moolman sê die burgemeester en bestuurder het die inligting van hulle weerhou, en dat daar reeds op die bates beslag gelê is.
    5 min
  • Monitor
    'n Nuwe opname deur die maatskappy Ipsos, waarvan die resultate gister bekend gemaak is, dui op 'n afname in die aantal Suid-Afrikaners wat tussen 2015 en 2017 hulself as Trots Suid-Afrikaans beskou - in 2015 was dit 77%; nou is dit 63%. Heindrich Wyngaard het hieroor met die ontwikkelingsekonoom en trustee van die Jakes Gerwel-stigting, Hein Gerwel, gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Leeus is toenemend in stropers se visier. Bewarings-organisasies sê misdaad-netwerke smokkel leeus se tande en pote na die Verre Ooste, waar daar geglo word dit bring geluk. Leeu-bene word ook in sekere tradisionele medisyne in lande soos China, Thailand en Viëtnam gebruik. Suid-Afrika is die enigste land wat die uitvoer van leeus se bene, wat in aanhouding gebore is, gewettig het. Volgens die regering het die land tussen 2008 en 2014 die bene van sowat vyf-duisend leeus, wat meestal deur jagters geskiet is, uitgevoer. Bewaringsgesindes meen dis die handel in leeubene wat grootliks bydrae tot die stroop van leeus. Die verslag deur Darren Taylor...
    6 min
  • Monitor
    Die Alternatief vir Duitsland-party het na vore getree as die derde grootste party in Duitsland ná die algemene verkiesing waarin bondskanselier Angela Merkel vir 'n vierde termyn verkies is. Ons praat nou met Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria.
    6 min
  • Monitor
    Twee jong sakemanne se droom om geld te maak is verydel toe hulle Vrydag 22 September 2017 van al hul geld beroof is. Adriaan Veldsman en sy vriend Ruhan du Toit is R24 000 kwyt waarmee hul vir skape en bokke wou betaal. Sowat 20 mans het hulle glo Vrydag op die plaas Vaalbank tussen Makwassie en Wolmaransstad oorval en beroof. Izak du Plessis berig.
    5 min
  • Monitor
    'n Gedeelte van die NG Kerk is in rep en roer oor wat hulle 'n Oscar vir dominees noem. Dit volg na Coram Deo Gemeente in Risiville, Vereeniging, besluit het om predikante te beloon vir hul prediking. Vir talle lidmate is dit onvanpas. Izak du Plessis berig.
    5 min
  • Monitor
    Die Patriotic Alliance, wat die DA in die Nelson Mandela Metro in die Oos-Kaap gehelp het om van die onderburgemeester, Mongameli Bobani van die UDM ontslae te raak, het sy steun aan die DA onttrek. Metzi van der Merwe het meer besonderhede.
    4 min
  • Monitor
    Bewerings van mishandeling het by 'n ouetehuis in Prieska in die Noord-Kaap aan die lig gekom. Inwoners van Huis du Pickardt sê die reëls word voortdurend verander en indien hulle daarteen kapsie maak, word hulle deur personeellede gedreig. Een bejaarde man vertel dat hy gereeld die k-woord toegesnou word. Reginald Witbooi het die ouetehuis besoek en het die verslag saamgestel.
    5 min
  • Monitor
    Die uitgesproke ANC-LP dr. Makhosi Khoza het uit haar pos bedank, maar nog nie die aap uit die mou gelaat oor presies wat sy volgende gaan doen nie. Heindrich Wyngaard pols die politieke ontleder dr. Oscar van Heerden hieroor.
    7 min
  • Monitor
    Die ou Broederbond, nou die Afrikanerbond genoem, is 'n onmisbare - indien nie ongemaklike - deel van die Afrikaner se erfenis. Dit is die onderwerp van 'n bespreking Sondag, op Erfenisdag, op die program Rights & Recourse op die SABC Nuuskanaal 404 op DStv. Hier gee die aanbieder Dumile Mateza 'n voorskou.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners