Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    STANISLAV PETROV is waarskynlik vir meeste Suid-Afrikaners net nog n Russiese naam, maar die man wat onlangs op 77 dood is, het die wêreld in 1983 van n moontlike kern-oorlog gered. Luitenant-kolonel Petrov was in die vroee oggend-ure van 26 September aan diens by die OKO vroee waarskuwings operasionele sentrum buite Moskou toe verskeie rekenaars verkeerdelik aangedui het dat amerikaanse missiele oppad was Rusland toe. As militêre offisier, sou sy opleiding hom noop om sy senior kollegas dadelik in te lig, maar gelukkig was Petrov n koelkop wat die data toegeskryf het aan n rekenaar fout. Petrov het eenvoudig gewag en 23 minute later het hy met groot verligting geweet sy instinkte was reg - die wêreld het aanhou draai - dit was foutiewe data. Die politieke wetenskaplike, THEO BEKKER, sê om te verstaan hoe sy senuwees Petrov in daardie 23 minute opgekeil het, moet mens die konteks van die koue oorlog verstaan:
    6 min
  • Monitor
    Die hoofskrywer van die boek "Cricket & Conquest: The History of South African Cricket Retold", prof. Andre Odendaal, praat met Heindrich Wyngaard oor die belangrikheid daarvan dat die onkunde oor SA se volledige sportgeskiedenis teengewerk moet word.
    5 min
  • Monitor
    Daar word jaarliks nagenoeg 20 tot 30 gevalle van hondsdolheid onder Suid-Afrikaners aangemeld. Maar die probleem is glo aansienlik groter. Studente in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, die Suid-Afrikaanse Bloeddiens en die Instituut vir Oordraagbare Siektes werk saam om die tekort aan hondsdolheid immuneglobiene in die land te probeer oplos. Plasma van superskenkers word gebruik om die immuneglobiene vir hondsdolheid te vervaardig. Superskenkers is mense wat teen hondsdolheid ingeënt is en reeds teenliggaampies opgebou het. Liela Magnus berig...
    4 min
  • Monitor
    Daar is meer as 500 000 dowe mense in Suid-Afrika. Maar, sonder die erkenning van gebaretaal as een van Suid-Afrika se amptelike tale, word sekere regte, wat ander landsburgers as vanselfsprekend aanvaar, geskend. Toegang tot howe, skole en gesondheidsorg is dikwels van die grootste uitdagings.
    4 min
  • Monitor
    'n Paar weke na die kategorie vyf orkaan, Harvey, groot dele van die Amerikaanse deelstaat, Texas getref het, het opruimingswerk nou begin. 'n Suid-Afrikaner wat in Houston woon, Dawid Pieterse het egter aan Joan-Marie Verhoef gesê die gemeenskap word deur talle uitdagings in die gesig gestaar. Intussen is die kragtige orkaan Maria ook in aantog.
    4 min
  • Monitor
    Uitsprake deur die komediant en radiopersoonlikheid Tumi Morake oor swart mense se apartheidspyn, het gelei tot 'n koppestamp tussen Kallie Kriel, die burgerrregte-organisasie Afriforum se uitvoerende hoof, en Max du Preez, skrywer en kommentator. Monitor se Heindrich Wyngaard het vrederegter probeer speel.
    14 min
  • Monitor
    Die feesseisoen is in aantog. Terwyl Suid-Afrikaners gebibber en beef het die winter, was dit somer in die Noordelike Halfrond. So wat kan ons by die deel van die wêreld se toerisme bedryf leer? Hanri Wondergem het gaan uitvind.
    4 min
  • Monitor
    Die voormalige woordvoerder van die SA Inkomstediens, Adrian Lackey, praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeursfirma KPMG se bekentenis oor hul onetiese optrede met hul ondersoek na die sogenaamde "rogue" (of onwettige) ondersoekeenheid by die Inkomstediens.
    10 min
  • Monitor
    'n Konferensie by die Universiteit Stellenbosch het ten doel gehad om sportstudies deel te maak van die heersende diskoers oor dekolonisering. Die organiseerder, dr. Francois Cleophas van die US se Departement Sportwetenskap, vertel vir Heindrich Wyngaard waar die gedagte ontstaan het.
    5 min
  • Monitor
    Suid-Afrika het 19 nasionale parke wat vandeesweek - met die uitsondering van twee parke - gratis toegang tot die publiek bied. Vir meer besonderhede praat ons nou met die HOOF BESTUURDER: STRATEGIESE TOERISME by Sanparke,, Joep Stevens:
    7 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners