Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy bestudeer nog die Hooggeregshofbeslissing, wat die party se provinsiale verkiesingskonferensie in 2015, ongeldig verklaar het. Die party is tot 27 September tyd gegun om te besluit of hy teen die uitspraak gaan appèlleer.
    3 min
  • Monitor
    Die hofbeslissing dat die verkiesing van die huidige ANC-leierskap in KZN onwettig was, het verskeie implikasies vir die regerende party. Intussen het die President se betwyfeling van die Openbare Beskermer se reg om aan te beveel dat die hoofregter Mogoeng Mogoeng self 'n regter moet aanstel vir die ondersoek na staatskaping, ook gister in die hof gedien. Monitor praat hieroor en verwante kwessies met die politieke en beleidsanalis van die Noordwes-universiteit se besigheidskool Theo Venter en die politieke kommentator dr. Piet Croucamp.
    16 min
  • Monitor
    Die etiese dilemma vir ouditeursfirmas en bestuurskonsultasie maatskappye soos KPMG en McKinsey is in die kollig, nadat Corruption Watch SA gesê het hy gaan die Amerikaanse owerhede vra om McKinsey te ondersoek. Dit gaan oor sy optrede by die Gupta-beheerde Oakbay maatskappy in transaksies met Eskom. Intussen het Save SA ander besighede versoek om hulle bande met KPMG te verbreek. Die versoek volg nadat Bell Pottinger 'n kommunikasie-veldtog vir die Guptas bestuur het, wat rasse-spanning in Suid-Afrika verhoog het. Na die bevinding van die Britse reguleerder is Bell Pottinger vir vyf jaar geskors uit die liggaam, terwyl die firma se tak in Asië weggebreek het. Die Britse afdeling van die reklamemaatskappy, Bell Pottinger, is intussen onder administrasie geplaas ná die maatskappy ernstige finansiële verliese gelei het weens sy veldtog in Suid-Afrika. Monitor praat met die Direkteur van die Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch, professor Piet Naude.
    8 min
  • Monitor
    Die dood van 'n graad twee leerling van Mpumalanga het die klem opnuut op die bewusmaking van selfdood geplaas. Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep sê selfdood onder kinders, tussen die ouderdom van 10 en 14, neem toe. 'n Woordvoerder van SADAG, Cassey Chambers het aan Vincent Mofokeng vertel dat hulle al meer oproepe van tieners ontvang, wat selfmoordneigings het.
    5 min
  • Monitor
    Die vyf ontsnapte leeus, wat in Fochville in Gauteng gewaar is, sal mens en dier as prooi sien. En hoe langer hulle sonder kos is, hoe groter die gevaar. So sê Barry Kerr van die Wildlife Animal en Rescue Lion Research Foundation. Metzi van der Merwe doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Verskeie Amerikaners wat gekies het om uit die deelstaat, Florida te vlug voor die tropiese sikloon Irma, kon dit nie maak tot buite die staat nie, omdat hulle nêrens brandstof kon kry nie. Dit is een van die redes hoekom Anja Marais, 'n Suid-Afrikaner in die land, besluit het om eerder in Miami te bly. Marlinee Fouche berig dat heelparty mense intussen uit gebiede soos Key West gevlug het na die land se weskus, maar dat die storm juis daar getref het.
    3 min
  • Monitor
    'n Jong Oos-Kaapse kunstenaar gebruik die vloeibare medium van kersrook om vroue se gesigte in 'n vlietende oomblik vas te vang. Dit is glo om hulle skoonheid uit te beeld, maar ook om mans te inspireer om vroue te respekteer en hulle broosheid beskerm. Die 22-jarige Anathi Elpee Nkanyuza, sê vroue is van die weerlooste mense in die land. Hy studeer deeltyds siviele ingenieurswese, maar sy passie is kuns. Nkanyuza het geen formele kunsopleiding nie. Hy sê hy het op rookverf afgekom toe hy 'n medium gesoek het wat hom sal uitdaag. Liela Magnus doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Ekonome meen dat gerugte oor 'n moontlike kabinetskommeling, beleggersvertroue in die land sal knou. Hoewel kredietgraderingsagentskappe aangedui het dat hulle eers die land se gradering na die Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak in Oktober, en die ANC se verkiesingskonferensie in Desember sal hersien - is daar kommer dat 'n kabinetskommeling 'n vroeëre hersiening kan noodsaak. Vir meer hieroor het Heindrich Wyngaard met 'n ekonoom by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek, Hugo Pienaar gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die werk wat die internasionale skakelmaatskappy Bell Pottinger vir die Gupta-familie se Oakbay firma in Suid Afrika gedoen het, het 'n opskudding veroorsaak in die skakelwese professie. Die professie ondersoek nou of 'n Etiese Kode nodig is. Die Internasionale regsfirma, Herbert Smith Freehills, het bevind dat Bell Pottinger se optrede Suid-Afrika potensieel langs rasselyne kon verdeel. Bell Pottinger is vir 5 jaar uit die Britse Openbare betrekkinge en Kommunikasie Vereniging (PRCA) geskors, terwyl die uitvoerende hoof, James Henderson bedank het. Daar is verlede week berig dat Bell Pottinger moontlik vandeesweek onder administrasie geplaas kan word. Instussen het Bell Pottinger se firma in Asië Vrydag aangekondig dat hy gaan wegbreek van die moedermaatskappy. Die departement van Strategiese Kommunikasie by die Universiteit Johannesburg het navorsing gedoen oor Bell Pottinger se optrede in die Oakbay-kontrak, en by ons in die ateljee is Clarissa Muir, 'n dosent wat deel was van die navorsing...
    13 min
  • Monitor
    "Die wêreld moet die stemme van die vergete vroue van Marikana hoor." Die rolprentmaker Aliki Saragas sê dis hoekom sy die dokumentêr "Strike a Rock" gemaak het. Die fliek is reeds internasionaal bekroon - terwyl dit ook aan stampvol gehore in Groot Brittanje gewys is.
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners