Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die kwagga, 'n subspesie sebra, is nou op verskeie plase in die Wes-Kaap gevestig, danksy 'n merkwaardige wetenskaplike projek. Twee-honderd jaar gelede was kwaggas volop in verkeie gebiede in die land, maar weens die optrede van mense het die bevolkingstalle drasties gedaal en kwaggas het uitgesterf. Wetenskaplikes het 30 jaar gelede sebras met gene soortgelyk aan kwaggas gevind, en met hulle begin teel. Darren Taylor berig daar is nou planne om die kwagga in die Karoo te hervestig
    5 min
  • Monitor
    Vier en twintig miljoen Suid-Afrikaners het skuld waarvan tien miljoen sukkel om by te hou met hul paaiemente. Die skuld beloop meer as 'n duisend miljard rand. Boonop voorspel kenners dat die aantal Suid-Afrikaners wat sukkel met terug betalings, gaan toeneem. Anita Visser het met die voorsitter van die Skuldberaders vereniging van Suid-afrika ofwel DCASA, Paul Slot gepraat.
    11 min
  • Monitor
    Oorlewendes en families van slagoffers van die 1992 Bisho slagting sê daar is nog nie veel gedoen om hulle te help nie. Hulle dring aan op behuising en beurse vir kinders asook werksgeleenthede. Dit was gister die 25e herdenking van die tragedie. 28 Betogers en een soldaat is dood toe die destydse Ciskei verdedigingsmag en betogers, wat aan 'n optog vir politieke vryheid deelgeneem het, slaags geraak het. Hanri Wondergem berig.
    3 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Bedrog Voorkomingsdiens het 'n nuwe manier om bedrog by inbel-sentrums, die stryd aan te sê. Hulle nuwe wapen is die skep van 'n stembank, wat die skakelpersoon inlig wanneer iemand hulle kontak en maak of hulle iemand anders is. Marlinee Fouche berig die stelsel gaan oor die volgende 6 maande deur spesifieke maatskappye getoets word, waarna dit landwyd in gebruik geneem kan word.
    3 min
  • Monitor
    Die busongeluk hierdie week op die N3 buite Pietermaritzburg, waarin die lewe van 'n Michaelhouse-leerling geëis is en 45 ander leerlinge beseer is, het herinneringe teruggebring by 'n ouer wat verlam gelaat is in 'n Kaapse busongeluk in 2005. Leerlinge van die Dennegeur Avenue primêre skool in Strandfontein was hierby betrokke. Die ouer, Yulanda Anne Gombard, het met Heindrich Wyngaard gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Mediese Regskostes het ontplof. SO het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi in Junie al sy kommer uitgespreek oor die manier waarop pasiente toenemend hof toe hardloop. In baie van die gevalle kan die geskille besleg word sonder daardie duur draai in die hof. SO glo advokaat Alan Nelson, voorsitter van MEDIATION IN MOTION, en ook voormalig n waarnemende regter in die WES-KAAPSE Hoog Geregshof. Trouens Minister Motsoaledi waarsku dat Suid-Afrika eenvoudig nie die soort litigasie kan bekostig in terme van vergoedings kostes nie. HY glo dit sal die HELE gesondheid sektor uitwis. Tans is medici and ander belanghebbendes juis besig om aanbevelings aan die S.A Regs-kommissie te maak met die oog op die samestelling van n witskrif. DIE aanbevelings se spertyd is 30 September. In die ateljee by ons, om hieroor te praat is die president van die Suid-Afrikaanse Ginekologie vereniging, dr Johannes van Waart en Alan Nelson van Mediation in MOTION:
    26 min
  • Monitor
    Wanneer daar oor Noord-Korea gepraat word, is die eerste prentjie wat dikwels by mens opkom die van kernwapens, die loods van missiele en millitêre parades. Dikwels lewer Noord-Koreaanse burgers wat uit die land ontsnap, hartroerende toesprake oor hulle ontberinge in die land. Die buitewêreld het verder min toegang tot wat regtig in die land gebeur... Maar wie is die mense en het die Koreaanse kultuur in die land heeltemal tot 'n einde gekom om plek te maak vir propoganda? 'n Suid-Afrikaner wat die land al meer as een keer besoek het, het sy ervaring met Marlinee Fouche gedeel...
    5 min
  • Monitor
    In die derde aflewering van Monitor se onderhoud met die Inspekteur-regter vir Korrektiewe Dienste, regter Johann van der Westhuizen, het Heindrich hom gevra oor die persepsie dat die lewe vir sommige mense beter binne die tronk is as buite. Regter Van der Westhuizen praat veral oor kinders wat in tronk gebore word.
    5 min
  • Monitor
    Net minder as 'n maand vandat Kenia op 8 Augustus verkiesing gehou het, is die land weer vasgevang in verkiesingskoors nadat die Kenia Hooggeregshof die uitslag ongeldig verklaar het. Heindrich praat met Crystal Orderson van The Africa Report oor die opvolgverkiesing wat nou moet plaasvind.
    5 min
  • Monitor
    Die Valke ontken dat enigiemand in die besonder ondersoek word oor Outa, die organisasie teen belastingvergrype, se klagte van verrraad teen ministers Mosebenzi Zwane van minerale hulpbronne en Faith Muthambi van staatsdiens en administrasie en voorheen van kommunikasie. Heindrich praat met Ben Theron, uitvoerende hoof van OUTA.
    7 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners