Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Dit gons steeds in omgewingskringe oor die eerste aanlyn-renoster-horing-veiling. Die veiling sou gister begin het, maar is vir eers uitgestel tot Woensdag. Die hoof van die renosterbewaring- bestuursprogram van die Wereld Natuurlewe Fonds, Dr Jo Shaw sê, sy is bekommerd oor die uitkoms van die veiling. Shaw sê sy kan nie anders as om te dink dat die horings op die swart mark gaan verdwyn nie.
    5 min
  • Monitor
    Die internasionale betrekkinge-kenner Dr. Oscar van Heerden maan in 'n artikel op die webwerf Daily Maverick teen 'n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds om Suid-Afrika uit sy huidige ekonomiese toestand te lig. Intussen sê die ekonoom, Chris Harmse dat die sogenaamde kapitaal besittingsmagte is gevaarlik, en die vraag wat mens moet vra is: "Wat het aanleiding gegee tot die wêreld se grootste resessie ooit?" Die leen van geld.
    16 min
  • Monitor
    Die uitgesproke vuurvreter ANC parlementslid, wat nie skroom om die regerende party en veral vir Jacob Zuma te kritiseer nie, Makhosi Khoza, het die trekpas gekry. Khoza is voorsitter van die parlementere komitee oor staatsdien en administrasie. Anita Visser praat met die politieke wetenskaplike van die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood oor die implikasies hiervan.
    4 min
  • Monitor
    Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, het glo aansoek gedoen om diplomatieke immuniteit. Dit volg op die aanranding van 'n jong Johannesburgse model die naweek. Mugabe het die 20-jarige Gabriella Engels na bewering met 'n verlengkoord in 'n hotel in Sandton aangeval. Volgens 'n berig deur die nuusagentskap AFP het die polisie gistermiddag bevestig dat Mugabe steeds in Suid-Afrika is, en nie land-uit gevlug het, soos wat vermoed is nie. President Robert Mugabe het gister in Suid-Afrika aangekom, waar hy die beraad van staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal bywoon. Debbie Engels Sandamela, die moeder van Gabriella, eis geregtigheid vir haar dogter. Heindrich het met haar gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Augustus het die afgelope paar jaar sinoniem met vrouestories geword. Hoewel die media allerlei aspekte rakend vroue belig, is daar een sektor van die samelewing wat min aandag kry - die vroue in tronke. Tans sit 4,174 vroue in die land agter tralies. Drie vroue in die Bethal maksimum gevangenis in Mpumalanga het hulle stories met Anita Visser gedeel.
    15 min
  • Monitor
    Gabriella Engels, die jong Suid-Afrikaanse model midde-in die Grace Mugabe-aanrandingskandaal, vrees dat haar loopbaan vernietig is weens die wond wat sy aan haar gesig opgedoen het. Heindrich Wyngaard het die onderhoud met haar gevoer.
    4 min
  • Monitor
    Ons vier Vrouemaand, en vanoggend fokus ons op Roegshanda Pascoe van die Manenberg Veiligheidsforum. Sy is 'n bekende teen-bendestryder van die Kaapse Vlakte. Die afgelope naweek het sy op Facebook geskryf oor die doodsdreigemente wat sy uit die tronk van bendeleiers ontvang. Heindrich Wyngaard het haar hieroor uitgevra.
    7 min
  • Monitor
    67 KOMBERSE VIR NELSON MANDELA het sy jongste poging vir nog 'n wêreldrekord bekendgestel, om Madiba se 100e verjaarsdag volgende jaar te vier. Werk aan die Massiewe Mandela Meesterstuk (MMM) het reeds by die maksimumveiligheidseenheid by die Zonderwater Korrektiewe Fasiliteit, buite Cullinan, begin. Caroline Steyn, die stigter van die projek, sê wanneer hulle klaar is, hulle die grootste portretkombers in die wêreld wil hê. Gevangenes in sowat 100 tronke regoor die land, en gewone landsburgers neem aan die projek deel. Die projek hou reeds die wêreldrekord vir die grootste gehekelde kombers. Liela Magnus doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Leon van Nierop het verlede week in sy fliekrubriek op Monitor die rolprent KROTOA, oor 'n Khoi-vrou en Jan van Riebeeck, geprys as een van die beste plaaslike rolprente wat nog gemaak is. Maar terwyl Van Nierop die fliek gegradeer het met 'n punt van 9 uit 10, woed 'n debat elders, veral op sosiale media, oor wie die reg het om hierdie soort verhale te vertel. Heindrich Wyngaard het die uitvoerende direkteur van kultuur by die ATKV, voormalige Menseregtekommissaris en stryder vir die erkenning van bruin mense se identiteit, dr. Danny Titus, hieroor gevra.
    4 min
  • Monitor
    'n Jaar ná die plaaslike munisipale verkiesing wag die Kaapse Koalisie vir Onafhanklike Kandidate (KOKO) steeds op 'n herverkiesing in Namakwaland. Die Verkiesingshof het bevind dat die OVK gefaal het om nie die party op die kiesersrol te plaas nie. Die party meen hy sou genoeg stemme gekry het vir 'n proporsionele-setel op die distriksraad. Reginald Witbooi doen verslag.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners