Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het nou ook amptelik sy naam in die hoed gegooi as 'n moontlike kandidaat om pres. Jacob Zuma einde vanjaar as ANC-leier op te volg. Wat is sy kanse teen ander kandidate soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Speaker Baleka Mbete? Anita Viss en Heinrich Wyngaard praat hieroor met die politieke ontleder en skrywer Max du Preez.
    7 min
  • Monitor
    Sagteware sal in die volgende 20 jaar die meeste tradisionele nywerhede ontwrig. Tegnologie en wetenskap verander so ingrypend dat ons in die toekoms meeste van ons nywerhede sal verloor. Tesla en Google ontwerp reeds elektriese motors wat hulleself kan bestuur. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat hieroor met dr. Duncan Coulter, visehoof van Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Johannesburg.
    10 min
  • Monitor
    Volgens 'n verslag van die Wêreldnatuurfonds gaan sowat 'n derde van die kos wat Suid-Afrika produseer, verlore. Die WNNR raam die waarde van hierdie verlies op sowat R61-miljard. En terwyl hierdie kos op ashope lê en verrot, is daar 11-miljoen mense in Suid-Afrika wat onseker is oor waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom. Hendrik Martin het die besonderhede.
    3 min
  • Monitor
    Die kopiereg van skeppers van onder meer musiek, kuns en letterkunde kan deur nuwe wetgewing ondermyn word. 'n Sambreelorganisasie, die Suid-Afrikaanse Kopiereg Alliansie, sê kopieregwetgewing is opgestel om skeppers te beskerm. Daar is egter vrese dat die voorgestelde wysigings aan die wetgewing juis die skeppers te na sal kom. Hanri Wondergem het meer inligting.
    6 min
  • Monitor
    Die konflik oor die aanstelling van 'n swart hoof by die oorwegend bruin Klipspruit-Wes Sekondêre Skool in Eldoradopark in die suide van Johannesburg, kan nie sonder meer aan rassisme toegeskryf word nie, meen sommige waarnemers. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het die skool se beheerliggaam in reaksie op die rassekonflik ontbind. Heindrich Wyngaard het meer besonderhede.
    6 min
  • Monitor
    Is Suid-Afrikaners te liggeraak as dit kom by reklameveldtogte, of moet bemarkers meer sensitief wees vir kultuur- en rasseverskille? Dit is van die vrae wat Hanri Wondergem aan 'n kundige gestel het nadat die gort behoorlik gaar was oor 'n twiet deur 'n geselsradiostasie. In die twiet word gevra wie is ouliker - honde of swart kinders? Hanri het die kwessie met die hoofskeppendebeampte van Joe Public United, Pepe Marais, bespreek.
    4 min
  • Monitor
    Om iemand te deradikaliseer moet gedragspatrone eers verander, voordat daar van die ideologieë afstand gedoen sal word. Dit is die mening van 'n kenner oor die deradikalisering van mense wat in die kloue van terreurorganisasies beland het, maar wil ontsnap. Jasmin Opperman, die Afrika-direkteur van die Terreur Navorsing- en Ontledingskonsortium, TRAC, sê deradikaliserings-programme is 'n reuse toets vir die Westerse samelewing. Hanri Wondergem het met haar gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Tossie Lochner het geen bekendstelling op enige van RSG se aktualiteitsprogramme nodig nie. Tussen September 1978 en September 2008 het sy 'n soort kultusstatus onder haar talle aanhangers in Suid-Afrika bereik. Vandag is die einste Tossie 80 jaar oud. Anita Visser het haar gevra hoe haar klankryke loopbaan by Monitor en die destydse Spitstyd begin het.
    6 min
  • Monitor
    Bitcoin, 'n kriptogeldeenheid, se waarde het die afgelope twee jaar met 740% toegeneem, en sedert die begin van die jaar verdubbel. Die vinnige groei van hierdie virtuele geldeenheid het vrese laat onstaan dat dit weer in die gesigte van beleggers sal ontplof, net soos in 2013. In daardie jaar het die groei in die waarde van Bitcoin met 10 000% toegeneem voordat dit in duie gestort het. Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, sê die verskynsel kan egter nie geïgnoreer word nie.
    4 min
  • Monitor
    Daar is genadige, vinnige, en pynlose maniere om van rotte en muise ontslae te raak. Dit is die boodskap wat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaagbeheer wil oordra nadat 'n video, waarin 'n rot gemartel word, diereliefhebbers warm onder die kraag gekry het. Hanri Wondergem het hierdie verslag saamgestel, en ons waarsku dat die grafiese besonderhede sensitiewe luisteraars mag ontstel.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners