Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die voorsitter van die parlement se ad hoc-komitee oor partybefondsing, Vincent Smith, glo die werk van die komitee sal uiteindelik bydra tot die bevordering van veelpartydemokrasie in Suid-Afrika. Heindrich Wyngaard het Smith gevra wat die mandaat van die veelpartykomitee is.
    6 min
  • Monitor
    Dr Dian Spear van die Universiteit van Kaapstad glo dat tegnologie toenemend ingespan sal word om water weer te gebruik. Sy sê oorbevolking is die grootste las op waterbronne. Mètzi van der Merwe doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Eskom sê die laer verbruik van duur diesel-kragopwekkers en sy verhoogde oorgrensverkope is te danke vir sy beter finansiële resultate. Eskom het gister sy jaarverslag bekend gemaak, waarvolgens R47-miljard uit sy bedryfsfunksies verdien is. Die resultate moes op 11 Junie vrygestel word, maar is uitgestel tot gister. Dit wys 'n 8% toename in inkomste. Die onderneming se verlies op sy netto wins duur voort.
    4 min
  • Monitor
    Bedrog met mediese fondse beloop na raming meer as R22-miljard per jaar. Dit is 'n kwessie wat pas by 'n konferensie vir gesondheidsorgfinansiers in Kaapstad bespreek is. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat met dr. Gregory Pratt, 'n mediese adviseur vir forensiese ondersoeke van die administrateur Medscheme, en dr. Elsabe Conradie van die Raad vir Mediese Skemas oor die omvang van bedrog, spesifiek deur dokters.
    11 min
  • Monitor
    Zirk kom agter dat die arme Petrus vir hom wegkruip. Dan kom Kardoes in met groot nuus...
    6 min
  • Monitor
    Die 17-jarige Breyton Poole het die afgelope naweek uitgeblink by dieInternasionale Atletiekfederasie se onder-18 wêreldkampioenskap in Kenia. Hy het weggestap met 'n goue medalje en 'n prag-rekord van 2,24 m in hoogspring. Wat hierdie rekord besonders maak, is dat Polle maar net 1,72 m lank is. Vincent Mofokeng het met hom oor sy toekoms gepraat.
    4 min
  • Monitor
    Die Moerane-kommissie wat ondersoek instel na die toename in politiek-gedrewe moorde in KwaZulu-Natal, duur vandag voort. 'n Onafhanklike navorser en KwaZulu-Natal se geweldsmonitor, Mary de Haas, het vroeër die week voor die kommissie getuig. Sy het aan Dianke Nel gesê die grootste struikelblok, en die kern van die probleem, is swak polisiëring.
    6 min
  • Monitor
    Die nasionale atletiek jeugspan het Saterdag vier medaljes by IAAF onder-18 wêreldkampioenskappe verower. Een van die atlete wat die skare op hulle voete gehad het, is Breyton Poole, wat 'n 18 jaar oue rekord vir hoogspring verbeter het. Poole wat net 1,72 m lank is, het 'n rekord van 2,24 m gespring. Atletiek Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Richard Stander, sê hy is baie trots op die span. Poole net ná sy oorwinning so gereageer...
    4 min
  • Monitor
    Munisipale afvalwater kan dalk ʼn belangrike bondgenoot wees in die stryd teen antibioties-weerstandige bakterieë en swamme wat verskeie siektes veroorsaak. Dít is een van die hoofbevindinge van 'n nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch. Dianke Nel het meer besonderhede.
    3 min
  • Monitor
    Eskom ontken dat hy finansieël in die moeilikheid is. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Khulu Phasiwe, sê die waarheid is eerder dat Eskom finansieël op 'n spoedige herstelplan is. Dit ten spyte van berigte dat daar net R20 miljard beskikbaar is vir bedryfkoste wat slegs tot die einde van Oktober sal hou. Mètzi van der Merwe doen verslag.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners