Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die dood verlede week van die rugbylegende, Salie Fredericks, het opnuut 'n debat ontketen oor of swart sportlegendes uit die apartheidsera genoeg erkenning geniet. Heindrich Wyngaard berig.
    6 min
  • Monitor
    Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het erken dat sy verkeerd was om die parlement te beveel om die grondwet te verander. Sy sê verder dit was verkeerd van haar om 'n verandering in die reserwebank se mandaat te beveel. Mkwhebane gaan nie die reserwebank se aansoek teenstaan dat haar verslag ongedaan gemaak moet word nie. Tog berig Marlinee Fouche dat Mkhwebane steeds volhou dat haar verslag geldig is.
    3 min
  • Monitor
    Die nasionale verbruikerskommissie se ondersoek na wanpraktyke in die tyddeelbedryf begin vandag in Kaapstad. Die kommissie hoop dat die openbare verhoor aanleiding sal gee tot een wet wat die bedryf kan reguleer. Een van die groot tekortkominge van die huidige wetgewing is dat verbruikers geen seggenskap het in die vakansieskemas nie. Talle verbruikers voel hulle is vasgevang in 'n tronk waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Die tyddeel eienaar, Soera Lotter, sê dat hulle dit nie eers regkry om hul tyddeel verniet weg te gee nie.
    3 min
  • Monitor
    Eskom se gebrek aan deursigtigheid is Vrydag gekritiseer tydens openbare verhore wat deur die Nasionale Energie-reguleerder gelei is. Die direkteur van Energie by OUTA, Ted Blom, sê Eskom kon nie syfers gee oor hoeveel steenkool en water hulle gebruik by die verskeie kragopwekkingsfasiliteite nie.
    5 min
  • Monitor
    Die !Khomani-kulturele landskap se insluiting by Suid-Afrika se nege wêrelderfenisgebiede, is volgens inwoners nog net die begin. Die woordvoerder vir die gebied se inheemse tale en ook die huidige leier se raadgewer, Ruben Festus, sê die proses om ingesluit te word was nie maklik nie.
    3 min
  • Monitor
    Baleka Mbete het haarself beskikbaar gestel vir die posisie van die ANC-president. Mbete was ook voorheen Suid-Afrika se adjunkpresident en sekretaris-generaal van die ANC vroueliga. Maar 'n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Susan Booysen, het aan Jean Esterhuizen gesê Mbete se kans om die top posisie te beklee is baie skraal.
    4 min
  • Monitor
    Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, het haar steun toegesê aan die reserwebank se hofaansoek rakende die bevindinge van die openbare beskermer se CIEX verslag. Advokaat Busisiwe Mhkwebane het in haar verslag gevind dat die mandaat van die reserwebank verander moet word van 'n instansies wat inflasie teiken, na 'n instansie wat ekonomiese groei bevorder. Die hoofekonoom van economist.co.za, Mike Schussler, sê die markte behoort positief te reageer op die speaker se besluit.
    2 min
  • Monitor
    Die !Khomani-kulturele landskap in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park, is deur die VN aangewys as 'n wêrelderfenisgebied. Die gebied van meer as negehonderd duisend hektaar is deel van die Dawid Kruiper Distrik-munisipaliteit en sluit die hele park in. Suid-Afrika het nou nege wêrelderfenisgebiede. 'n Professor in geskiedenis aan die Noordwes Universiteit, en die direkteur van Archa-Etnos Argeoloë, dr. Anton van Vollenhoven, het aan Marlinee Fouche gesê die gebied geniet nou internasionale status.
    3 min
  • Monitor
    Die Britse openbare skakelgroep Bell Pottinger het 'n senior vennoot afgedank en drie ander werknemers geskors na beskuldigings dat die groep 'n veldtog ondersteun het wat rasseverdeling in Suid-Afrika aangeblaas het. Dit hou verband met hulle hantering van die mynmaatskappy Oakbay se rekening. Oakbay behoort aan die Gupta-familie. Bell Pottinger het ook 'n internasionale regsfirma, Herbert Smith Freehills, aangestel om die Oakbay-rekening te ondersoek. Hendrik Martin het meer besonderhede.
    2 min
  • Monitor
    Die volgende bydrae bevat enkele vloekwoorde, en kan sensitiewe of jong luisteraars ontstel. Die gelykheidshof het vroeer die week beslis dat die kunswerk bekend as "f**k white people" as 'n uitdrukking van kuns beoordeel moet word, eerder as haatspraak. Jack Miller, die leier van die politieke party, die Cape Party, het die kunstenaar, Dean Hutton, vir haatspraak hof toe geneem. Die uitspraak het 'n uiteenlopende reaksie ontlok. Metzi van der Merwe doen verslag.......
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners