Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Prostitusie in die Amerikaanse Deelstaat, Rhode Island, is in 1980 as wettig verklaar. In 2009 is díe praktyk egter weer gekriminaliseer weens 'n toename in seksuele geweld en mensehandel in die gebied. Die organisasie Dokters vir Lewe, sê in die lig híervan kan die praktyk in Suid-Afrika nie gewettig word nie. Liza Lombaard, 'n lid van die organisasie se uittree program vir vroue in prostitusie, was self voorheen in díe bedryf. Embrace Dignity glo dat die wettiging van prostitusie, die bedryf slegs groter en meer mededingend sal maak, en verder,hou dit boonop die moontlikheid in vir 'n toename in mensehandel en seksuele geweld. Marlinee Fouche berig.
    8 min
  • Monitor
    AngloGold Ashanti gaan moontlik 8 500 werknemers aflê om die mynmaatskappy weer ekonomies winsgewind te maak. Díe mynmaatskappy het 'n konsultasieproses saam met vakbonde begin oor die herstrukturering van sy sakebedrywighede. AngloGold Ashanti se senior visie-president vir Wes Wits, Francios Naude, het aan Jean Esterhuizen gesê díe proses word deur die KVBA gefasiliteer.
    2 min
  • Monitor
    Een van die wêreld se kleurrykste en mees uitgesproke tennislegendes, John McEnroe, het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat met sy uitspraak dat die nommer een vrouester, Serena Williams, waarskynlik maar die sewehonderdste posisie op die wêreldranglys sou beklee indien sy teen mans meegeding het. Ons praat hieroor met 'n sportsielkundige, dr. Henning Gericke.
    9 min
  • Monitor
    Die Johannesburgse Hooggeregshof het gister beslis dat geen beheerliggaam of openbare skool slegs een geloof in skole mag voorhou, terwyl ander gelowe uitgesluit word nie. Een van die redes wat aangevoer is, is dat gemeenskappe toegelaat moet word om te diversifiseer ná die ongelykhede van die verlede. Ons praat hieroor met die woordvoerder vir die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie, Hans Pietersen, en die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, Paul Colditz.
    8 min
  • Monitor
    Die voormalige ANC-LP en oud-ambassadeur, Melanie Verwoerd, praat met Heindrich Wyngaard oor die moontlikheid van 'n Ramaphosa/Dlamini-Zuma pakt vir ANC-leierskap.
    4 min
  • Monitor
    Ná die Springbokke se reeksoorwinning teen die Franse, lê die Kampioene-reeks teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland in Augustus voor. Heindrich Wyngaard praat met die Bok-afrigter, Allister Coetzee.
    6 min
  • Monitor
    Suid-Afrika het die meeste mense in die wêreld, byna sewemiljoen, wat met MIV leef, maar bestuur ook die wêreld se grootste antiretrovirale program. Díe medisyne wat gratis beskikbaar is by staatsklinieke, hou sowat viermiljoen mense aan die lewe. Maar MIV-spesialiste is bekommerd oor al hoe meer tienermeisies en jong vroue wat met die virus geinfekteer word. Darren Taylor doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Noordwes se premier en die ANC se provinsiale woordvoerder, Supra Mahu Mapêlo, vra dat 'n volkstemming gehou word om te bepaal of Jacob Zuma moet bedank of nie. Maar hoe HAALBAAR is so 'n voorstel en wat sou so 'n referendum kos? Wat is dan ook die politieke implikasies van díe voorstel wat vanuit 'n sterk pro-Zuma kamp kom? Ons praat met Mari Harris van IPSOS en emeritus professor, Marinus Wiechers, hieroor.
    13 min
  • Monitor
    Sowat vyf-en-'n-halfduisend uit die veertienduisend padsterftes van 2016, is voetgangers. Só sê die woordvoerder van die Automobiele Assosiasie (AA) van Suid-Afrika. Die organisasie het kragte gesmee met onder andere die internasionale organisasie, Road Safety Grant Programme, as deel van 'n veldtog om voetgangers se sigbaarheid op die pad te verbeter.
    3 min
  • Monitor
    Die leier van die Noord-Ierlandse Democratic Unionist Party (D.U.P), Arlene Foster, was in Londen om samesprekings met premier Theresa May te voer oor Brexit. Intussen het 'n Spaanse politikus openlik verskil van die E.U Raad se Donald Tusk en die Europese Kommissie se Jean-Claude Juncker se reaksie op Theresa May se aanbod rakend EU burgers in die V.K . Anita Visser praat hieroor met Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners