Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Nadoodse geregtelike ondersoek na die dood van 'n struggle aktivis gaan heropen word. Dít volg nadat die 29-jarige, Ahmed Essop Timol, homself kwansuis 45 jaar gelede om die lewe gebring het deur op 27 Oktober 1971 uit 'n venster van die John Vorster polisiehoofkwartier in Johannesburg te spring. Die hoofkwartier is daarna deur struggle veterane na Timor Heights herdoop. Anita Visser praat met Imtiaz Kajee, Ahmed se susterskind en die dryfveer agter díe saak se heropening.
    10 min
  • Monitor
    'Munisipaliteite in die Wes-Kaap vaar die beste as dit kom by die hantering van hul geldsake,' dít is deur die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se nuutste verslag oor munisipaliteite aan die lig gebring. Heindrich Wyngaard praat met die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, hieroor.
    7 min
  • Monitor
    Ons praat oor navorsing wat toon dat indien jy jou troeteldier saam werk toe vat, kan dit jou stresvlakke dramaties verlaag. 'n Rekenmeester by Mars Multisale Africa, Marisa de Beer, vertel van die inisiatief by hul kantore om hulle vierpotige kinders saam werk toe te neem.
    3 min
  • Monitor
    Johann Sebastian Buis, 'n Suid-Afrikaner en tans professor in musiekwetenskap aan die Wheaton-Kollege in die VSA, praat met Heindrich Wyngaard oor onder meer die bevordering van meertaligheid deur musiek.
    6 min
  • Monitor
    LET WEL: Die volgende bydrae bevat besonderhede wat sensitiewe luisteraars kan ontstel. Drie seuns van die Louis Botha Tegniese Hoërskool in Bloemfontein het in die kinderhof skuldig gepleit op aanklagte van verkragting. Dit volg na 'n voorval twee weke gelede waarby 'n 13-jarige meisie betrokke was. Die voorval is met 'n selfoon afgeneem, en die video is op sosiale media versprei. Die video wys glo hoe een van die seun die meisie op 'n onwelvoeglike wyse betas. Maryna van Wyk doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Die Johannesburgse hooggeregshof het artikel 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar. Dit beteken die verjaringsperiode van 20 jaar vir seksuele misdrywe moet opgehef word. Die prokureur wat die wet in die hof uitgedaag het, Ian Levitz, sê dit is 'n groot oorwinning vir almal wat deur seksuele misdrywe geraak is.
    5 min
  • Monitor
    Terwyl die onlangse verwoestende Kaapse storm vir sommige mense dalk al vergete is, is ander steeds besig om te help met die herbou van slagoffers se plakkershuisies. Die opvoedkundige sielkundige Quinton Adams vertel vir Heindrich Wyngaard van sy eie betrokkenheid hierby.
    6 min
  • Monitor
    Volgens beskikbare statistiek is een uit elke twee mense, jonger as 25, werkloos. En dit lyk nie asof die situasie baie vinnig gaan verbeter nie. Een van die teenvoeters hiervoor is entrepreneurskap. Anita Visser en Heindrich Wyngaard praat nou hieroor met Martin van Staden van die Vryemarkstigting.
    7 min
  • Monitor
    'Ou wingerde is Suid-Afrika se erfenis', so sê 'n wingerdboukundige by Visual Viticulture, Jaco Engelbrecht. Volgens opgetekende data is van Suid-Afrika se wingerde meer as 'n eeu oud. Engelbrecht het aan Melissa Tighy verduidelik dat hoewel sulke wingerde meer werk nodig het, gee dit unieke wyn.
    5 min
  • Monitor
    Die land se jeug moet nie hul ideale van 16 Junie 1976 vergeet nie al lyk dit asof die Zuma-administrasie ver daarvan af weg beweeg het. Dít is die strekking van 'n onderhoud wat Anita Visser onlangs met die oud-minister, kommunis en struggle veteraan, Ronnie Kasrils, gevoer het.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners