Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die bekende TV- en radioaanbieder Johann Botha. Hy is Woensdagaand tydens 'n gewapende rooftog in Johannesburg doodgeskiet. Marlinee Fouche berig sy dood is begroet met skok en woede.
    7 min
  • Monitor
    Drie mense is dood in 'n verwoestende brand in Knysna. Talle brande, aangeblaas deur 'n sterk wind, het dele van Knysna en omgewing in puin gelê. Dianke Nel het het die brandweerhoof van die Knysna Munisipaliteit, Clinton Manuel, gepraat oor die jongste verwikkelinge.
    7 min
  • Monitor
    In een van sy laaste onderhoude het die afgestorwe PG du Plessis aan Izak du Plessis vertel hoe hy oor God en die dood dink.
    6 min
  • Monitor
    Bob Dylan het 'n Nobelprys ontvang en moes 'n lesing gee oor die werk wat hierdie toekenning moontlik gemaak het. Op Sondag, 4 Junie, is sy amptelike Nobel-lesing vir Letterkunde aan die wêreld bekendgestel. Dylan se lirieke is deur die jare haarfyn ontleed, in die hoop om 'n dieper boodskap of groter betekenis te vind. Maar was dit werklik sy bedoeling? Kan sy musiek regtig ontleed word? Marlinee Fouche het ondersoek ingestel na waar dit alles begin het, toe die sanger Buddy Holly 'n agttienjarige Dylan se voete onder hom uitgeslaan het.
    7 min
  • Monitor
    Die Gupta-familie se maatskappy, Oakbay Resources and Energy, is sy JSE-borg kwyt. River Group is 'n JSE-borg en aangewese adviseur. Oakbay sê in 'n verklaring die rede vir River Group se beëindiging van hul dienste, is weens 'n hersiene evaluering van die risiko's verbonde aan die maatskappy en sy aandeelhouers. Anita Visser praat hieroor met die hoof van die Skool vir Ekonomiese- en Sakewetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand, prof. Jannie Rossouw.
    5 min
  • Monitor
    The Airplane Factory, 'n Suid-Afrikaanse vliegtuig vervaardiger, het die afgelope naweek sy deure oopgemaak vir vlieëniers om te kom kyk hoe hulle vliegtuie bou. Justin Kennerley het by die toer in Tedderfield, suid van Johannesburg, aangesluit en díe verslag saamgestel
    6 min
  • Monitor
    Hewige kritiek word oor 'n wye internasionale front uitgespreek oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging dat Amerika hom aan die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering onttrek. Trump se besluit volg ná verlede week se vergaderings met Europese leiers. Trump het op 'n mediakonferensie gesê dit 'n swak ooreenkoms is vir Amerikaners en hy staan by sy verkiesingsbelofte om werkers eerste te stel. Anita Visser praat met Theo Bekker, 'n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit.
    5 min
  • Monitor
    Sedert verlede naweek is die land behoorlik aan die gons oor e-posse van die Gupta-familie wat uitgelek het, en steeds stuksgewys openbaar gemaak word. Die familie word reeds beskuldig van 'n staatskaping en is berug daarvoor dat hulle hand om die blaas met president Zuma is. Dit blyk dat NOG e-posse uitgelek sal word en dat dit gaan bewys tot watter mate die Gupta-familie mag het oor die regering. Tussen 'n 100 000 en 200 000 e-posse en ander dokumente is glo in die besit van die Daily Maverick se ondersoek-eenheid SCORPIO, en amaBhungane, die sentrum vir ondersoekende joernalistiek. Ons praat nou hieroor met die veteraan-joernalis Stefaans Brummer, 'n mede-besturende vennoot by AmaBhungane.
    9 min
  • Monitor
    Die teorie dat Afrika die wieg van die mensdom is, is weer bevestig. So beskryf kenners die eerste, suksesvolle poging om antieke mummies uit Egipte se DNS te ontsyfer en met díe van moderne Egiptenare te vergelyk. Hanri Wondergem het by ons wetenskapskorrespondent, George Claassen, uitgevind hoe dit gedoen word en hoe dit ook lig werp op migrasiepatrone.
    4 min
  • Monitor
    Die wêreld staan op die punt van die vierde nywerheidsrewolusie, maar Suid-Afrika is vasgevang in die tweede nywerheidsrewolusie. Dit is die mening van Dirk de Vos, 'n beleggingskenner by QED Solutions. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners