Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Verskeie deskundiges, insluitende een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde voormalige wateringenieurs, sê voldoende watertoevoer aan Johannesburg en ander streke van die land kan in die toekoms bedreig word. Dit volg na jare se vertragings aan 'n uitbreiding van die Lesotho Hoogland-waterprojek. Suid-Afrika het in 1998 die eerste water van díe projek, in die vorm van damme wat grootliks deur die land gefinansier is, deur kanale ontvang. Die bergagtige Lesotho is baie meer waterryk as Suid-Afrika, met die koninkryk se baie riviere wat deur winter sneeuval gevoer word. Dis grootliks Gauteng, Suid-Afrika se nywerheids en finansiële middelpunt, wat baat by die Lesotho-Hooglandprojek. Darren Taylor doen verslag.
    6 min
  • Monitor
    Koos Roets se afskeidsboodskap is een van die talle wat by PG du Plessis se roudiens voorgelees is. Roets het onder meer saam met Du Plessis gewerk aan Kooperasiestories, Siener in die Suburbs en Nag van die Negentiende. Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel meer.
    5 min
  • Monitor
    'n Immigrasiekenner sê die beweerde omstandighede waaronder die Gupta-familie se Suid-Afrikaanse burgerskap toegestaan is, is ongewoon. Craig Smith, van Craig Smith & Associates, sê daar is nog baie vrae wat beantwoord moet word oor hoe die Guptas vir burgerskap gekwalifiseer het. Malixole Gwatyu doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    'n Gedenkdiens is gister vir die ontslape skrywer PG Du Plessis by die NG Kerk Noord in Potchefstroom gehou. Vriende en familie het hier afskeid geneem van 'n man wat volgens hulle tot op die einde nog vol kwinkslae was. Sy kleinseun en naamgenoot, Pieter du Plessis, wat in die plaaslike filmbedryf as PG de Jonge bekendstaan, vertel van sy oupa se gedenkdiens.
    3 min
  • Monitor
    RSG het die afgelope maand amptelik teruggekeer na 'n beleid om 76% plaaslike musiek te speel. Die SAUK is voorheen onder die leierskap van die voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, verplig om 90% plaaslike musiek te speel. Die voorsitter van die tussentydse SAUK-raad, Khanyisile Kweyama, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê dat Motsoeneng nie 'n goue handdruk gaan ontvang nie, en dat hy nie vir die oorblywende deel van sy kontrak uitbetaal word nie. Hlaudi is aan wangedrag skuldig bevind is en is onlangs afgedank. Hy moet boonop voor nóg 'n tugverhoor verskyn oor die voormalige openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela, se bevindings oor hom. Intussen het die ondervoorsitter van die tussentydse SAUK-raad, Mathatha Tsedu, gereageer op Motsoeneng se amptelike afdanking.
    4 min
  • Monitor
    Min mense besef nog die waarde van 'n dieretuin, en veral van een wat nog boonop goed bestuur word. Die woordvoerder van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, Craig Allenby, sê hoewel dieretuine toeriste-aantreklikhede is, het hulle 'n ander doel wat baie dieper strek. Díe doel is navorsing! Melissa Tighy praat met Allenby oor hul jongste projekte.
    5 min
  • Monitor
    Min mense besef nog die waarde van 'n dieretuin, en veral van een wat nog boonop goed bestuur word. Die woordvoerder van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, Craig Allenby, sê hoewel dieretuine toeriste-aantreklikhede is, het hulle 'n ander doel wat baie dieper strek. Díe doel is navorsing! Melissa Tighy praat met Allenby oor hul jongste projekte.
    5 min
  • Monitor
    Die wegholbrande in die Tuinroete is uiteindelik onder beheer. Sedert Woensdag het die brande 'n pad van verwoesting deur Knysna, Plettenbergbaai en die omliggende gebiede geloop. Die dodetal weens die brande in díe streek het nou tot sewe gestyg, ná die dood van 'n vrou in die hospitaal. Sy is die ma van 'n vierjarige meisie wat vroeër vandeesweek in 'n brand gesterf het. 'n 63-jarige vrywillige brandbestryder het ook gister by Concordia gesterf. Tanya Krause doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Die brande wat die afgelope vyf dae in en om Nelson Mandela Baai gewoed het, is in bedwang gebring, en daar is geen onmiddellike gevaar nie. Die brande het twee lewens geëis, duisende hektar plantegroei en plaasgronde verwoes, en 'n aantal strukture waarvan die privaatskool Woodridge College een is, vernietig. Veronica Fourie doen verslag.
    6 min
  • Monitor
    "Ek voel magteloos, leeg" - só vertel 'n inwoner van Knysna wie se huis verlede week in die verwoestende brande afgebrand het. Meer as 'n honderd huise is deur die brande in puin gelaat. 'n Eiendomswaardeerder, Neels Muller, is een van die mense wat alles in die brand verloor het.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners