Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die leier van die Noord-Ierlandse Democratic Unionist Party (D.U.P), Arlene Foster, was in Londen om samesprekings met premier Theresa May te voer oor Brexit. Intussen het 'n Spaanse politikus openlik verskil van die E.U Raad se Donald Tusk en die Europese Kommissie se Jean-Claude Juncker se reaksie op Theresa May se aanbod rakend EU burgers in die V.K . Anita Visser praat hieroor met Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria.
    6 min
  • Monitor
    Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, vra dat die SAUK bewerings moet ondersoek dat hy in redaksionele besluite van die provinsiale kantoor van die openbare uitsaaier inmeng. Mahumapelo sê hy beskou die aantygings in 'n ernstige lig. In 'n brief aan die SAUK se hoofkantoor dring hy daarop aan dat die bronne van die bewerings, ondersoek moet word. Malixole Gwatyu berig.
    3 min
  • Monitor
    Die waarnemende kommissaris van Korrektiewe Dienste, James Smalberger, sê diegene wat verantwoordelik is vir die beweerde ontkleedansskandaal by die Johannesburg Medium B-gevangenis, sal vervolg word. Dit volg nadat foto's op sosiale media versprei is wat wys hoe skraps geklede vroue gevangenes tydens die Jeugmaand-vieringe vermaak. Marlinee Fouche berig.
    3 min
  • Monitor
    Ons praat verder oor een van ons hoofstories, en dit is die nuus dat die Gupta-familie glo op vooraanstaande politici gespioeneer het. Die nuwe inligting veroorsaak 'n vertrouensbreuk tussen die regerende party en landsburgers. 'n Oud-parlementslid en nou politieke ontleder, Piet Coetzer, vertel vir Marlinee Fouche dat dit uit hierdie inligting duidelik is dat die Gupta's nie skroom om onwettig, vir hulle eie sake-gewin, op te tree nie.
    4 min
  • Monitor
    Die afgelope naweek het daar nuwe inligting na vore gekom uit die omstrede, gelekte Gupta e-posse. 'n Exel dokument wat die oorsese reisbesonderhede bevat, van onder andere die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, en die EFF-leier, Julius Malema, is glo deur 'n amptenaar binne die departement van Binnelandse Sake aan die Guptas verskaf. Marlinee Fouche berig dit is nie die enigste hooggeplaastes wie se doen en late op die manier deur die Gupta's gemonitor is nie.
    4 min
  • Monitor
    Die ANC se beleidskonferensie begin Vrydag by Nasrec in Johannesburg. Ons praat met prof. Susan Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand oor díe beleidskonferensie.
    12 min
  • Monitor
    Qatar het eise deur die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Egipte en Saudi Arabie verwerp dat die nuuskanaal Al Jazeera waarvan die hoofkantoor in Doha gestel is, moet sluit. Díe is een van dertien eise as voorwaarde vir die normalisering van diplomatieke verhoudings wat op 5 Junie opgeskort is. Ons praat met Theo Bekker van die Noordwes Universiteit hieroor.
    7 min
  • Monitor
    'n Bekende Amerikaanse belegger, Jim Rogers, voorspel dat 'n borrel in die Amerikaanse ekonomie weer die wêreld se markte in duie kan laat stort, en dít dalk nog selfs later vanjaar. Die 74-jarige meen dat dit die ergste ineenstorting kan wees in sy leeftyd. Melissa Tighy het díe voorspelling met plaaslike ekonome bespreek.
    7 min
  • Monitor
    Dit is sy liefde vir rugby, en sy algemene belangstelling in Suid-Afrika, wat prof. Derek Catsam van die University of Texas of the Permian Basin in Amerika gereeld na Suid-Afrika laat reis. Heindrich Wyngaard gesels met hom oor sy liefde vir ons geliefde land.
    5 min
  • Monitor
    'Slegs 49 uit die land se 263 munisipaliteite het in die 2015/2016 boekjaar skoon oudits behaal,' dít volgens die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se nuutste verslag oor munisipaliteite. Heindrich Wyngaard praat met die adjunkminister van die plaaslike regering, Andries Nel, oor die kommerwekkende situasie.
    10 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners