Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Adjunk-Sekretaris-Generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Jeremy Cronin, sê Suid-Afrika word toenemend soos n Zimbabwiese diktatorskap regeer
    5 min
  • Monitor
    Die tweejaarlikse Nasionale Kwilt-fees is weer na tien jaar in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Die fees roteer tussen verskillende stede in die land. Honderde kwilters vertoon hulle kunstige handwerk by die fees, met die tema "siyadala" wat beteken "ons skep". Die fees lok kwiltmakers reg oor die wêreld. Dit word gereken as 'n kunsvorm. Veronica Fourie doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die ANC stel voor dat sy verkiesingskommissie herontwerp word om faksievormining uit te roei. Die voorstel is deur die sub-kommitee oor party hernuwing by die ANC se nasionale beleidskonferensie gemaak. Jean Esterhuizen berig.
    4 min
  • Monitor
    In die Wes-Kaap het die Waterstone Village winkelsentrum in Somerset Wes, 'n belangrike les vir hulle klante probeer leer. By die winkelsentrum is rolstoele in normale parkeerplekke geplaas met boodskappe soos, "Ek trek net gou geld" en "Dit was die enigste oop parkeerplek". Die organisasie vir kinders met gestremdhede, Senecio het die reaksies van die klante opgeneem en die video is reeds byna 60 duisend keer gekyk. Melissa Tighy het met die bemarkingsbestuurder, Mieke Rautenbach oor die veldtog gepraat.
    3 min
  • Monitor
    Daar is goeie nuus vir verbruikers! Die prys van alle brandstof sal die week daal. Harri Kemp, 'n ekonoom verbonde aan die buro vir ekonomiese ondersoek, het aan Hanri Wondergem die redes hiervoor verduidelik. Redes is onder meer die rand se wisselkoers en die internasionale prys van olie.
    3 min
  • Monitor
    Die ANC het 'n nuwe manier voorgestel om die gestoei vir leierskapsposisie en faksievorming tydens die verkiesings te verminder. Die party wil die sogenaamde Revolusionêre Verkiesingsraad stig wat uit staatmakers sal bestaan. Die komitee sal toesig hou oor die verkiesingsproses van lede in verskeie party strukture en leierskapsposisies. Jean Esterhuizen berig.
    3 min
  • Monitor
    'n Voortdurende ramp wat swak bestuur word, slegte besluite wat die belastingbetaler se sak net verder gaan ruk en 'n bloedneus vir die geloofwaardigheid van die nasionale tesourie. Só reageer die DA se skadu-adjunkminister van finansies, Alf Lees, op die Suid-Afrikaanse lugdiens se jongste reddingsboei van 2 miljard rand.
    5 min
  • Monitor
    Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sê hy is bekommerd oor 'n toename in bendeverwante aktiwiteite in Worcester. Plato het geloofsleiers aangemoedig om betrokke te raak by jeugprogramme wat by skole aangebied sal word tydens skoolvakansies. Daar is meer as 'n honderd van die programme waarby nagenoeg seweduisend jeugdiges kan baat. Hanri Wondergem berig.
    2 min
  • Monitor
    Die Nasionale Gesondheidsversekeringsbeleids-witskrif is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer. Die minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, sê die publiek is welkom om nou kommentaar op die omstrede dokument te lewer. Ons vra vir Marieny Erasmus, 'n gesondheidspesialis by die ekonomiese konsultasiefirma, Econex in Stellenbosch, wat die kruks van die witskrif behels.
    7 min
  • Monitor
    Vanoggend neem ons afskeid van ons kollega, Suna Venter. Haar liggaam is gisteroggend in haar woonstel in Fairlands, Johannesburg, gevind. Sy is onlangs gediagnoseer met die harttoestand, streskardiomiopatie, of algemeen bekend as die “gebrokehart-sindroom”. Dit word veroorsaak deur uitgerekte periodes van onnatuurlike spanning en stres. Ons onthou haar vanoggend as mens en joernalis, en deur die musiek waarmee sy haar omring het.
    9 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners