Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat sê 240 mense is vanjaar in polisie-aanhouding dood. In die vorige jaar is daar net 169 mense dood. 'n Misdaadkenner, dr. Johan Burger, sê die toename is 'n weerspieëling van die toenemende misdaad en geweld in die land.
    4 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê sy besluit by die party se veertiende kongres om afsonderlik aan verkiesings deel te neem is nie 'n wegbreek van die ANC-alliansie nie. Die party het egter die alliansie se bestaande formaat gekrtitiseer, en is bekommerd oor die toekoms. Die SAKP kla daaroor dat hy glo soos 'n junior-vennoot behandel word, en dat president Jacob Zuma steeds aan bewind is. Anita Visser praat met Barry Gilder en Reneva Fourie, permanente lid van die SAKP se sentrale komitee en hoof van die SAKP se Sekretariaat, en Anthoni van Nieuwkerk, 'n politieke ontleder van WITS universiteit, hieroor.
    20 min
  • Monitor
    Afrikaanse digkuns verower stukkie vir stukkie die harte van internasionale filmfeeste. Filmverse 2 is die ATKV en die animasiekunstenaar, Diek Grobler, se tweede digkuns-animasieprojek sedert 2014. Films wat gebasseer is op Afrikaanse-gedigte, wat hierin te sien is, word nou gewys by feeste in Spanje, Portugal, Duitsland, Amerika en Frankryk. Marlinee Fouche berig.
    5 min
  • Monitor
    Ons fokus op 'n groepie Afrikaners, wat tuis as kommuniste beskryf is, se besoek aan Dakar dertig jaar gelede. Die rede vir die sogenaamde Dakar-safari, Senegal toe, was om met die ANC te gaan gesels. Jy kan luister na die stemme van Max du Preex, Monitor se voormalige Uitvoerende Regisseur, wyle Chris Louw, Theuns Eloff en dr. Andries Treurnicht van die destydse Konserwatiewe Party.
    5 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer, Nathaniel Ndazana Nakasa, beter bekend as Nat Nakasa, is vandag 52 jaar gelede oorlede. Hy het op 14 Julie 1965 sy eie lewe in New York geneem. Nat Nakasa het Suid-Afrika in 1964 verlaat en 'n Nieman-beurs by die Harvard Universiteit aanvaar. Deur dit te doen moes hy onder die apartheidsregering sy Suid-Afrikaanse burgerskap prysgee. Dianke Nel doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Suid-Afrika beklee wêreldwyd 'n topdrie posisie op die ranglys van atlete wat orgaanoorplantings gehad het. Dit is pas weer bevestig by die 2017 Wêreld-Oorplantingspele in Spanje. Heindrich Wyngaard praat met Stan Henkeman, voorsitter van die SA Oorplantings-Atletiekvereniging.
    5 min
  • Monitor
    Die week is dit presies dertig jaar gelede dat 'n groep Afrikaners vanuit verskillende beroepe en politieke standpunte, Dakar toe gevlieg het om eerstehands te gaan kennis maak met die ANC, wat destyds nog in ballingskap was. Die baanbreker joernalis, Max du Preez, was een van diegene wat die besoek aan Senegal meegemaak het. In die bydrae kan jy ook die stemme hoor van Monitor se voormalige uitvoerende regisseur, wyle Chris Louw, P.W Botha, die destydse Dopper dominee, Theuns Eloff, en Maritz Spaarwater van die eertydse Nasionale Intelligensie Diens.
    3 min
  • Monitor
    Ons fokus op die sogenaamde Dakar-safari wat van die land se mees hoëprofiel Afrikaners 30 jaar gelede meegemaak het. Theuns Eloff gesels oor die verskeidenheid mense wat die besoek meegemaak het. Jy kan ook die stemme hoor van Max du Preez, Monitor se voormalige uitvoerende regisseur, en wyle Chris Louw.
    3 min
  • Monitor
    Die skolerugby Cravenweek is op die oomblik in Bloemfontein by Grey Kollege aan die gang. Keurders het die seuns deur die loop van die jaar dop gehou, en volgens Hannes Nienaber, 'n skolerugbyjoernalis, is skolerugby baie gesond.
    4 min
  • Monitor
    Die DA het sy visier op die Gupta-familie ingestel na bewerings van korrupsie by 'n suiwelplaas naby Vrede in die Vrystaat. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die plaas besoek. Saam met hom was die mense wat bedoel was om voordeel uit die plaas te trek. Hulle sê egter hulle het nog nooit enige inkomste uit die suiwelprojek gekry nie, en die plaas word skynbaar teen 'n verlies bedryf.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners