Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
July 06, 2017MonitorDie Adjunk-Sekretaris-Generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Jeremy Cronin, sê Suid-Afrika word toenemend soos n Zimbabwiese diktatorskap regeer...more5minPlay
July 05, 2017MonitorDie tweejaarlikse Nasionale Kwilt-fees is weer na tien jaar in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Die fees roteer tussen verskillende stede in die land. Honderde kwilters vertoon hulle kunstige handwerk by die fees, met die tema "siyadala" wat beteken "ons skep". Die fees lok kwiltmakers reg oor die wêreld. Dit word gereken as 'n kunsvorm. Veronica Fourie doen verslag....more3minPlay
July 05, 2017MonitorDie ANC stel voor dat sy verkiesingskommissie herontwerp word om faksievormining uit te roei. Die voorstel is deur die sub-kommitee oor party hernuwing by die ANC se nasionale beleidskonferensie gemaak. Jean Esterhuizen berig....more4minPlay
July 05, 2017MonitorIn die Wes-Kaap het die Waterstone Village winkelsentrum in Somerset Wes, 'n belangrike les vir hulle klante probeer leer. By die winkelsentrum is rolstoele in normale parkeerplekke geplaas met boodskappe soos, "Ek trek net gou geld" en "Dit was die enigste oop parkeerplek". Die organisasie vir kinders met gestremdhede, Senecio het die reaksies van die klante opgeneem en die video is reeds byna 60 duisend keer gekyk. Melissa Tighy het met die bemarkingsbestuurder, Mieke Rautenbach oor die veldtog gepraat....more3minPlay
July 03, 2017MonitorDaar is goeie nuus vir verbruikers! Die prys van alle brandstof sal die week daal. Harri Kemp, 'n ekonoom verbonde aan die buro vir ekonomiese ondersoek, het aan Hanri Wondergem die redes hiervoor verduidelik. Redes is onder meer die rand se wisselkoers en die internasionale prys van olie....more3minPlay
July 03, 2017MonitorDie ANC het 'n nuwe manier voorgestel om die gestoei vir leierskapsposisie en faksievorming tydens die verkiesings te verminder. Die party wil die sogenaamde Revolusionêre Verkiesingsraad stig wat uit staatmakers sal bestaan. Die komitee sal toesig hou oor die verkiesingsproses van lede in verskeie party strukture en leierskapsposisies. Jean Esterhuizen berig....more3minPlay
July 03, 2017Monitor'n Voortdurende ramp wat swak bestuur word, slegte besluite wat die belastingbetaler se sak net verder gaan ruk en 'n bloedneus vir die geloofwaardigheid van die nasionale tesourie. Só reageer die DA se skadu-adjunkminister van finansies, Alf Lees, op die Suid-Afrikaanse lugdiens se jongste reddingsboei van 2 miljard rand....more5minPlay
July 03, 2017MonitorDie Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sê hy is bekommerd oor 'n toename in bendeverwante aktiwiteite in Worcester. Plato het geloofsleiers aangemoedig om betrokke te raak by jeugprogramme wat by skole aangebied sal word tydens skoolvakansies. Daar is meer as 'n honderd van die programme waarby nagenoeg seweduisend jeugdiges kan baat. Hanri Wondergem berig....more2minPlay
July 03, 2017MonitorDie Nasionale Gesondheidsversekeringsbeleids-witskrif is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer. Die minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, sê die publiek is welkom om nou kommentaar op die omstrede dokument te lewer. Ons vra vir Marieny Erasmus, 'n gesondheidspesialis by die ekonomiese konsultasiefirma, Econex in Stellenbosch, wat die kruks van die witskrif behels....more7minPlay
June 30, 2017MonitorVanoggend neem ons afskeid van ons kollega, Suna Venter. Haar liggaam is gisteroggend in haar woonstel in Fairlands, Johannesburg, gevind. Sy is onlangs gediagnoseer met die harttoestand, streskardiomiopatie, of algemeen bekend as die “gebrokehart-sindroom”. Dit word veroorsaak deur uitgerekte periodes van onnatuurlike spanning en stres. Ons onthou haar vanoggend as mens en joernalis, en deur die musiek waarmee sy haar omring het....more9minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.