Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Politieke teenstanders van president Jacob Zuma moet vrede maak daarmee dat niemand hom gaan dwing om uit te tree nie. Dit is die boodskap van die politieke ontleder Moeletsi Mbeki. Mbeki het aan 'n paneelbespreking van die Sondagkoerant, Rapport, deelgeneem. Izak du Plessis berig.
    5 min
  • Monitor
    Suid-Afrikaanse rugbyspanne put hulle inspirasie uit die dierewêreld. Dr. Willem Botha, die uitvoerende direkteur en hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, gesels oor die Leeus en ander groot katte.
    2 min
  • Monitor
    Die vrou van Stephen McGowan, Catherine, sê die herontmoeting met haar man was nie soos dit vir al die jare in haar kop afgespeel het nie. McGowan is vir amper ses jaar deur Al-Kaïda in Mali gyselaar gehou. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het in Pretoria aangekondig dat McGowan op 29 Julie in Suid-Afrika aangekom het. Hy was met vakansie in Timbuktu, toe hy en nog twee mans gevang is. Die een man, 'n Sweed, is sowat 'n maand gelede vrygelaat, en die ander man is vroeër deur Franse soldate bevry. Liela Magnus doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Kontant-in-transito-rowers het die hoogste aansien in die misdaadhierargie. Hulle word ook nie doeltreffend vervolg nie. So sê dr. Hennie Lochner van Unisa. Volgens die Bankrisiko-inligtingsentrum, SABRIC, is daar reeds vanjaar 203 kontant- en kontant-in-transito-rooftogte aangemeld. In 2016 is daar vir dieselfde tydperk slegs 140 voorvalle opgeteken. Mètzi van der Merwe doen verslag.
    6 min
  • Monitor
    Die MetroFM-aanbieder en skrywer, Rams Mabote, het in 'n artikel geskryf dat skole leerlinge vir 'n diverse samelewing moet voorberei. Dit was nadat hy 'n sportgeleentheid by Helpmekaar Kollege in Johannesburg bygewoon het. Hy sê hierdie skool berei nie sy leerders voor vir 'n diverse samelewing nie. Hy sê hulle word deur 'n kokon van Afrikanerdom beskerm, of dan in Engels: " they are cushioned in a cocoon of Afrikanerdom. They speak the same language, they are all white and they almost look alike. That's the ideal their families and school want for them." Die artikel het baie kritiek ontlok. Vincent Mofokeng het met Helpmekaar se skoolhoof, Claus Koenig, gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Heindrich Wyngaard het ook oor diversiteit in skole gepraat met Paul Colditz van die Federasie van skoolbeheerliggame in Suid-Afrika, en Irma du Plessis, 'n sosioloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
    8 min
  • Monitor
    Oudpresident Nelson Mandela is in die nuus oor 'n omstrede boek oor sy gesondheidstoestand in sy laaste jare, wat verskyn het, Wyngaard en ook oor die viering van Internasionale Mandela-dag. Anita Visser en Heindrich praat met Madiba se voormalige persoonlike assistant, en hekwagter sê sommige mense, Zelda la Grange.
    9 min
  • Monitor
    'n Bedryfsielkundige van Stellenbosch, Johan Ludik, sê hy is beïndruk met die feit dat die Nederlanders so 'n hoë premie op geluk stel, want gelukkige werknemers beteken doelgerigte en gemotiveerde personeel. Ludik het aan Anita Visser verduidelik dat die begrip, BESTUUR IN DIE WERKSPLEK, ingewikkeld is.
    5 min
  • Monitor
    'n Nederlandse maatskappy, INCENTRO, het met 'n innoverende benadering vorendag gekom om sy werknemers gelukkig te hou. Die werkers in Den Haag, Rotterdam, Amsterdam en Utrecht, is so gelukkig dat die IT-maatskappy in 'n peiling verkies is as die gelukkigste in die hele land. Anta Visser het by die maatskappy se woordvoerder, Coert Prins, gaan kers opsteek oor hulle sukses.
    6 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaans-gebore voormalige Britse kabinetsminister en oudstryder teen apartheid, Lord Peter Hain, is deesdae onder meer 'n besoekende professor aan die Wits-besigheidskool. Dit is waar hy gisteraand 'n publieke lesing gelewer het oor die Islamitiese staat en terreur. Heindrich Wyngaard praat met hom.
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners