Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Inspekteur-regter oor Korrektiewe Dienste, Johann van der Westhuizen, praat met Heindrich oor 3 bekende vroue-aangehoudenes en hoe hulle aanpas in die tronk. Die bydrae begin en eindig met die musieklegende Taliep Petersen se liedjie "Queen of Hearts".
    6 min
  • Monitor
    Japan se koloniale heerskappy oor Korea is in 1945 beëindig na die Tweede Wêreldoorlog. Drie jaar later is die land verdeel in Noord- en Suid Korea. Suid-Korea is ondersteun deur die VSA, terwyl die Noorde bygestaan is deur die Soviet lande. Dit is een van die min lande wat steeds kommunisties regeer word, en word beskou as die mees geïsoleerde lande in die wêreld. Volgens die VN se 2012 syfers, woon daar 24,5 miljoen mense in die land. As jy gebore is in die land, is die kanse dat jy daar gaan uitkom glo baie skraal. Marlinee Fouche het gaan kyk wat die wat dit wel reggekry het, te sê het oor Noord Korea. Sy berig dat selfs die musiek met 'n valkoog dopgehou word...
    5 min
  • Monitor
    Die Inspekteur-regter vir Korrektiewe Dienste, regter Johann van der Westhuizen, praat met Heindrich Wyngaard oor die lot van Suid-Afrika se net meer as 4 000 vroue-gevangenes.
    6 min
  • Monitor
    Suid-Afrika se netbal-span het Sondag teen Engeland geseëvier, toe die span vir Engeland 54 - 51 geklop het. Engeland is derde op die wêreldranglys, en Suid-Afrika vyfde. Suid-Afrika het ook goed gevaar teen die wêreld se twee beste spanne, Nieu-Seeland en Australië, in die vierhoekige toernooi. Die Proteas het 56 - 63 teen die Kiwis verloor, en 52 - 58 teen Australië. Die skeidsregter-mentor en oud-Proteas speler, Annie Kloppers, sê die jare se hardewerk werf vrugte af...OUTRO: Dit was Annie Kloppers, die skeidsregter-mentor en oud-Proteas speler. Sy het met Vincent Mofokeng gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die herdenking van die dood van Prinses Diana 20 jaar gelede, sluit oproepe in dat een van haar belangrikste humanitêre projekte - die ontmyning van landmyne - bespoedig moet word. Heindrich Wyngaard het hieroor met prof. Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde by die Universiteit Stellenbosch gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Die komedie, Vuil Wasgoed het met die meeste pryse by jaarlikse die Silwerskermfees weggeloop. Intussen is Vaselinetjie as beste speelfilm by die fees bekroon. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag vanaf die Silwerskermfees in Kampsbaai.
    5 min
  • Monitor
    Die History Workshop by Wits-universiteit en die Wits Historiese Dokumente Navorsingsargiewe het einde verlede week 'n seminaar oor apartheidsargiewe en die rekordhouding in die post-apartheidsera gehou. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Alida Kok, dosent in politieke wetenskap aan Unisa, en Hennie van Vuuren, skrywer van die boek Apartheid Guns and Money: A tale of profit.
    16 min
  • Monitor
    Die DA sê die Britse Skakelmaatskappy, Bell Pottinger sal vyf dae tyd hê om te appelleer teen die Britse Openbare Skakelliggaam se beslissing wat betref sy veldtog vir die Guptafamilie. Die DA het by die Verenigde Koningryk se Openbare Skakelvereniging gekla dat Bell Pottinger rassespanning in Suid-Afrika aangeblaas het terwyl hy die belange van die Guptas, Duduzane Zuma en ander bevorder het. 'n Mediakenner, Chris Vick het in reaksie op die DA se aankondiging aan Dianke Nel gesê die Britse Openbare Skakelliggaam se besluit is beslis 'n stap in die regte rigting.
    3 min
  • Monitor
    Die jaarlikse Silwerskermfees het met 'n swierige geleentheid afgeskop. Die ster van die aand was die agt-jarige, Ian Roelofs, wat die rol van die outistiese seun, Alexander, in die fliek Raaiselkind vertolk. Die fliek wat op Annelie Botes se gelyknamige roman gegrond is, was die openingsrolprent van die fees. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Die Hooggeregshof in Pretoria het Sondag aan die departement van Omgewingsake opdrag gegee om 'n permit aan die renoster teler en wildboer, John Hume van Klerksdorp in Noordwes, toe te ken vir die doeleindes van die veiling. Die verbod op handel met renosterhoring binne Suid-Afrika se grense, is sowat drie maande gelede opgehef, na 'n lang hofstryd tussen eienaars en die departement van Omgewingsake. Hume het in 'n onderhoud vroeer aan joernaliste gesê, hy het geen ander keuse as om die horings te verkoop nie. Sowat 'n half ton horings, sal op die veiling verkoop word. Die departement van Omgewingsake het bevestig dat die permit vir die veiling reeds gister oggend aan Hume gestuur is. Die woordvoerder van die departement, Moses Rannditsheni sê daar is egter 'n paar voorwaardes waaraan daar voldoen moet word, tydens die veiling. Suzanne Paxton praat ook oor die kwessie met die voorsitter van Privaat renosters eienaars vereenings of Proa, Pelham Jones en met die direkteur van die departement Toerisme- navorsing by die Noordwes Universiteit, Prof. Melville Saayman.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners