Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Nuwe navorsing van die WNNR steun die Life After Coal-veldtog en Greenpeace Afrika se standpunt dat daar nie meer in steenkoolkragsentrales belê moet word nie. Hulle beveel aan dat die regering en Departement van Energie die oorgang na volhoubare energie moet prioritiseer. Hoewel die WNNR fokus op die koste van steenkoolbedrywighede, sê die Life After Coal-veldtog daar moet meer klem gelê word op die negatiewe impak van steenkool op die omgewing en die mens se gesondheid. Dianke Nel doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, het onlangs die groen lig gegee vir die ontginning van skaliegas in die Karoo. Volgens hom sal dit die ekonomie van die Noord-Kaap ʼn hupstoot gee. Hoewel skaliegas-ontwikkeling nog in die toekoms lê, word daar reeds vrae gevra oor die moontlike impak hiervan op die omgewing. Justine Rudman het onlangs haar meestersgraadstudie by die Universiteit Stellenbosch oor die onderwerp voltooi. Sy het aan Dianke Nel gesê haar studie wys skaliegas-eksplorasie sal na verwagting 'n impak hê op die gehalte van, en die aantal waterhulpbronne.
    4 min
  • Monitor
    Gister het Monitor berig oor Hennie van Vuuren se boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, wat fokus op die groot getal lande, onder meer Rooi Sjina, wat met die medewete en hulp van die destydse Zaïre, wapens aan die Pretoria-regime verskaf het. Vandag vertel van Vuuren vir Anita Visser van die R500-miljard se spesiale weermagrekening waarvan selfs die naaste vetrouelinge van PW Botha niks geweet het nie.
    8 min
  • Monitor
    Dit is dag drie van die Nampo-Oesdagfees wat net buite Bothaville in die Vrystaat plaasvind, en die grondhervormingskwessie bly 'n warm patat. Suzanne Paxton en die span by Nampo hou deurentyd 'n oog op gebeure daar.
    19 min
  • Monitor
    Tweemiljoen dokumente, honderde gesprekke op verskeie vastelande, en vier jaar se navorsing het vrug gebaar: die boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, geskryf deur die direkteur van die nieregeringsorganisasie, OPEN SECRETS, Hennie van Vuuren. In die boek bewys van Vuuren sonder twyfel dat die apartheidsregering alles behalwe sonder vriende was. Trouens selfs lande wat ideologies ver verwyder was van Pretoria se manier van dink, het fluks wapens aan Suid-Afrika verkoop. En moenie jou blind staar teen die oenskynlike diplomatieke bande van die tyd nie. Een voorbeeld is Taiwan, wat byvoorbeeld nie veel wapens aan die Botha-regime verkoop het nie, terwyl sy Rooi buurman dit wel gedoen het. Anita Visser het Hennie van Vuuren hieroor uitgevra.
    7 min
  • Monitor
    Maak die grondwet voorsiening vir 'n geheime stemming wat 'n mosie van wantroue in president Jacob Zuma betref? Opposisiepartye sê hulle is optimisties dat die Konstitusionele Hof in hulle guns sal beslis in die aansoek deur die UDM of parlementslede in die geheim mag stem tydens die debat oor die mosie van wantroue in die president. Loammi Wolf is 'n grondwetregspesialis verbonde aan Democracy for Peace in Duitsland. Sy het aan Dianke Nel gesê 'n geheime stemming is beslis in die belang van demokrasie in Suid-Afrika.
    4 min
  • Monitor
    Dit is dag twee van die Nampo-Oesdagfees wat net buite Bothaville plaasvind. Die eerste dag is oorskadu deur gesprekke oor grondhervorming in die landbousektor en die onstabiliteit wat dit in die sektor veroorsaak.
    20 min
  • Monitor
    Die enigste manier hoe moeilike kwessies in die landbousektor opgelos sal word, is deur dialoog. Dít was die boodskap by die openingsfunksie van die Nasie in Gesprek-reeks by die Nampo-Oesdagfees op Bothaville. Die gesprekke is geopen met dialoog oor grondhervorming. Suzanne Paxton gesels met Francios Strydom, uitvoerende hoof van SENWES en dr. John Purchase van Agribiz.
    19 min
  • Monitor
    Marlinee Fouche berig dat die SAUK hoofsaaklik deur advertensies befonds word, in teenstelling met die internasionale tendens van parlementêre- of staatsubsidies. Watter bevondsingsmodel sal in Suid-Afrika werk?
    8 min
  • Monitor
    Die SAUK sê sy voorstel aan die parlement om wetgewing betreffende TV-lisensies te verander, is bloot om aan te pas by tegnologiese vooruitgang. Woordvoerder Kaizer Kganyago het aan Marlinee Fouche gesê hulle wil keer dat sekere landsburgers betaal vir inhoud, en ander nie.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners