Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Kenia ervaar steeds 'n knellende droogte, en is tot 'n rampgebied verklaar. Die Rooikruis in Kenia sê sowat 350,000 kinders, swanger vroue en nuwe ma's is ondervoed. Boopop dryf die droogte veeboere daartoe om kommersiële plase te beset. James Mwangi, die spanleier van die Rooikruis in die land, het aan Dianke Nel gesê sowat driemiljoen mense benodig dringend voedselhulp.
    3 min
  • Monitor
    Ons staan op die vooraand van 'n vyf tot tien-jaar lange resessie. Só waarsku die beleggingstrateeg, Magnus Heystek, wat ook die kredietgraderingsagentskap, Moodys, vergelyk met Openbaring se ruiters. Anita Visser het hom gevra of hierdie vergelyking nie melodramaties is nie.
    20 min
  • Monitor
    Verskeie voorvalle die afgelope tyd het die rol van Suid-Afrika se media in die kollig geplaas. Eers was daar die Huffington Post se blog wat voorgestel het dat wit mans hulle stemreg behoort te verloor. Die HuffPost moes in opdrag van die Persombudsman om verskoning vra vir die mening, wat as seksisties en rassisties beskryf is. Die SAUK was Vrydag in die nuus toe vyf seniorjoernaliste se rekenaars uit hulle parlementêrekantoor gesteel is. En Sondag het die SUNDAY TIMES se redakteur, Bongani Siqoko, sy kommer uitgespreek oor die joernalis, Mzilikazi wa Afrika, se lewe wat bedreig word ná sy ondersoek na ESKOM-tenders wat aan die maatskappy, IMPULSE INTERNATIONAL, toegestaan is. Gister het BEELD ook die media as fokuspunt in 'n hoofartikel gebruik. Daarvolgens werk selfregulering baie goed, en die HuffPost-geval is 'n sprekende voorbeeld daarvan. Anita Visser en Heindrich Wyngaard praat hieroor met die HuffPost se adjunkredakteur, Pieter du Toit, en die oud-koerantman, Harald Pakendorf.
    19 min
  • Monitor
    Die boksgemeenskap het verslae gereageer op die nuus dat die Suid-Afrikaanse boksafrigter, Nick Du Randt, Vrydag is in 'n motorfietsongeluk in die Vrystaat oorlede is. Hy was die president van die Crusaders Motorfietsklub, en het teen 'n motor gebots tussen Bethlehem en Clarens. Hy was 53 jaar oud. Du Randt het 95 Suid-Afrikaanse kampioene in al 17 gewigsklasse opgelewer, 38 wêreldkampioene en 27 internasionale kampioene, insluitend Thulani Sugarboy Malinga en Philip Ndou, wat Floyd Mayweather in 2003 geveg het. Sy vriend en ook 'n boksafrigter, Gert Strydom, het met Vincent Mofokeng gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die Johannesburgse Metroraad het na Reinette Venter se klagtes geluister, en om verskoning gevra vir haar ongerief. Die raad se departementshoof in die Speaker se kantoor, Linus Muller, het die volgende beloof…
    4 min
  • Monitor
    Reinette Venter sit met die hande in die hare na meer as 'n jaar se gesukkel om haar waterrekening uitgesorteer te kry. Die Venters, wat in Johannesburg woon, se waterrekening het uit die bloute van 'n gemiddeld van R3,500 per maand, skielik gestyg na tussen R8,000 en R15,000 elke maand. In weerwil van herhaalde oproepe na JOHANNESBURG WATER en na die betrokke DA-raadslid, is die saak steeds onopgelos, soos wat Reinette aan Anita Visser vertel het…
    6 min
  • Monitor
    Die toekoms van die jonger geslag kry min oorweging in die manier hoe die ouer geslag die aarde misbruik. Dit is die mening van die voormalige arbeidsleier, politikus en nou 'n kampvegter vir menseregte, Jay Naidoo. Hy het onlangs sy jongste boek, CHANGE, in Johannesburg bekendgestel. Mètzi van der Merwe het die geleentheid bygewoon.
    5 min
  • Monitor
    'n Derde van die inwoners van Vryheid in Kwazulu-Natal het na 'n meer as 'n jaar weer toegang tot lopende WATER. Dit is te danke aan 'n DA-wyksraadslid, Alta Roos de Kock. Sy het doodgewoon besluit om van swaartekrag gebruik te maak met positiewe resultate. Metzi van der Merwe berig….
    4 min
  • Monitor
    die president van die Progressive Professionals Forum en die Decolonisation Foundation, Mzwanele Manyi, het gister saam met dr. Matthews Phosa aan die bespreking by die KKNK op Oudtshoorn deelgeneem. Ons praat nou met hom oor 'n paar stellings wat hy gemaak het.
    7 min
  • Monitor
    Die ANC gaan die 2019-verkiesing verloor, voorspel die voormalige ANC-tesourier dr. Matthews Phosa. Hy het gister met Heindrich Wyngaard by die KKNK op Oudtshoorn gepraat.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners