Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Ons fokus bly op Sirië waar minstens 58 mense die week weer in n chemiese aanval dood is. Anita Visser het met Borrie la Grange van Medicins Sans Frontieres oftewel Dokters Sonder Grense en die internasionale regskenner, professor Hennie Strydom van die Universiteit van Johannesburg gepraat.
    10 min
  • Monitor
    Sirië se voortslepende oorlog het nog 58 slagoffers ge-eis na 'n aanval op die dorp Khan Sheikhoun in die provinsie van IDLIP wat medici toeskryf aan 'n gasaanval. Intussen het die gesaghebbende Britse mediese vak-tydskrif, The Lancet, pas Intensiewe navorsing gepubliseer oor die benarde posisie van mediese werkers in Sirie in die sesde jaar van die konflik in die oorlog-geteisterde Midde-Ooste. Een van die medici, betrokke by die skryf van die finale verslag, die Siriese medikus, Dr Samer Jarbour het aan Anita verduidelik hoekom die verslag waartoe kollegas dwarsoor die wêreld bygedra het, so belangrik is:
    6 min
  • Monitor
    Nuwe bevindings deur Suid- Afrikaanse en Australiëse navorsers dui nou daarop dat die oudste hominiede in Suider-Afrika, Little Foot, heelwat jonger is as, soos voorheen aangeneem, 3,7 miljoen jaar oud. 'n Navorser verbonde aan die Universiteit van Johannesburg se Fakulteit Natuurwetenskappe, Professor Jan Kramers, het aan Vincent Mofokeng verduidelik hoe die navorsing die nuwe ouderdom aan die lig gebring het...
    3 min
  • Monitor
    Die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA se Chandra X-straal Observatorium het vreemde flitse in die ruimte opgemerk. 'n Senior Navorsingsgenoot by Suid-Afrikaanse Ruimte Agentskap, Dr Pieter Kotze het aan Melissa Tighy vertel dat dit dui op 'n tipe gewelddadige gebeurtenis.
    4 min
  • Monitor
    Een van Suid-Afrika se mees bekende politici wat by die CODESA in 1991 onderhandelings betrokke was, Roelf Meyer, het in 2001 al die noodsaaklikheid van burgerlike betrokkenheid by die politiek besef. Trouens hy het toe die Civil Society initiative gestig waarby die destydse Amerikaanse president, Bill Clinton, OOK betrokke geraak het. Anita het met hom gepraat in die lig van die massa opstand wat die burgery Vrydag beplan:
    6 min
  • Monitor
    Die verklaring wat President Jacob Zuma uitgereik het oor sy omstrede kabinetskommeling het die verpligting op die nuwe ministers en adjunkministers geplaas om onvermoeid skouer aan die wiel te sit om radikale sosio-ekonomiese transformasie teweeg te bring. Wat sou dit beteken of behels? Om die vraag te help beantwoord, het Anita Visser en Heindrich Wyngaard met Mzwanyele Manyi van die Progressive Professionals Forum en 'n kampvegter vir radikale ekonomiese transformasie, en die politieke kommentator en beleidsanalis Theo Venter van die Noordwes-universiteit se Sakeskool gepraat.
    25 min
  • Monitor
    Afgevaardigdes van menseregte-organisasies en regerings vergader sedert gister in Buenos Aires in Argentinië vir 'n konferensie oor hoe om universiteite en skole teen militêre aanvalle te beskerm. Anita Visser het met 'n paar van die betrokkenes gepraat om uit te vind hoekom die beraad juis nou as so noodsaaklik beskou word.
    7 min
  • Monitor
    Die vissersgemeenskap van Paternoster maak al dekades lank staat op vis en kreef vir hulle bestaan. Maar 'n voortdurende gestoei oor kwotas en 'n besluit om kreef op die Sassi-rooilys te plaas, bedreig opnuut hulle vrede. Daar is selfs sprake van 'n algehele moratorium op kreefvangste vir die bestaansvisserman. Izak du Plessis het Paternoster besoek om uit te vind hoe die verwikkelinge hulle toekoms sal raak.
    6 min
  • Monitor
    WAARSKUWING: HIERDIE BYDRAE BEVAT WOORDE WAT AANSTOOT KAN GEE - Die vissersgemeenskap van Paternoster maak al dekades lank staat op vis en kreef vir hulle bestaan. Maar 'n voortdurende gestoei oor kwotas en 'n besluit om kreef op die Sassi-rooilys te plaas, bedreig opnuut hulle vrede. Daar is selfs sprake van 'n algehele moratorium op kreefvangste vir die bestaansvisserman. Izak du Plessis het Paternoster besoek om uit te vind hoe die verwikkelinge hulle toekoms sal raak.
    12 min
  • Monitor
    Ahmed Kathrada, beter bekend onder geliefdes as Uncle Kathy, is vanoggend vroeg in 'n Johannesburgse hospitaal in die ouderdom van 87 oorlede. Hy is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie weens 'n bloedklont op die brein. Die Ahmed Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die struggle-veteraan se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het. Kathrada was, saam met Nelson Mandela en Dennis Goldberg, deel van die Rivonia-beskuldigdes. Marlinee Fouche het die verslag saamgestel met die hulp van Thandiswa Mawu.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners