Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Suid-Afrika se Mervyn Davis het 'n internasionale reputasie gebou as 'n maker van uitstekende gesnaarde musiekinstrumente, soos kitare, banjos en viole. Hy sê sy hartstog is om musiekinstrumente te bou wat aan die behoeftes van moderne komponiste sal voldoen, deur moderne tegnologie te gebruik, maar om terselfdertyd die romanse van klassieke instrumente te behou. Tog verskil baie van sy skeppings van klassieke, konvensionele ontwerpe. Davis sê hy baseer steeds sy instrumente op die pragwerke van die meesterbouers van die verlede. Darren Taylor doen verslag.
    7 min
  • Monitor
    Honderde teologiese studente vanuit Afrika se grade, wat hulle by 'n Bybelkollege in Barberton verwerf het, is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Die grade word die afgelope sowat 15 jaar deur die Back to the Bible Training College in Barberton toegeken. Die instelling is egter volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding 'n swendelkollege. Monitor het ondersoek ingestel.
    12 min
  • Monitor
    Die FEES MUST FALL-veldtog het die klem geplaas op die finansiering van tersiêre onderrig, terwyl die eintlike probleem akademies van aard is. So sê die direkteur van die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, prof. Piet Naude. Hy het sy saak sonder skroom aan Anita Visser gestel.
    23 min
  • Monitor
    Pres. Jacob Zuma het gisteraand sy 2017-staatsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Om die inhoud van sy toespraak te ontleed, verwelkom twee ontleders wat weinig bekendstelling nodig het - die politieke kommentator dr. Piet Croucamp en die Efficient Groep se hoofekonoom, Dawie Roodt.
    21 min
  • Monitor
    Meer as 80 polisielede het op Rosettenville in Johannesburg toegesak om die verhouding met inwoners te verbeter. Dit volg nadat inwoners verlede week die reg in eie hande geneem het, en gewelddadig teen dwelmhuise, prostitusie en onwettige immigrante betoog het. Jamaine Krige het die uitvoerende burgemeester, Herman Mashaba, en ander amptenare op die klopjagte vergesel.
    6 min
  • Monitor
    Een van die sake wat die minister van finansies na verwagting in sy begrotingsrede sal aanraak, is die voorgestelde suikerbelasting. 'n Belastingskenner van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool, Lee-Ann Steenkamp, sê die belasting kan dalk eers in 2019 ingestel word. Sy sê besonderhede oor hoe die belasting gehef sal word, is nog onduidelik.
    6 min
  • Monitor
    Die voormalige staatsaanklaer Gerrie Nel het kritiek afgemaak teen sy skuif na Afriforum om 'n private vervolgingseenheid te begin. Die eenheid sal vervolgings, wat deur die NVG verwerp is, met privaatbefondsing dryf. Nel, wat vir 36 jaar as aanklaer gewerk het, se bedanking en nuwe verbintenis met Afriforum is skerp gekritiseer weens persepsies dat die burgerregtegroep eksklusief wit en Afrikaanse belange verteenwoordig. Nel het egter aan Suna Venter gesê hy sal vir enige saak met meriete veg - en dat hy boonop sy skuif as aanvullend tot die regstelsel beskou - en nie as 'n klap in die gesig van die NVG nie.
    5 min
  • Monitor
    Die Departement van Handel en Nywerheid sê hy doen alles in sy vermoë om verdere werksverliese in die pluimveebedryf te voorkom. Dit volg nadat 1,300 mense vroeër die week deur Rainbow Chickens in die pad gesteek is. Die departement het aan die parlementêre komitee oor handel en internasionale betrekkinge gesê hy het die Landbank genader vir bystand.
    3 min
  • Monitor
    Die Kimberley Hospitaal in die Noord-Kaap word skerp gekritiseer nadat ouers 'n saak van nalatigheid gemaak het. Jo-Ann en Edward Beckman beskuldig die instelling daarvan dat hulle twee-jarige dogter dood is weens natlatigheid, 24 uur nadat sy opgeneem is. Hulle doen nou regstappe om die hospitaal te dwing om verantwoordelikheid vir die kind se dood te aanvaar.
    4 min
  • Monitor
    Verskeie agentskappe in Amerika, onder meer die ruimte-agentskap NASA en die Environmental Protection Agency (EPA) het alternatiewe Twitter-rekeninge geopen nadat president Donald Trump feitelike twiets waarvan hy nie gehou het nie, laat wis het. Wetenskaplikes in die VSA het met woede en irritasie gereageer. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, sê die stap deur Trump hou niks goeds in vir die toekoms van die VSA as veilige hawe van wetenskaplikes nie.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners