Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die droogte oor groot dele van die Oos-Kaap word deur boere beskryf as die ergste wat die gebied nog getref het. Plase in die distrikte Graaff-Reinet, Steytlerville en Jansenville word die ergste geraak. 'n Ekonomiese krisis bedreig die streek, waar meer as 5- persent van die wêreld se sybokhaar geproduseer word. Veronica Fourie berig.
    6 min
  • Monitor
    Die AHI het met 'n grootskaalse herstruktureringsproses begin, wat onder meer insluit dat drie van die sake-organisasie se tien permanente werknemers skeidingspakkette aangebied is. Die organisasie se voortgesette gebruik van kantoorruimte word ook tans bespreek. Heindrich Wyngaard het die uitvoerende hoof, dr. Ernest Messina, gevra wat die implikasie van die AHI se herstrukturering vir kleinsake-ontwikkeling beteken.
    5 min
  • Monitor
    Donald John Trump word vandag by die Capitol-gebou in Washington DC ingehuldig as die 45ste president van Amerika. Wat behels die seremonie en watter protokol gaan daarmee gepaard? Is daar enige geskiedenis of rituele waarop die seremonie geskoei is? Anita Visser het in die SAUK se klankargief gaan rondkrap om te sien wat tydens vorige inhuldigings gebeur het, en sy praat met 'n Amerikaanse diplomaat.
    26 min
  • Monitor
    'n Nuwe internasionale aksieplan om aasvoëls te beskerm, sal in Oktober by die 12de Konferensie van Partye aangekondig word. Anita Visser praat hieroor met die oorhoofse koördineerder vir Afrika, Europa en Asië, Andre Botha.
    7 min
  • Monitor
    'n Reuse sinkgat op die R31-roete tussen Daniëlskuil en Kuruman het die afgelope paar weke groot nuus gemaak. Intussen het twee sogenaamde grotkruipers die sinkgat ondersoek en afgekom op 'n uitgebreide ondergrondse grotstelsel. 'n Komiteelid van die Speleologiese Eksplorasieklub, Karin Human, is in die ateljee.
    10 min
  • Monitor
    Die Jakes Gerwel-stigting, wat in 2014 tot stand gebring is, het groot planne vir 2017 - insluitend 'n boekprys, 'n skrywershuis en 'n krieket-ontwikkelingsprogram. Hulle het dit op die vooraand van wyle prof. Gerwel se 71ste geboortedag met Monitor bespreek. Heindrich Wyngaard het met prof. Gerwel se seun, Hein, hieroor gepraat.
    6 min
  • Monitor
    'n Motorkenner sê eienaars van Ford Kuga-motors moet hulle voertuie dadelik na die naaste Ford-handelaar neem, voor hulle paniekbevange raak en hulle voertuie probeer verkoop. Steve Smith, redakteur van CAR, sê nie alle Kuga's is foutief nie, en dat diegene wat 1,6 liter modelle tussen 2013 en 2014 gekoop het, die grootste risiko loop. Kuga-bestuurders wat hulle karre wil verkoop, het op die sosiale media uiting aan hulle frustrasie gegee. Meer as 40 Kuga's het sedert 2011 aan die brand geslaan. Justin Kennerley doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die ANC se leierskorps mag dalk verdeeld wees, maar op grondvlak lyk dit of die party nog 'n stewige ondersteunersbasis het. Dit is die gevolgtrekking wat gemaak kan word nadat sowat 60 000 ANC-lede die Orlando-stadion gister uit sy nate laat bars het tydens die party se 8 Januarie-verklaring. Izak du Plessis het met van die ondersteuners gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Turkye het sy grens met Sirë gesluit nadat driemiljoen vlugtelinge reeds oor sy grens gestroom het. Die EU het intussen sesmiljard Euro aan Ankara gegee om meer vlugtelinge te huisves. Die amptelike grensposte tussen die twee buurland bly egter gesluit. Meer as 200 000 mense het in Desember, in die middel van die winter, uit Aleppo in Sirië probeer vlug. Suna Venter was daar en het 'n reis met smokkelaars na Sirië meegemaak.
    9 min
  • Monitor
    Die apartheidsregime het hulle erfenisgrond onseremoniëel weggevat, en vir die huidige regering is hulle nie wit genoeg nie. So praat inwoners van Oppermansdorp naby Koffiefontein in die Suidwes-Vrystaat. Die gemeenskap wat bekend is as Suid-Afrika se Bruin Voortrekkers, moes sedert 1845 talle hindernisse oorkom om hulle bestaansreg op te eis. Izak du Plessis het die dorp besoek.
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners