Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Nova Eiendomsgroep het alle rentebetalings aan skuldbriefhouers opgeskort. Die groep, wat optree as die reddingsmaatskappy vir Sharemax, het glo nie geld om sy verskeie eiendomsontwikkelings te bestuur nie. Die rentebetalings is van 1 November af gestaak in weerwil daarvan dat die direkteure van die maatskappy elkeen 'n gemiddeld van R4 miljoen die afgelope finansiële jaar betaal is. Intussen leef duisende beleggers op die broodlyn en is hulle afhanklik van genadebrood om te oorleef. Izak du Plessis berig.
    6 min
  • Monitor
    Heindrich Wyngaard praat met die direkteur en beleggingstrateeg van Brenthurst Wealth, Magnus Heystek, oor die Sharemax-sage.
    9 min
  • Monitor
    Die vrystelling van die slawe in Suid-Afrika het 182 jaar gelede op 1 Desember 1834 geskied. Heindrich Wyngaard het kenners gevra waarom dit belangrik is om aan te hou om die geskiedkundige dag te herdenk.
    5 min
  • Monitor
    Heindrich Wyngaard praat met David Kramer praat oor die herdenking van die vrystelling van die slawe, en hoe hy slawegeskiedenis in sy musiek herdenk.
    4 min
  • Monitor
    Drie maande gelede het prof. Piet Naude, 'n kenner in etiese leierskap en die direkteur van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool, die versugting uitgespreek dat die ANC van pres. Jacob Zuma ontslae moet raak. Heindrich Wyngaard en Anita Visser praat hieroor met prof. Naude na aanleiding van die besluit van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee om nie gehoor te gee aan oproepe vanuit selfs eie geledere om die president te pos nie.
    11 min
  • Monitor
    Planne om 'n nuwe eksklusiewe Afrikaanse gemeenskap te stig naby Willowmore in die Oos-Kaap het deur die mat geval. Die Eden-projek kon nie daarin slaag om die waarborge vir die koop van 'n plaas in die Baviaanskloof na te kom nie en die beplande transaksie is van die baan. Die groep se plan het aan die lig gekom toe naweekkoerante verlede maand daaroor berig het. Izak du Plessis was in Willowmore om ondersoek in te stel, en Monitor het gister die bydrae uitgesaai. In deel 2 van die verslag word die idee van selfbeskikking deur die oë van verskillende kommentators bekyk.
    6 min
  • Monitor
    Die Afrikaanse digter PJ Philander, wat in 2006 in selfopgelegde ballingskap in Amerika gesterf het, sou vandag 95 jaar oud geword het. Heindrich Wyngaard het hierdie bydrae oor Philander se lewe en werk saamgestel.
    5 min
  • Monitor
    Planne om 'n nuwe eksklusiewe Afrikaanse gemeenskap te stig naby Willowmore in die Oos-Kaap, het deur die mat geval. Die Eden-projek kon nie daarin slaag om die waarborge vir die koop van 'n plaas in die Baviaanskloof na te kom nie, en die beplande transaksie is van die baan. Die groep se plan het aan die lig gekom toe naweekkoerante verlede maand daaroor berig het. Izak du Plessis was in Willowmore om ondersoek in te stel.
    8 min
  • Monitor
    Sjirurgie wat met 'n robot gedoen word, het oor die afgelope drie jaar die behandeling van prostaatkanker in Suid-Afrika drasties verbeter. Dit is November, of eerder Movember, 'n maand waar daar op prostaatkanker gefokus word. Hanri Wondergem het by dr. Lance Coetzee van die Urologie Hospitaal in Pretoria gaan kers opsteek oor die robot-aangedrewe behandeling, wat vrese soos impotensie en urine-beheer by prostaatkankerlyers uit die weg ruim.
    4 min
  • Monitor
    Dit is nie heeltemal korrek om te sê Suid-Afrika word op die oomblik deur hofbeslissings regeer nie. So sê die direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch, prof. Anton van Niekerk. Volgens hom is die howe een van die belangrikste instellings van die demokrasie.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners