Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Britse Museum in Londen hou tans 'n kunsuitstalling oor Suid-Afrika se geskiedenis met die titel SOUTH AFRICA: ART OF A NATION. In die uitstalling vertel 'n uiteenlopende reeks kunswerke die storie van Suid-Afrika se geskiedenis tot sover terug as 100,000 jaar. Dianke Nel het meer oor die uitstalling gaan uitvind...
    9 min
  • Monitor
    Nuwe navorsing beklemtoon honde se fyn aanvoeling vir die kommunikasieseine van mense. Hulle het ook die vermoë om hulle eienaars en ander se gesigsuitdrukings en woorde te verstaan en interpretreer. 'n Artikel in die vakjoernaal, Current Directions in Psyhological Science, wys dat dat honde kan onderskei tussen mense se emosionele uitdrukkings. Izak du Plessis praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen.
    8 min
  • Monitor
    "Baanbrekerswerk" en "Enig van sy soort". So beskryf wetenskaplikes 'n projek wat tans aan die gang is om 'n volledige reeks boeke oor motte van Suid-Afrika te skryf. Ondanks die feit dat daar duisende mot-spesies is, en talle wat nog ontdek kan word, bestaan daar nie so 'n boek nie. Hanri Wondergem was by die sewende jaarlikse Oppenheimer De Beers-groep Navorsingskonferensie in Johannebsurg waar sy die leier van die projek raakgeloop het.
    5 min
  • Monitor
    Is koringprodukte sleg vir jou? 'n Nuwe studie se resultate wat in Wene bekend gemaak is, verbind die eerste keer talle siektetoestande met 'n proteïne wat in koring voorkom. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen.
    4 min
  • Monitor
    Die Amerikaanse waghond wat kwaksalwery dophou, Quackwatch, wys die vinger na Amazon. Die aanlynverkoper-webwerf verkoop volgens Quackwatch duisende hoogs gevaarlike produkte. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskap-korrespondent George Claassen.
    4 min
  • Monitor
    Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beraam dat bykans een miljard mense wêreldwyd aan die een of ander vorm van gestremdheid ly, waarvan sowat 200-miljoen aansienlike probleme met hulle dag tot dag funksionering ervaar. Daar is ook baie kinders met gestremdhede en spesiale behoeftes in ons samelewing. Die stigter en direkteur van die Brain Child Fund, Hannes Viljoen, het vier kinders, waarvan drie met spesiale behoeftes. Hy het aan Dianke Nel gesê dit verg baie toewyding, tyd, geld, moeite en energie van ouers om na kinders met spesiale behoeftes om te sien. Maar, daar is altyd hoop...
    6 min
  • Monitor
    Heelwat Suid-Afrikaners beskou kinders met spesiale behoeftes en mense met gestremdhede as onbevoeg en 'n las op die samelewing. Die stigter en direkteur van die Brain Child Fund, Hannes Viljoen, het aan Dianke Nel gesê die samelewing is geneig om etikette op mense te plaas, eerder as om dieper te delf en hulle te probeer verstaan.
    4 min
  • Monitor
    Kort na die NVG se aankondiging gisteroggend het die Rand beduidend verswak. Die NVG hoof, Shaun Abrahams het aangekondig dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en twee voormalige kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, moet op 2 November in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Vir meer oor hoe die Rand gevaar het, praat ons met 'n ekonoom van Rebalance Fondsbestuurders, Dr Chris Harmse.
    5 min
  • Monitor
    Alzheimer-gesprek tydens die Aardklop Kunstefees: Verskeie kenners gee raad aan versorgers, en akteurs praat oor die impak van die voorbereiding op hulle rolle as onderskeidelik 'n Alzheimer-lyer en 'n versorger. 'n Vrou wat haar man jare lank opgepas het, sê daar is steeds mooi dinge wat dikwels misgekyk word, en versorgers gee raad aan huishoudelike versorgers.
    21 min
  • Monitor
    Vir die eerste keer ooit het Amerika bye op sy lys van bedreigde spesies geplaas. Sewe byspesies, bekend as geelgesig of gemaskerde bye, almal oorspronklik afkomstig van Hawaii, word nou as bedreig gesien. Hanri Wondergem het by die entomoloog, prof. Erik Holm, gaan aanklop. Hy sê so 'n drastiese stap mag dalk spoedig in Suid-Afrika ook nodig wees.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners