Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Turkse Departement van Nasionale Verdediging was die grootste buitelandse teenwoordigheid by vanjaar se African Aerospace and Defence Ekspo, en die land wat op die hoogste vlak verteenwoordig is. Turkye se adjunkminister van nasionale verdeding, Suay Alpay, het vir Marlinee Fouche gesê hulle beskou Suid-Afrika as familie.
    4 min
  • Monitor
    Bystandverlening by sterfte is weer 'n warm besprekingspunt met bespiegeling dat 'n Paralimpiese-atleet dit gaan toepas ná die Spele. Hoewel die Belgiese atleet, Marieke Vervoort, reeds in 2008 goedkeuring gekry het vir genadedood, ontken sy dat sy gaan sterf in die nabye toekoms. Ook in Suid-Afrika is die proses om genadedood te wettig reeds 'n geruime tyd aan die gang.
    5 min
  • Monitor
    Met die Siriese oorlog wat mense by die miljoene uit die land na sy buurlande dryf, hoor mens heelwat van die grootskaalse las wat Turkye en Jordanie op hulleself geneem het in die verband. Een buurland, waarvan mens minder dikwels hoor, is Libanon. Ek het onlangs self gaan ondersoek instel na die vlugtelingsituasie daar - en het aan Suna Venter vertel op watter wyse die naburige oorlog in Libanon gevoel word...
    8 min
  • Monitor
    Een van die bekendste en mees geliefde skrywers en storievertellers van die 20ste eeu, Roald Dahl, sou vandag sy 100ste verjaardag gevier het. Hy is op 13 September 1916 in Wallis gebore. Hy was ook 'n vegvlieënier, digter en draaiboekskrywer. Dianke Nel het meer oor Dahl se nalatenskap gaan uitvind.
    5 min
  • Monitor
    In Orania in die Nood-Kaap is 'n huis wat gebou is op die Hollandse Aardskip-konsep. Die enigste water wat gebruik word om die huishouding te onderhou, is reënwater. Marlinee Fouche berig dat die elektroniese ingenieur, Ludwig Everson, die reënwater wat hy opvang vier keer kan sirkuleer. Hy is glad nie afhanklik van die munisipaliteit vir sy water nie.
    6 min
  • Monitor
    Huiswerk vir laerskoolkinders is 'n ou debat wat gereeld opvlam. By die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie simposium verlede week in Port Elizabeth , het skoolhoofde weer regop gesit toe 'n hoof van Vishoek vertel het van die groot sukses by sy skool nadat hy huiswerk afgeskaf het. Hy het bevind dat daar geen waarde in huiswerk is na 'n hele skooldag nie. Hy meen die sowat sewe ure van die skooldag behoort meer dinamies te wees. Veronica Fourie het gaan ondersoek instel.
    9 min
  • Monitor
    Dis nie net huiseienaars wat stadig maar seker die groen roete volg met hulle waterstelsels nie, maar ook die gasvryheidsbedryf. Die Verde Hotel in Kaapstad bespaar daagliks sowat 6 000 liter drinkwater deur middel van hulle unieke suiweringstelsels. Marlinee Fouche berig...
    3 min
  • Monitor
    Die ernstige landwye droogte waterskaarste wek groot kommer. Damvlakke is op die laagste in jare en en daar is onsekerheid oor die verwagte reënpatrone. Rolspelers in die waterbedryf sal later vandeesmaand by 'n konferensie in Johannesburg besin oor beleidskwessies en vaardighede wat nodig is vir die bestuur van waterbronne. Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Monkonyane, glo Suid-Afrika kan klaarkom met die min beskikbare water as mense hulle gedragspatrone verander en spaarsamig te werk gaan. Gebruikte water wat as gryswater beskryf word, kan vir 85% van watergebruik heraangewend word.
    3 min
  • Monitor
    Terwyl daar landwyd kommer is oor die probleme wat tersiëre instellings teister, het studente opnuut 'n rede gekry om trots te wees op hulle universiteit. En nee, dit is nie weens rugby nie, maar koorsang. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer gaan uitvind oor die kore wat landwyd kompeteer om as die beste universiteitskoor aangewys te word.
    7 min
  • Monitor
    Die einde van die Aurora-sage is in sig. Daar is gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof 'n skikking tussen Solidariteit en Khulubuse Zuma bereik, waarvolgens Zuma R23-miljoen se skadevergoeding aan Pamodzi en Aurora se likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is ingevolge 'n bevel van regters Davis en Janse van Nieuwenhuizen gesekwestreer. Suzanne Paxton praat hieroor met die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners