Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Suid-Afrikaanse egpaar het ter viering van hulle huwelik oor die Stille Oseaan geroei, van Kalifornië in die VSA na Hawaii. Riaan Manser en Vasti Geldenhuys het gister, ná 39 dae op die oop see, in Hawaii aangekom en boonop die wêreldrekord vir die vinnigste roei oor die oseaan opgestel. Hulle is ook die enigste Suid-Afrikaners wat die roete al geroei het. Anita Visser praat met Riaan Manser uit Hawaii.
    5 min
  • Monitor
    Die DA het, soos in die Baai en Tshwane, beheer oorgeneem van die Johannesburgse metroraad. Die nuwe burgemeester Herman Mashaba is Anita Visser se gas.
    13 min
  • Monitor
    Hoewel die land trots is op sy atlete wat altesaam 10 Olimpiese-medaljes huis toe gebring het, is kenners dit eens: tien is nie genoeg nie, ons kan beter doen. Maar wat moet die land, sy atlete en die owerheid anders doen om prestasie te verbeter? Hanri Wondergem het hierdie vraag aan kenners gestel.
    7 min
  • Monitor
    ʼn Nano-satelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch en CubeSpace ontwikkel is, word in Januarie 2017 saam met 49 ander nano-satelliete vanuit die Internasionale Ruimtestasie gelanseer as deel van die internasionale QB50-projek. Dianke Nel het met die die groephoof van satellietnavorsing by die Departement Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Herman Steyn, gepraat oor die ZA-AeroSat
    4 min
  • Monitor
    Suid-Afrikaners het vir die vierde agtereenvolgende jaar aangedui dat vervoer een van die drie grootste kwelpunte in die land is. Dit het aan die lig gekom in 'n meningspeiling deur die Universiteit van Johannesburg. Hanri Wondergem het by Gert Heyns, 'n lektor verbonde aan die universiteit se Instituut vir Vervoer en Logistieke Studies, gaan kers opsteek oor moontlike oplossings vir die probleme.
    5 min
  • Monitor
    In 136 jaar van moderne rekordhouding is Julie 2016 as die warmste maand nog ooit op aarde aangeteken. Dit volg ná 'n maandelikse ontleding van wêreldwye temperature deur wetenskaplikes by die Amerikaanse ruimte-agentskap, NASA. Julie 2016 was 0,1grade Celsius warmer as die vorige rekord vir Julie in 2015, 2011 en 2009. Prof. Hannes Rautenbach, die hoofwetenskaplike van klimaatsverandering by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het aan Dianke Nel gesê dit is ook moontlik dat 2016 as die warmste jaar ooit kan wees word.
    4 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse atleet, Wayde van Niekerk, het die wêreld steeds aan die gons nadat hy Sondag by die Olimpiese Spele 'n jare-oue wêreldrekord in die 400 meter wedloop verbeter het. Hy het ook Suid-Afrika se eerste gouemedalje by vanjaar se Spele ingepalm. Melissa Tighy het met sy ma, Odessa, in Rio de Janeiro gesels.
    3 min
  • Monitor
    Die Olimpiese gouemedalje-wenner Wayde van Niekerk is nie die enigste in sy familie om vanjaar 'n medalje huistoe te bring nie. Van Niekerk se neef, Cheslin Kolbe, het 'n bronsmedalje saam met die Suid-Afrikaanse sewes rugbyspan gewen. Van Niekerk se laerskoolonderwyser sê Wayde was nog altyd goed gemotifeerd. Carmel Loggenberg doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Suid-Afrika se naelloopsensasie, Wayde Van Niekerk, het sy afrigter die krediet vir sy prestasie gegee. Volgens Van Niekerk het die 74-jarige oumagrootjie, Anna Botha, hom tot die volgende vlak gedruk en laat glo dat enigiets moontlik is. Ten spyte van die 50-jaar ouderdomsgaping het die twee 'n merkwaardige vennootskap opgebou. Justin Kennerley doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die wêreldbekende sanger en skrywer, Leonard Cohen, se hartroerende laaste brief aan Marianne Ihlen op haar sterwensbed het menige harte geroer en wye reaksie ontlok. 'n Joernalis van die Mail and Guardian, Suzanne Moore, sê in haar artikel Cohen het 'n baie skaars ding reggekry - om met klaarheid en helderheid oor die dood te praat.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners