Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Kunsvliegvertonings is een van die gewildste items by lugskoue. Jy kry vlieeniers wat solo-vertonings lewer, en vlieeniers wat in formasie vlieg. Suid-Afrika het 'n tyd lank beperkte formasie-vertonings gehad. Maar in 2013 het 'n groep vlieeniers besluit dit is veel lekkerder om saam te vlieg as alleen....en 'n jaar later het hulle hul eerste vertoning by die Zebula lugskou gelewer. Justin Kennerley het 'n oggend met die Raptors Aeroteam deurgebring om te sien waarom die span so gewild onder toeskouers is.
    6 min
  • Monitor
    Net genoeg om die familie aan die lewe te hou, dis al wat die vissermanne aan die Weskus voor hoop. Die gemeenskap met hul unieke behoeftes is afhanklik van die see om 'n bestaan te voer. Dit word telkens gekompliseer deur probleme met visvangregte wat die manne en vroue gereeld warm onder die kraag het. Melissa Tighy en Izak du Plessis het Lambertsbaai met die oog op die naderende plaaslike verkiesings besoek om te hoor hoe die politiek in die geweste staan.
    12 min
  • Monitor
    Die droogte hou nie net negatiewe gevolge in vir mense nie, maar ook vir insekte. Die vraag is nou of enigiets wat ons gewone mense doen insekbevolkings kan red? Daar is mense wat boodskappe op sosiale media versprei, wat meen dat ons veral bye met suikerwater moet voer, om hulle voortbestaan te help verseker. Marlinee Fouche het by RSG se natuurkenner, Dave Pepler, gaan uitvind of daar enige waarheid hierin steek...
    4 min
  • Monitor
    Het jy geweet dat daar iets bestaan soos handsak-verekering? Dit is spesifiek daar om vroue wie se handsakke gesteel word, te help om die besittings daarin te vervang. 'n Versekeringskonsultant wat in haar voertuig van haar besittings beroof is, sê dis opvallend dat heelwat vroue, nie altyd weet waarvoor hulle in aanmerking kom nadat so iets gebeur het nie. Marlinee Fouche berig...
    4 min
  • Monitor
    Die wenner van die Comrades-marathon, David Gatebe, neem meer as 'n miljoen rand huis toe na hy die wedloop gewen het. Die lid van die Tomtom-atletiekklub het die Rus, Leonard Shvetsov, se rekord van 2007 verbeter. Die vroue-kragmeting was 'n geveg tot die bitter einde na die wenner van 2015, Caroline Wostmann, haar voorsprong tien kilometer voor die einde moes prysgee. Minoshni Pillay en Dianke Nel doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Help ons om dwelm-muile in Asiese tronke se vonnisse van doodstraf tot lewenslange tronkstraf te verander. Die hulpkreet kom van Locked Up, 'n organisasie wat Suid-Afrikaners help, wat weens dwelm-verwante misdade in oorsese tronke sit. Volgens die regering is meer as 'n duisend Suid-Afrikaners oorsee gevonnis, waarvan talle tereggestel gaan word. Maar Locked Up se direkteur, Patricia Gerber, betwis die akkuraatheid van die syfers. Sy het met Ivor price gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Media- en regkenners veroordeel die SABC se besluit om nie oor gewelddadige betogings te berig nie. Die besluit is Donderdagaand glo aan die redaksie oorgedra en 'n mediaverklaring daaroor is Vrydagoggend uitgereik. Metzi van der merwe doen verslag.....
    4 min
  • Monitor
    Die joernalis en politieke kommentator, Max du Preez, sê Kaapstad bly - ten spyte van ál sy suksesse - steeds die wêreld se mees ongelyke stad. Hy beskryf die Moederstad as die DA se kroon-juweel, wat wel meer belasting-geld aan arm woonbuurte as ander stede bestee.
    5 min
  • Monitor
    Die Statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê dat opleiding kan help om Suid-Afrikaanse stede te integreer. Dit volg nadat 'n vergelyking tussen die laaste twee sensusse toon dat stede in Suid-Afrika nog steeds volgens ras verdeel is.
    4 min
  • Monitor
    Die sosiale media gons oor 'n spotprent van Jonathan Shapiro, waar hy die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, as 'n aap uitbeeld. Shapiro, beter bekend as Zapiro, het groot kritiek oor die spotprent ontvang, met sommige individue wat dit as rassisties beskou. Shapiro het met Jean Esterhuizen gepraat oor die reaksie op sy spotprent. Hy sê die publiek verstaan verkeerd wat hy oor President Jacob Zuma en Shaun Abrahams se verhouding wou uitbeeld.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners