Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Dis nie elke dag dat 'n kabinetsminister sy landgenote vra om hom te help beskerm teen sameswerings om hom uit sy pos te verwyder nie. Dis egter presies wat gebeur het met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se mediapleidooi Dinsdagmiddag. Die sage het 'n lang aanloop met 'n onvermydelike gevolg as jy die koerante glo. Soos wat die Gautengse dagblad, Star, dit gister gestel het: "The uneasy peace between president Jacob Zuma and his finance minister is quickly unravelling." Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met Pieter du Toit van NUUS24.
    13 min
  • Monitor
    Emily Hobhouse was 'n Britse pasifis wat lig gewerp het op die lyding van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere-oorlog. Haar verslae het opslae gemaak in die Britse parlement en onder lede van die publiek. Marlinee Fouche berig dat Hobhouse sterk teenkanting van haar landgenote ervaar het met haar onthullings.
    5 min
  • Monitor
    Teenkanting in Brittanje teen die Boere-oorlog wat op 11 Oktober 1899 begin het, was aanvanklik skraal, maar het momentum ghekry toe die gerespekteerde joernalis, W.T. Stead, die STOP THE WAR-veldtog begin het. Later sou sy kollega, G.K. Chesterton, sy kritiek ewe sterk verwoord. Die South African Conciliation Committee het hulle geskaar aan die Boere se kant, en in Februarie 1901 het die radikale liberale LP, Lloyd George, die saak in die parlement aangeroer. Vir baie Afrikaners, verpersoonlik Emily Hobhouse egter die stryd wat die boere teen die Khakies gevoer het, met Hobhouse se klem op die toestande in die konsentrasiekampe waaroor sy 'n 15-bladsy verslag aan die parlement geskryf het. Haar naamgenoot en familielid, die 19-jarige Emily Hobhouse, is in die ateljee.
    8 min
  • Monitor
    Die landbousektor verwelkom die polisie en Afriforum se geskiedkundige ooreenkoms om kragte saam te snoer teen plaasaanvalle. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris het in Januarie onderneem om plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal as voorkeurmisdade te verklaar. Monitor het vroeër die week berig oor vyf verdagtes wat 'n gesin by Sunward Ranch naby Koedoeskop in Limpopo op hulle plaas aangeval het. Die Swanepoel-egpaar, albei in hulle laat vyftigs, is met vuurwapens aangehou, aangerand en vasgebind. 'n Negemillimeterpistool, huishoudelike goedere en gereedskap is geroof. Vincent Mofokeng het met Santa Swanepoel oor haar ervaring gepraat.
    3 min
  • Monitor
    'n Nuwe mediese prosedure wat vir mense ontwikkel is, is vir die eerste keer op 'n dier gebruik. Veeartse het 'n gapende wond van die bekende renoster, Hope, behandel nadat stropers 'n jaar gelede haar horings verwyder het. Hope het 'n ikoon in die stryd teen stropers geword nadat sy, ondanks 'n wond van 'n halwe meter wyd, oorleef het. Veeartse hoop dat 'n nuwe tegniek, wat byna soos 'n skoenveter werk, sal help om die wond in so 'n mate te verklein dat dit met 'n inplanting bedek kan word. Dries Liebenberg berig.
    5 min
  • Monitor
    Spits jou ore... ons gaan nou vir jou 'n lied speel wat ouer as 'n duisend jaar is. Die lied is deel van 'n Middeleeuse musiekblyspel wat die afgelope 20 jaar ontleed en aanmekaar gesit is. Justin Kennerley doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Sanral het sy beloftes nagekom en begin om duisende motoriste te dagvaar om in die hof te verskyn oor hulle onbetaalde e-tol rekeninge. Ongeveer 'n duisend dagvaardigings is glo in die laaste week in die Hooggeregshof in Pretoria uitgereik, terwyl 'n verdere 5,000 in ander howe regoor Gauteng uitgereik is. Maar burgerregte-organisasies soos OUTA en AfriForum kom ook hulle beloftes na om motoriste wat sulke dagvaardigings ontvang het, in die hof te verdedig. Jacques Steenkamp doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging lei sedert 1953 honde op om blinde mense by te staan in hulle alledaagse take. Dit is vandag Internasionale Gidshonddag en Marlinee Fouche het by die vereniging gaan besoek aflê, en met die bestuurshoof, Gail Glover, gepraat om te hoor wat hierdie spesiale diere se opleiding behels.
    5 min
  • Monitor
    'n Professor in onderwysreg, Elda de Waal, waarsku dat ouers deels verantwoordelik is vir die hoë vlakke van geweld teen onderwysers in die klaskamer. Dit volg ná 'n skoolhoof van Kraaifontein, buite Kaapstad, glo deur twee leerlinge in sy kantoor aangerand is. De Waal, wat aan die Noordwes-universiteit verbonde is, glo kinders tree gewelddadig op, omdat hulle ouers nie meer onderwysers met respek behandel nie.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners