Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Navorsers aan die Universiteit Kaapstad het kenmerkende genetiese patrone vir ses algemene soorte kanker ontdek. Volgens Professor Kevin Naidoo, is dit 'n mediese deurbraak wat vir vroee kankerdiagnose en geteikende behandeling gebruik kan word.
    4 min
  • Monitor
    Die saak van seksuele teistering teen die Wes-Kaapse voorsitter van die ANC, Marius Fransman, is skynbaar nog ver van verby. Dit is nou ten spyte van 'n besluit van die vervolgingsagesag in Noordwes om weens 'n gebrek aan bewyse, nie te vervolg nie. 'n Beëdigde verklaring van 'n ANC takleier is egter nou na die party se nasionale kantoor gestuur, waarin beweer word dat die klag teen Fransman vervaardig is.
    4 min
  • Monitor
    Regter Dikgang Moseneke het pas afgetree as adjunk Hoofregter in die Konstitusionele Hof. Na verlede week se fanfare en afskeidspartytjies, het hy 'n draai kom maak in die Monitor ateljee waar hy gesels het oor sy lewensfilosofie
    9 min
  • Monitor
    Die Wonderboom lughawe in Pretoria vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar. Om die geleentheid te vier gaan die lughawe en die Stad Tshwane die grootste burgerlike lug- en motorskou in Afrika by Wonderboom aanbied. Dit vind op 11 en 12 Junie plaas. Justin Kennerley het gaan kyk wat die organiseerders beplan.
    4 min
  • Monitor
    Internasionale kampioenkunsvlieëniers sak die naweek op Durban toe vir die Durban Sky Grand Prix. Hulle sal kragte meet teen plaaslike kunsvlieëniers soos Nigel Hopkins, Mark Hensman en Patrick Davidson. Justin Kennerley het gaan uitvind wat die publiek Saterdag kan verwag.
    5 min
  • Monitor
    Die eerste van meer as 'n duisend windturbinekomponente het in Loeriesfontein in die Noord-Kaap opgedaag. Die omgewing sal binnekort die tuiste van die grootste windplaas op die vasteland word. Die 122 windturbines, wat 'n gebied van meer as 12,000 rugbyvelde sal bedek, sal sowat 280 Megawatt elektrisiteit verskaf. Reginald Witbooi het Loeriesfontein besoek en hierdie verslag saamgestel.
    4 min
  • Monitor
    'n Onbekende pastoor van Harare het dit reggekry om die burgerlike samelewing van Zimbabwe aan die praat te kry oor hulle lot. Pastoor Evan Mawarire van Harare het voor Zimbabwe se onafhanklikheidsvieringe in April 'n video op sy Facebook-blad gepos. 'n Maand later het die 39-jarige pastoor meer as 133,000 mense op Facebook bereik. Mètzi van der Merwe berig dat Zimbabwiërs nou openlik op sosiale media oor korrupsie en armoede praat.
    4 min
  • Monitor
    'n Robot-beheerde teleskoop in die koue Noord-Kaapse dorp Sutherland, het 'n nuwe planeet tydens sy roetine waarnemings raakgesien. Die ontwerper van die teleskoop bekend as KELT, die sterrekundige Dr. Rudi Kuhn, sê die teleskoop word gebruik om na transito planete by veral helder sterre te soek. Dit is vir hom as 'n sterrekundige en sy span 'n groot deurbraak, omdat hulle meer navorsing in Suid-Afrika oor hierdie planeet, bekend as die KELT 10B, kan doen. Kuhn praat met Vincent Mofokeng
    5 min
  • Monitor
    Die verbruiker het gister 'n sug van verligting geslaak na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee aangekondig het dat die repokoers onveranderd bly op sewe persent. Dianke Nel vind uit hoe die ekonomiese vooruitsigte lyk.
    5 min
  • Monitor
    Die sakesektor en die vakbondwese het laer getrek om die minister van finansies, Pravin Gordhan, nadat hy gevra het dat die publiek hom en die nasionale tesourie teen die aanslag van ander staatsagentskappe moet beskerm. Sowel die Presidensie as die Nasionale Vervolgingsgesag ontken dat daar sprake is dat Gordhan weens spioenasie in hegtenis geneem sal word, maar dis uit Gordhan se verklaring duidelik dat hy die ergste vrees. Gordhan, wat sedert die jare sewentig by die ANC betrokke is, sê dis vir hom pynlik om die volgehoue aanvalle te aanskou op eerlike en hardwerkende mense wat die demokrasie versterk. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die adjunkuitvoerendedirekteur van Agri SA, Christo van der Rheede, en die sekretarisgeneraal van die vakverbond Fedusa, Dennis George.
    15 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners