Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Daar is 'n spesiale gas in die ateljee. Juliet is 'n gidshond-in-wording en ontvang opleiding by die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging in Johannesburg. By haar is Carina Kurpershoek wat die praatwerk sal doen. Sy is die vereniging in Johannesburg se toesighouer oor die opleiding van klein hondjies.
    11 min
  • Monitor
    Die bekroonde Suid-Kaapse Kinderkoor is onderweg na België vir die 64e Europese Musiekfees vir die Jeug in Neerpelt. Dis die enigste koor op die vasteland wat genooi is. Die koor is as wêreld-ope-kampioen bekroon by die Wêreldkoorspele wat in 2014 in Letland gehou is. Hulle was ook die wenner van die ATKV-Animato-koorwedstryd in dieselfde jaar. Tanya Krause doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het die regte van vier van die land se vyf groot sportfederasies opgeskort om te bie vir, óf gasheer te wees vir groot byeenkomste in Suid-Afrika, weens onvoldoende transformasie. Die sportsoorte wat geraak word is atletiek, krieket, rugby en netbal. Mbalula tree op ingevolge die bevindings van 'n derde verslag van die sogenaamde Eminent Persons Group. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die Adjunkminister van Sport, Gert Oosthuizen.
    22 min
  • Monitor
    Hierdie bydrae bevat beskrywings wat ontstellend vir sensitiewe luisteraars kan wees. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se 2015 verslag oor padveiligheid sê Afrika se paaie is die dodelikste ter wêreld. Veertig van die 50 lande met die hoogste getalle padsterftes is in Afrika. Een van hulle is Suid-Afrika. Die land het een van die beste padnetwerke op die vasteland, maar elke jaar sterf duisende mense in padongelukke. Wat gebeur op die land se snelweë en strate? Darren Taylor doen verslag, in die eerste van 'n reeks stories oor die voortslepende nagmerrie op Suid-Afrika se paaie.
    7 min
  • Monitor
    Die leier van die EFF, Julius Malema, het 'n onstellende uitlating gemaak in 'n onderhoud met die televisienuuskanaal Al Jazeera, wat Saterdagaand uitgesaai is. Hy het in die onderhoud met aanbieder Jonah Hull gesê as die ANC voortgaan om met geweld op betogings te reageer, die EFF se geduld sal opraak en hulle die regering deur die loop van 'n geweer sal verwyder.
    3 min
  • Monitor
    Die Haaie-rugbyspan en Durban Toerisme het 'n inisiatief van stapel laat loop om Curriebeker-rugby in Durban se townships te speel. Al was die wedstryd teen Namibië in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion gestroop van die glans van Kings Park se Haaitenk, het die atmosfeer 'n sprankel van sy eie gehad. Toeskouers het gesê die inisiatief stel meer mense bloot aan rugby, en bevorder verhoudings tussen mense van verskillende agtergronde.
    4 min
  • Monitor
    Ondanks die versekering dat die sogenaamde Tripple M (MMM) skema nie sal platval nie en mense se finansies sal aanvul, is kenners dit eens: bly weg! Ryk van Niekerk, die redakteur van Moneyweb en aanbieder van ons sustersprogram Finansiële Fokus op Sondagaande, het die geskiedenis van Tripple M aan Hanri Wondergem verduidelik. Hy sê diegene wat daarby betrokke is, gaan nog krokodiltrane huil.
    6 min
  • Monitor
    'n Oorlewende van die Joodse volksmoord, Eva Schloss, wat dikwels die stiefsuster van Anne Frank genoem word, het 'n uitstalling by die Durbanse Holocaust Museum geopen. Die uitstalling is 'n huldeblyk aan die lewe en kuns van haar broer, Heinz Geiringer,- wat nes Anne Frank, in 'n Nazi-konsentrasiekamp gesterf het enkele dae voor die Geallieerde magte opgedaag het. Met die uitstalling doen Schloss haar pa se belofte aan haar broer gestand dat sy lewe saak sal maak. Dries Liebenberg berig.
    7 min
  • Monitor
    Die aanlyn-ontmoetingsagentskap Blesserfinder laat die nekhare rys en die beursies omdop. Die agentskap het oornag suksesvol geword onder die hutsmerk "Morals Must Fall". Dit word uit verskeie oorde gekritiseer as 'n broeiplek vir buite-egtelike verhoudings en sogenaamde Sugar Daddies. Marlinee Fouche het gaan hoor waaroor die bohaai nou eintlik gaan.
    4 min
  • Monitor
    Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat die volgende bydrae onstellend kan wees. 'n Vrou, wat as kind glo ses jaar lank deur haar pa verkrag is, het ná 28 jaar besluit om haar storie te vertel en 'n klag teen haar pa aanhangig te maak. Die vrou, wie se naam aan Monitor bekend is, hoop haar verhaal spoor ander slagoffers aan om ook die stilte te verbreek. Hanri Wondergem het met die vrou gepraat oor die traumatiese ervarings wat haar lewe verander het.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners