Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Om dood te gaan is ons almal se voorland, maar dis iets waaroor daar saggies of selde gepraat word. In die lig van Leonard Cohen se hartroerende brief aan die sterwende Marianne Ihlen, sy muse en geliefde van tien jaar, het Marlinee Fouche met verskeie mense gepraat wat op 'n gereelde basis met die dood te doen kry. Die vraag is eenvoudig, en die antwoord kompleks: praat ons GENOEG en SINVOL oor die dood?
    20 min
  • Monitor
    'n Blou golf het die naweek oor Nelson Mandelabaai gespoel toe die DA sy oorwinning gevier het as die grootste party in die metro. Die party het 46,71% van die stemme in die munisipale verkiesing ingepalm, en die ANC 40,92%. Die metro word gesien as 'n ANC-vesting omdat talle struggle-helde hulle wortels daar het. Veronica Fourie het die feesvierings bygewoon.
    7 min
  • Monitor
    Die Parsemus Stigting in die V.S.A. het pas aangekondig dat Vasalgel dalk binnekort op die mark sal wees. Dit is 'n produk wat werk vir mans, soos die pil vir 'n vrou. Dr Amir Zarrabi is 'n urolooog by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal, en spesialiseer in manlike infertiliteit en mikrosjirurgie. Hy sê dit is 'n reuse vooruitgang.
    8 min
  • Monitor
    'n Paar maande gelede was Charles Visser teen die spreekwoordelike planke. Die vryskutskrywer en teksredakteur se werkgeleenthede het die afgelope vier jaar drasties opgedroog. Dit het eers periodiek gebeur, tot dit later sommer vir maande voortgeduur het. Hy móes net 'n plan maak om nie een van die land se werkloosheidstatistieke te word nie. Die oplewing van Uber in Suid-Afrika het vir Visser 'n lewensboei geword. Izak du Plessis vertel sy storie.
    6 min
  • Monitor
    'n Slag wat bykans vergete is – dit is die Slag van Delvillebos tydens die Eerste Wêreldoorlog. President Jacob Zuma is in Frankryk en onthul vandag (12 Julie 2016) 'n muur van herinnering vir alle Suid-Afrikaners wat in die Eerste Wereldoorlog gesneuwel het. Dit is ook die 100e herdenking van die Slag van Delvillebos waarin daar na raming meer as 3 000 Suid-Afrikaanse soldate dood is. Hanri Wondergem praat met 'n historikus en afstammelinge van soldate wat aan die slag deelgeneem het. Sy het ook argiefklank gekry van vertellings deur die enkeles wat die veldslag oorleef het.
    10 min
  • Monitor
    Die sewe SAUK-joernaliste wat of geskors is, of wag op datums vir tugverhore, is die naweek deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum vereer. Adriaan Basson, News24 se nuusredakteur en SANEF se tesourier, het aan Marlinee Fouche gesê die Nat Nakasa-toekenning is die hoogste vlak van erkenning wat die forum aan joernaliste oorhandig.
    3 min
  • Monitor
    Agt joernaliste van die SAUK is die afgelope naweek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum se Nat Nakasa-toekenning vereer. Van die joernaliste, insluitend Suna Venter en Foeta Krige van Monitor, is geskors of wag vir datums van tugverhore. Dit volg nadat hulle hulle uitgespreek het teen die uitsaaier se verbod op beeldmateriaal van gewelddadige protesoptredes. Gesprekke rondom mediavryheid het die geleentheid gekenmerk. Zolisa Sigabi, Thabile Mbhele en Marlinee Fouche berig dat verskeie sprekers beklemtoon het dat die media toegelaat moet word om hulle werk te doen, sonder intimidasie.
    5 min
  • Monitor
    Die dogter van een van Suid-Afrika se mees berugte, vermeende misdadigers het 'n boek oor haar lewe geskryf, oor die jare van mishandeling. Die boek se titel is MISHANDEL, MISBRUIK, MISKEN: JOEY HAARHOFF WAS MY MA. Die skrywer is Carla van der Spuy en dit word uitgegee deur Lapa. Dit vertel die storie van Amor van der Westhuyzen, dogter van Joey Haarhoff, die vrou wat daarvan verdink is dat sy jong dogtertjies ontvoer het vir haar pedofiel-vriend, Gert van Rooyen. Nou vertel Amor haar storie. Sy was self 'n slagoffer, maar nie Gert van Rooyen s'n nie. Haar ma is die persoon wat haar mishandel het, berig Alet van Rensburg.
    12 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse regisseur, Gavin Hood, se jongste rolprent het soveel mense die naweek na Prins Albert gelok, dat die organiseerders twee ekstra teaters daarvoor moes beskikbaar stel. Dit was 'n groot trekpleister vir besoekers van die In die Karoo Filmfees wat in die dorpie plaasgevind het. Hood het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat FIELA SE KIND een van sy gunsteling rolprente is. Hood het bekendheid verwerf toe hy in 2006 'n Oscar vir die fliek TSOTSI gewen het.
    6 min
  • Monitor
    Twee dae ná die Soweto-opstande van 1976 is die land geruk deur die eerste werklike veroordeling van apartheid vanuit die wit, Afrikaner-establishment. Die Erika Theron-kommissie se verslag, op 18 Junie 1976, is egter deur die Vorster-bewind in die politieke asblik gegooi. Haar aanbevelings dat die ontug-wet, die groepsgebiede-wet en die wet op gemengde huwelike geskrap word, is eers nege jaar later opgediep. Ons praat telefonies met 'n destydse lid van die Theron-kommissie, prof. Sampie Terblanche... En hier by my in die ateljee is die oud-koerantman en politieke kommentator, Harald Pakendorf...
    16 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners