Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Kommersiële boere speel 'n uiters belangrike om ekonomiese stabiliteit en voedselsekerheid te verseker. Dis die boodskap by die Landbou-organisasie , TLU SA, se jaarkongress. Die voorsitter van Agri All Africa, dr. Theo de Jager, het tydens die opening van die kongres gesê dat beleidsekerheid ook 'n belangrike rol te speel in voedselsekerheid in Suidelike Afrika. Suzanne Paxton praat met hom.
    7 min
  • Monitor
    Sakevertroue het in die derde kwartaal effe verbeter, nadat die Rand Aksepbank en Buro vir Ekonomiese Ondersoek se sakevertroueindeks die afgelope sewe kwartale gedaal het. Die indeks het met 10,42 indekspunte gestyg. Suzanne Paxton praat hieroor met die hoofekonoom van RMB, Ettiene le Roux.
    8 min
  • Monitor
    Soldate van 10 SA Infanteriebataljon wat tans in Ladybrand in die Vrystaat gestasioneer is, het onlangs 'n huis ontwerp en gebou om dit vir 'n 106-jarige man en sy 84-jarige vrou te gee. Tydens 'n besoek aan die plaaslike gemeenskap het hulle gesien onder watter moeilike omstandighede die Mosenya-egpaar bly. Die bevelvoerder van die eenheid, luitenant-kolonel Tienie Slabber, sê die soldate het tussendeur hulle grenspatrollies en ander werk geld ingesamel vir die huis en later self die huis ontwerp en gebou.
    3 min
  • Monitor
    Die ANC vra president Jacob Zuma om streng op te tree teen die Minister van Mineralebronne, Mosebenzi Zwane. Dit volg nadat Zwane 'n verklaring uitgereik het wat aandui dat die regering 'n regterlike kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se grootste banke van stapel gaan stuur. Zwane het Vrydag die verklaring uitgereik wat sê dat die kabinet ooreengekom het op 'n aanbeveling dat die president die regterlike kommissie moet aanstel om ondersoek in te stel na waarom die banke bande met die Guptabeheerde Oakbay Investments verbreek het. Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, sê die regerende party vra Zuma om Zwane te berispe oor die verwarring wat hy geskep het deur sy irrasionele en onverantwoordelike verklaring. Suzanne Paxton praat hieroor met prof. Susan Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand se Skool vir Regeerkunde.
    10 min
  • Monitor
    Vreemde seine van ander sterrestelsels en planete laat mense opnuut wonder oor die bestaan van intelligente ruimtewesens. Dit is weer 'n besprekingspunt nadat Rusland bekend gemaak het dat hy met 'n radioteleskoop 'n sein opgetel waarvan die oorsprong duister is. Dr. Pieter Kotze, 'n senior navorser by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, sê daar is te veel onsekerhede om enige gevolgtrekking oor intelligente lewe te kan maak.
    4 min
  • Monitor
    Wetenskaplikes meen die aarde het 'n nuwe geografiese tydvak betree. Hulle is dit eens dat die mensdom met besoedeling en kerntoetse 'n 11,700 jaar oue tydvak kortgeknip het. Ons is nou nie meer in die Holoseen-tydperk nie, maar in die Antroposeen-tydperk. Hanri Wondergem het agter die kap van die byl probeer kom.
    5 min
  • Monitor
    'n Voorlegging is vanjaar tydens die begroting gemaak om suikerbelasting op versoete drankies teen aanstaande jaar in Suid-Afrika in te stel. Dit word gedoen omdat die Departement van Gesondheid Suid-Afrikaners se oormatige inname van suiker wil beperk. Die seniorbestuurder van Doeane en Internasionale Handel by die ouditeursfirma Deloitte, Pieter Marais, het aan Dianke Nel gesê die spertyd van April 2017 sal moeilik haalbaar wees vir die belasting om van krag te word.
    4 min
  • Monitor
    Volgens 'n geregistreerde dieetkundige en dosent by die Departement Mensevoeding by die Universiteit van Pretoria, Vanessa Kotze, bevat een suikerversoete drankie (gaskoeldrank of vrugtesap) sowat agt teelepels suiker. Dianke Nel het by by Kotze gaan uitvind of suikerbelasting wel 'n invloed kan hê op mense se suiker-inname.
    4 min
  • Monitor
    "Ek moes eers leer om myself te aanvaar vir wie ek is, voordat ek die woorde NOEM MY MAAR 'N SKOLLIE kon sê". So sê 'n gewese bendelid en Pollsmoor-gevangene, John Fredericks, oor sy lewensverhaal wat hy vir die gelyknamige fliek neergepen het. Kritici was gaande oor die rolprent toe dit hierdie week die eerste keer by die Silwerskermfees vertoon het, met kenners wat voorspel dat verskeie toekennings, insluitend 'n Oscar, moontlik kan wink. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig vanuit Kampsbaai.
    5 min
  • Monitor
    Tot soveel as 160 mense het na raming in die aardbewing in die Umbria-gebied in Sentraal-Italië omgekom. Baie mense was vasgekeer en beseer in die puin van geboue. Die krag van die aardbewing is tussen 6,0 en 6,2 op die Richterskaal gemeet. Lorenso Meusburger wat sy ouma in die dorpie Accumoli besoek, het gister gesê dit gaan goed met hulle. Die dorp is sowat 35 minute se reis per motor wes van die episentrum van die aardbewing.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners