Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Meta-studie deur neurowetenskaplikes van die Universiteit van Sydney in Australië het nuwe bevindings oor demensie en die aftakeling van breinfunksies bekendgemaak. Heindrich Wyngaard praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.
    7 min
  • Monitor
    Julius Malema, die leier van die EFF, het opnuut opspraak gewek met sy vyandige uitsprake teenoor Afrikanermans. "Afrikaner boys, die poppe gaan dans," het hy eergister buite die landdroshof in Bloemfontein gesê en bygevoeg: "Die EFF kom vir julle!" Heindrich Wyngaard praat hieroor met twee menseregtepraktisyns, dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat, en Stan Henkeman, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad.
    14 min
  • Monitor
    Daar is mense wat dink dat die kerk se besluit oor Gays, polarisering in die kerk veroorsaak, wat groot skade aanrig. Marlinee Fouche berig oor een NG-predikant se ervaring van die gemeenskap se pyn, en 'n ander wat glo die strydbyl moet neergelê word, sodat 'n ander uitweg gevind kan word.
    5 min
  • Monitor
    Daar is mense wat dink dat die kerk se besluit oor Gays, polarisering in die kerk veroorsaak, wat groot skade aanrig. Marlinee Fouche berig oor een NG-predikant se ervaring van die gemeenskap se pyn, en 'n ander wat glo die strydbyl moet neergelê word, sodat 'n ander uitweg gevind kan word.
    4 min
  • Monitor
    Die besluit wat oor Gays in die kerk geneem is by verlede week se algemene vergadering van die NG Kerk se Sinode, het verskeie mense wat daar was na trane gedryf. 'n Gay NG proponent, Hennie Pienaar, het aan Marlinee Fouche gesê dit het gevoel asof die kerk hom beskou as iets wat afgryslik is.
    5 min
  • Monitor
    "Die kerk is nou op n ander plek." Dit is die woorde wat die NG Kerk se moderator, ds. Nelis Janse van Rensburg, gebruik het om sy verslaentheid uit te spreek oor verlede week se besluit van die algemene sinode om enige huwelik tussen Gay-lidmate te fnuik. Net verlede jaar het dieselfde sinode beslis dat NG predikante burgerlike verbintenisse tussen Gay-egpare mag voltrek. Te midde van ten minste een dreigende hofsaak en aanklagtes van liefdeloosheid, praat ons vandag met die NG Kerk se voormalige moderator, prof. Nelus Niemandt, en ds. Johan Ernst wat ook die sinodesitting bygewoon het.
    16 min
  • Monitor
    Die ikoniese trekklavierspeler en komponis, Nico Carstens, is gisteraand in die ouderdom van 90 oorlede. Hy het meer as 2,000 musiekstukke gekomponeer, waarvan die bekendste die treffer, Zambezi, was. Een van sy vier kinders, Klem Carstens, het aan Dianke Nel gesê Nico, of Oubaas soos hy hom noem, het 'n vol lewe gehad.
    5 min
  • Monitor
    Die Nasionale Vervolgingsgesag wou nie berigte bevestig dat die aanklagte van bedrog teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, teruggetrek gaan word nie. Gordhan en twee voormalige senioramptenare van die inkomstediens, Oupa Magashule en Ivan Pillay, moet Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn. Verskeie organisasies en kommentators sê egter die aanklagte het min om die lyf en behoort teruggetrek te word. 'n Burgerregte-organisasie wat onlangs gestig is, Save SA, het besluit om Woensdag by die hof te gaan betoog. 'n Woordvoerder vir die organisasie, Anso Thom, het aan Hendrik Martin gesê hulle gaan voort met die betoging al word die aanklagte teruggetrek.
    6 min
  • Monitor
    Die afgetrede adjunkregterpresident van Suid-Afrika, Dikgang Moseneke, sê studente kan 'n verandering by die stembus afdwing as hulle ontevrede is met die huidige stand van sake. Hy was die hoofspreker by Unisa se jaarlikse Stigterslesing in Pretoria. Hy sê die geweld wat met die #FeesMustFall-beweging gepaard gaan, kan die regmatige eis vir algehele toegang tot hoër onderwys, onderworpe aan redelike kwalifikasies, in die wiele ry.
    4 min
  • Monitor
    Die konstitusionele hof se hoofregter, Mogoeng Mogoeng, het tydens die O.R. Tambo-gedenklesing in Johannesburg nie doekies omgedraai oor brandende kwessies wat Suid-Afrikaners direk raak nie. Hy het passievol gepraat oor die noodsaaklikheid om 'n ekonomiese afgradering te voorkom.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners