Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Longkanker, servikale kanker en slukdermkanker is die drie dodelikste kankers in Suid-Afrika, volgens die New Global Burden of Disease verslag. Die studie bevat 'n ontleding van 32 kankersoorte in 195 lande. Prof. Benn Sartorius van die Universiteit van KwaZulu-Natalis een van die outeurs van die verslag. Hy het aan Dianke Nel gesê daar is in 2015 byna 115,000 nuwe gevalle van kanker in Suid-Afrika aangemeld, en meer as 58,000 mense het in die tydperk weens kanker gesterf.
    3 min
  • Monitor
    Hier en daar is daar vandag steeds diegene wat Geloftedag vier, hetsy by die Paardekraalmonument in Krugersdorp, die Voortrekkermonument in Pretoria, of elders. Dit dag word egter vandag nie herdenk soos 'n paar jaar gelede toe duisende die vieringe bygewoon het nie. Marlinee Fouche het om die tafel gesit met Babs Brits, Rick Barnard en Christo Fouche om te hoor wat hulle van vroeër jare kan onthou. Hulle het die dag by die Paardekraalmonument herdenk.
    7 min
  • Monitor
    Babs Brits was by die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949. Sy vertel vir Marlinee Fouche wat sy van die dag onthou.
    3 min
  • Monitor
    16 Desember is eers verbind aan die Slag van Bloedrivier in 1838, wat jaarliks herdenk is as Geloftedag. Dis ook die dag waarop die ANC se millitêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, gestig is. Vandag vier ons Versoeningsdag. Marlinee Fouche het by die historikus en skrywer, Herman Giliomee, gaan hoor of daar 'n verbintenis is tussen die drie.
    6 min
  • Monitor
    Die amptelike nasionale Versoeningsdagvieringe vind vandag in Gopane naby Zeerust in Noordwes plaas. Hoe ver het Suid-Afrika se versoeningsprojek tot nou gevorder?
    7 min
  • Monitor
    'n Oorwinning vir die grondwet, is 'n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners. So sê die aktivis en voormalige regter in die Konstitusionele Hof, Albie Sachs. Jamaine Krige het by die bekendstelling van sy boek, We The People, met hom gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Die twintigste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse grondwet is Saterdag in Sharpeville in Gauteng gevier. Wyle president Nelson Mandela het die grondwet op 10 Desember 1996 in Sharpeville gepromulgeer. 'n Oudprofessor in staatsreg by UNISA, Marinus Wiechers, sê hoewel dele van die grondwet behoue moet bly, is daar ook ruimte vir hersiening. Wiechers was betrokke by die skryf van die oorspronklike grondwet-dokument.
    5 min
  • Monitor
    Inwoners van Orania in die Noord-Kaap wil hê sake in die dorp moet bly net soos dit is. Reginald Witbooi het die dorp besoek in die lig van die 20ste bestaansjaarvieringe van die Suid-Afrikaanse grondwet.
    5 min
  • Monitor
    'n Zimbabwiese immigrant het 'n suksesvolle besigheid in Johannesburg gevestig deur alledaagse items, soos handsakke, uit afvalmateriaal te vervaardig. Die 35-jarige Thamba Tabvuma is 'n hartstogtelike omgewingskundige en 'n kunstenaar wat met herwinbare voorwerpe werk. Hy sê sy filosofie is eenvoudig: Gooi niks weg nie want enigiets het die potensiaal om herwin te word en in funky en funksionele produkte verwerk te word. Darren Taylor doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    'n Aankondiging deur pres. Jacob Zuma, vandag presies een jaar gelede, het aanleiding gegee tot wat beskou word as die grootste finansiële krisis wat Suid-Afrika ná 1994 getref het, met 'n koste vir die ekonomie van by die R500-miljard. Heindrich Wyngaard het met kenners hieroor gepraat.
    7 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,760 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,378 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners