Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Kuns kan gebruik word om maatskaplike kohesie, in 'n oënskynlik verdeelde gemeenskap, te bewerkstellig. So meen Desiree Barnard, wat binnekort haar meestersgraad Cum Laude by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sal ontvang. Haar navorsing het gefokus op die gebruik van kuns as 'n intervensiemiddel in die Olifantsriviervallei gemeenskap, wat Vredendal, Lutzville en Klawer in die Wes-Kaap insluit.
    5 min
  • Monitor
    Die jongste uitgawe van die wetenskapsjoernaal, Nature, berig dat die klassifikasies van dinosourusse hersien sal moet word. In die Britse studie het hulle bevind dat sommige dinosourusse selfs nou aan ander familiegroepe moet behoort. Melissa Tighy doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die hewige debat wat hierdie week ontketen is deur die sogenaamde Spur-voorval, het die vraag laat ontstaan of identiteitspolitiek die plaaslike openbare diskoers oorgeneem het? Heindrich Wyngaard het met 'n paar kenners en deelnemers aan die openbare debat gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Roelf Meyer, een van die hoofonderhandelaars tydens Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie, sê die Grondwet moet die rigtingwyser wees in 'n debat soos die oor identiteitspolitiek.
    2 min
  • Monitor
    Spastiese diplegie, of te wel dubbelsydige verlamming, was nog altyd deel van die 23-jarige Anita Engelbrecht se lewe, maar dit keer haar glad nie om grense te verskuif nie. Nie net het sy bo alle verwagtinge op skool presteer nie, sy het ook verlede week 'n B. Com.-graad in bestuursrekeningkunde verwerf, en is besig om te oefen vir haar tweede Comrades-marathon.
    4 min
  • Monitor
    'n Opgewonde gesin op 'n Sondagaand op die N1, op pad na 'n vakansiebestemming... Hulle 23-maande-oue dogtertjie is op die agtersitplek in haar babastoeltjie. Skielik is daar donkerte toe haar pa beheer van die voertuig verloor. Daar is nagte in die hospitaal langs haar bed, en nuus dat sy ernstige breinskade opgedoen het. Hulpeloosheid. Spring ses jaar vorentoe na 'n agtjarige dogtertjie wat haar gedagtes in haar boomhuis begin neerskryf. En dan, 21 jaar vorentoe, na die bekendstelling van haar boek: HOOP BESTAAN. Dít is die storie van die 23-jarige Claudine Lombard, wat die afgelope naweek haar hartsgeheime gedeel het, nie net met die wêreld nie, maar ook met haar ma Joan en pa Andre Lombard. Die gesin het by Suna Venter in die ateljee gekuier om te vertel hoe die geheime dagboek hulle lewens verander het.
    11 min
  • Monitor
    Suid-Afrikaners vier vandag Menseregte. Weet jy wat jou regte is? Weet jy wat die historiese betekenis van die dag is? Hier om te help met antwoorde op die vrae, is dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Vrystaatse Universiteit.
    14 min
  • Monitor
    Baie Suid-Afrikaners is geneig om saans te gaan slaap sonder om tande te borsel. Wêreld Mondhigiënedag word vandag gevier, en 'n Johannesburgse tandarts, dr. Mishka Dirk Vrey, het raad oor hoe om jou roetine só aan te pas dat jou mond higiënies bly. Hanri Wondergem het met hom gepraat.
    4 min
  • Monitor
    Die nie-betaling van maatskaplike toelae kan tot sosiale onrus lei, maan die teoloog dr. Chris Jones van die Universiteit Stellenbosch. Terselfdertyd wys hy daarop dat die toelae alleen nie in die lange duur sosiale geregtigheid gaan verseker nie - sowel die regering as gewone burgers sal anders moet begin dink oor hul rol in die verband. Hierdie bydrae deur Heindrich.
    5 min
  • Monitor
    Seksopvoeding is, volgens 'n kenner, die antwoord op die toenemende probleem van blootstelling aan pornografie onder tieners. Navorsing deur die jeugnavorsingseenheid by Unisa se Buro vir Marknavorsing wys dat meer as die helfte van hoërskoolleerders al na pornografie gekyk het. Dr. Antoinette Basson, 'n sielkundige verbonde aan die eenheid sê dit skep 'n verwronge beeld van seks onder die jeug. Hanri Wondergem het die onderwerp met haar deurgetrap.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners