Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Ongebreidelde narsisme of selfgesentreerdheid het skynbaar so aanvaarbaar geraak in die wêreld dat aksies en leierskap tot voordeel van die breë samelewing op die agtergrond geskuif word. Dit is die mening van prof. Kurt April, die nuwe voorsitter van die Allan Gray-sentrum vir waardes-gebaseerde leierskap by die Universiteit van Kaapstad se besigheidskool. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die bekende rugbykommentator Naas Botha, wat ook op sy dag die Springbokke as kaptein gelei het, se voorspellings vóór die Bokke se 0-57 nederlaag teen die All Blacks in die Rugbykampioenskappe-reeks. Heindrich Wyngaard het hom gepols.
    10 min
  • Monitor
    Landboukundiges en voedselwetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch gaan die wêreld se grootste biermaker, Anhauser-Busch InBev SA/NV (kortom AB InBev) oor die volgende drie jaar help met navorsing oor die produksie van gars. Heindrich Wyngaard praat nou hieroor met prof Nick Kotze wat die AB InBev Leerstoel in Agronomie by die Universiteit Stellenbosch beklee.
    5 min
  • Monitor
    Gesondheidsfasiliteite in die Noord-Kaap het nie oogdruppels in voorraad vir gloukoomlyers nie. Pasiënte het glo sedert Julie nog geen oogdruppels ontvang nie. Gloukoom kom voor wanneer vloeistowwe in die oog opbou en die oogsenuwee beskadig. Indien dit nie behandel word nie, kan 'n persoon blind raak. Neo Bodumela berig.
    2 min
  • Monitor
    'n Proses is begin om die plaaslike skakelwese-bedryf formeel te reguleer. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Kavitha Kalicharan, president van die Skakelwese-instituut van Suider-Afrika (PRISA).
    6 min
  • Monitor
    Monitor se aanbieders praat met die strategiese kommunikasie praktisyn Coenraad Bezuidenhout oor die nuwe plan om die skakelwese in Suid-Afrika formeel te reguleer.
    7 min
  • Monitor
    Die Nasionale Bloeddiens ervaar 'n ernstige tekort aan bloedvoorraad. Die streeksbemarkingsbestuurder by die Bloeddiens, Ivor Hobbs, het aan Jean Esterhuizen gesê 'n gebrek aan gereelde bloedskenkers is een van die redes vir die tekort. Hy sê die O-tipe bloedgroep word dringend benodig.
    3 min
  • Monitor
    Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het haar ontmoetings met die Presidensie en die staatsveiligheidsagentskap, tydens haar ondersoek na die Bankorp-kwessie, verdedig. Die Reserwebank beskuldig advokaat Mkhwebane daarvan dat sy met die instansies saamgespan het, om die gesag van die bank te ondermyn. Die bewering is vervat in 'n beëdigde verklaring wat by die Noord-Gautengse Hooggregshof ingedien is.
    3 min
  • Monitor
    Minstens 27 bevestigde gevalle van masels is oor die afgelope paar weke in KwaZulu-Natal aangemeld. Die provinsiale Departement van Gesondheid het 'n groot inentingsveldtog teen masels regoor die provinsie van stapel gestuur. Die department het 'n beroep op ouers gedoen om hul kinders te laat inent. Die LUR vir Gesondheid, Sbongiseni Dlomo, sê die hoër voorkoms van masels kom veral in Moslem-gemeenskappe voor. Dlomo het daarom veral Moslem-ouers wat weens geloofsredes teen inentings gekant is, gevra om aan die oproep gehoor te gee.
    2 min
  • Monitor
    Corruption Watch Suid-Afrika gaan binnekort die VSA se Departement van Justisie vra om die Amerikaanse konsultasie maatskappy Mckinsey & Companies se sake-transaksies in Suid-Afrika te ondersoek. Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, Davied Lewis, sê hulle teiken onetiese gedrag by Eskom, McKinsey en die Internasionale Finansiële Korporasie.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners