Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Ter viering van 2017 se Erfenisdag het Monitor 'n paar mense gevra wat erfenis en Erfenisdag vir hulle beteken. Hierdie bydrae deur Heindrich Wyngaard begin met die digter Diana Ferrus en die musiek van The Sons of Table Mountain in die agtergrond.
    5 min
  • Monitor
    Ook in Nederland word Suid-Afrika se Erfenismaand-tema as deel van die Week van die Afrikaanse roman tussen 29 September en 8 Oktober voortgesit. Die koordineerder van die Week en redakteur van Maandblad Zuid-Afrika, Ingrid Glorie, is deur Heindrich gevra waarom dit belangrik is om die erfenisband tussen die twee lande op hierdie wyse lewendig te hou.
    3 min
  • Monitor
    Die Duitsers gaan Sondag na die stembus te midde van dinamika wat heelwat verskil van die in Frankryk en Nederland. MONITOR praat met die politieke wetenskaplike Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria hieroor.
    8 min
  • Monitor
    Aanlyn diereforums en groepe is 'n plek vir diereliefhebbers en troeteldiereienaars om fotos, oulike stories en selfs gesondheidsIs aanlyn advies vir troeteldiere te deel. 'n Inskrywing op een van die groepe beveel aan dat honde wat aan brandsiekte lei, in vuil olie of diesel gedoop moet word om die velsiekte te behandel. Joan-Marie Verhoef berig dat mense gereeld na die soort groepe draai vir 'n bekostigbare alternatief tot die raad van veeartsenykundiges. Maar is dit altyd wys?
    4 min
  • Monitor
    Kenia word sedert onafhanklikheidswording, regeer deur politici wat nie die belange, van al die 42 bevolkingsgroepe in die land, op die hart dra nie. Dit is die mening van Dr Westen Shilah, van die Universiteit van Johannesburg. Die land se hoogste hof het gister beslis dat die vorige verkiesing in Augustus ongeldig is. Metzi van der Merwe berig.
    4 min
  • Monitor
    Vandag is Wêreld Alzheimer Siekte dag. Dit is een van die drie vorms van demensia, wat die meeste voorkom en die brein aantas. Die tema vanjaar is: "Onthou My". Klem word gelê op die vinnige diagnose van die toestand. 'n Bekende kenner van Plaaslike Regering, Werner Zybrands se vrou, Bibette is veertien jaar gelede met die siekte gediagnoseer. Hy glo dit is belangrik om oop kaarte te speel met die gemeenskap oor die diagnose.
    5 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse regering moet die hoë voorkoms van fetale alkohol sindroom as 'n krisis verklaar. Dit is die mening van Dr. Gavin Williams, van die Oxford-Universiteit in die Verenigde Koninkryk, wat op besoek aan in Suid-Afrika is. Hy het by die Universiteit van die Wes-Kaapland gesê dat die volle omvang van die verskynsel nog onbekend is en dat meer navorsing nodig is. Malixole Gwatyu doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    RSG se Tossie Lochner is vanoggend verras met 'n ATKV mediaveertjie op die lug in Monitor se ateljee. Sy het vanjaar 80 jaar oud geword en is, om 'n effe geykte uitdrukking te gebruik, volksbesit. Luister hier na van haar staaltjies en die oomblik toe sy hoor sy is nie genooi vir 'n gewone onderhoud nie...
    12 min
  • Monitor
    'n Man van Durban dagvaar die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens vir vier-en-twintig miljoen Rand, nadat hy gediagnoseer is met T-Sel Leukemie NA 'n bloedoortapping. Die bloeddiens het die dagvaarding bevestig, en sê die man eis vir mediese omkostes, die verlies van inkomste en skadevergoeding na sy diagnose. Marlinee Fouche berig die bloeddiens het intussen 'n waarskuwing gerig aan dokters en pasiënte, dat siektes wel deur geskenkte bloed oorgedra kan word, selfs al is dit getoets.
    2 min
  • Monitor
    Dokters Sonder Grense het 'n dringende beroep gedoen op die regering van Myanmar om toegang tot die land te kry. Duisende mense kry nie die nodige mediese hulp waarop hulle, volgens die organisasie, geregtig is nie. Duisende Rohingya Moslems uit Myanmar se Rhakine Staat, vlug daagliks na Bangladesh om te ontsnap van die geweld wat teen hulle gepleeg word. Marlinee Fouche berig dat mense uitgeput, siek en beseer by Dokters Sonder Grense aanklop vir hulp. Sy het met Dokters Sonder Grense se Senior Diplomatieke- en Beleidsraadgewer, Jens Pederson, gepraat.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners