Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Akademici en administrateurs van tersiêre instellings is by die Eiffel Corp Innoveringsberaad gekonfronteer met die uitdaging van 'n snelbewegende digitale wêreld en die impak daarvan op hul instellings en leerprosesse. Hoe gemaak met die nuwe geslag tegnologiese gevorderde studente uit die Millennial-generasie? Dis die vraag wat Heindrich Wyngaard aan die adjunkdirekteur: e-Leer en Media-ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria, Dirk Jordaan gestel het.
    8 min
  • Monitor
    Monitor se Aardklop-span praat met Dawid Minnaar oor hoe moeilik dit is om produksies in Afrikaans te vertaal. Hy praat ook oor die produksie Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Rocco de Villiers maak musiek. En op Theo Vorster gee insig oor die Minister van Finansies se Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak, wat later hierdie maand plaasvind.
    19 min
  • Monitor
    Die vroeër reën vanjaar aan die einde van September, beteken nie noodwendig dat dit 'n nat somerreënseisoen gaan wees nie. So sê 'n Klimaatkundige van die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsings raad, dr Francios Engelbrecht. Die eerste reën in die binneland val gewoonlik in die middel Oktober, maar hy sê daar is 'n moontlikheid van 'n La Ninja weerpatroon wat enigiets kan beteken vir reënval in die somer.
    3 min
  • Monitor
    Daar kan dalk teen Maart volgende jaar geen drinkwater in Kaapstad beskikbaar wees nie. Dis indien gesamentlike waterverbruik nie verminder word na 500 miljoen liter per dag nie. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia De Lille het gister die metro se plan om 'n watertekort te vermy bekendgestel. Lynne Arendse berig.
    4 min
  • Monitor
    Vandag is Wêreld Ballet Dag. Dit word gevier met 'n lewendige uitsending op Facebook. Verskeie internasionale geselskappe neem daaraan deel. Dit is die vierde jaar dat die kunsvorm internasionaal met 'n dag gevier word. Nicole Ferreira-Dill, wat op 13 Oktober, die vroulike hoofrol in die Sneeuwitjie ballet by die Johannesburg Teater dans, sê ballet het in die vyftiende eeu in Italië ontstaan.
    4 min
  • Monitor
    Die een positiewe gevolg in Suid-Afrika se politieke landskap, is dat die burgerlike gemeenskap en sommige sakeleiers hardkoppig baklei teen endemiese korrupsie. So sê die Direkteur van die Sentrum vir Eenheid in Verskeidenheid, by die FW De Klerk Stigting, Zohra Dawood. Sy glo dat die huidige politieke koers van die land finansieel onvolhoubaar is. Hiermee saam is sy van mening dat baie probeer om die aandag af te trek van die werklike kwessies deur openlik rassepolitiek te bedryf.
    3 min
  • Monitor
    President Jacob Zuma, se broerskind, Khulubuse Zuma, woon in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit terwyl die likwidateurs van die Pamodzi-myn 'n aansoek in die Durbanse Hooggeregshof gebring het vir sy sekwestrasie. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Zuma en sy mede-direkteure in 2015 skuldig bevind aan nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates. Die hoofsekretaris van die vakbond, Solidariteit, Gideon du Plessis, sê die likwidateurs se aansoek word op 8 Desember aangehoor.
    4 min
  • Monitor
    President Jacob Zuma, se broerskind, Khulubuse Zuma, woon in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit terwyl die likwidateurs van die Pamodzi-myn 'n aansoek in die Durbanse Hooggeregshof gebring het om hom te sekwestreer. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Zuma en sy mede-direkteure in 2015 skuldig bevind aan die nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates. Die hoofsekretaris van die vakbond, Solidariteit, Gideon du Plessis, sê die likwidateurs se aansoek word op 8 Desember aangehoor.
    4 min
  • Monitor
    Grondherrvorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
    15 min
  • Monitor
    Grondherrvorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
    15 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,626 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,755 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners