Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Vandag (6 November 2017) is dit die internasionale dag vir bewusmaking oor die effek van oorlog op die omgewing. Die Verenigde Nasies se algemene vergadering het 16 jaar gelede besluit dat die publiek meer moet weet oor die effek van konflik op moeder aarde en natuurlike hulpbronne. Allessandra Vellucci, die VN se direkteur van inligting in Geneve verduidelik....
    4 min
  • Monitor
    Minstens agt ontsoutingsaanlegte sal al langs die Kaapse kus gebou word. Dit sluit in by Houtbaai, Strandfontein, Monwabisi en die Kaapse Hawe. Maar wat is die omgewingsimpak van 'n ontsoutingsaanleg? Die departementshoof by die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, Professor Kobus du Plessis sê dit is waarom behandeling van die stowwe wat gebruik word, so belangrik is.
    6 min
  • Monitor
    Tuisonderwys kan binnekort deur die Departement van Basiese Onderwys ge-mikroreguleer word, indien voorgestelde wysigings aan die skolewet aanvaar word. Dit is die mening van die voorsitter van die Pestalozzi Trust vir Tuisonderwys, Bouwe van der Eems. Hy beweer verder dat die voorgestelde wysigings administratiewe laste en finansiële implikasies vir ouers tot gevolg kan hê. Joan-Marie Verhoef berig dat die trust ook bekommerd is oor die moontlike strafregtelike vervolging van ouers wat die wysigings verontagsaam...
    6 min
  • Monitor
    Die Wêreldrugbybeheerraad het Suid-Afrika as voorkeurland - bó Frankryk en Ierland - aangewys om die 2023 Wêreldrugbybekertoernooi aan te bied. 'n Amptelike stemming word op 15 November gehou om die wenner amptelik aan te wys. Hier is Heindrich se onderhoud met SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux.
    12 min
  • Monitor
    Die burgemeester van Kaapstad het vandeesweek gesê dat agt ontsoutingsaanlegte gebou sal word, om die waterkrisis in die Wes-Kaap die hoof te bied. Melissa Tighy het by die departementshoof by die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, Professor Kobus du Plessis gaan uitvind hoe die aanlegte werk.
    5 min
  • Monitor
    Daar word verskeie planne met water gemaak, maar dit beteken nie dat Kapenaars nou 'n verskoning het om meer water te gebruik nie. So verduidelik die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille. Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is op die oomblik 36,3%, waar dit verlede jaar 61% was. De Lille het aan Melissa Tighy vertel dat 'n ontsoutingsaanleg reeds in Februarie twee miljoen liter water per dag aan die stad sal verskaf.
    7 min
  • Monitor
    'n Video wat bende-geweld en misdaad op die Kaapse Vlakte uitbeeld het die sosiale media netwerke aan die gons, en die polisie warm onder die kraag. Die video is nie realiteit nie, maar is as soetkoek opgevreet voordat die man wat dit gemaak het verduidelik het waaroor dit gaan. Die minister van polisie is glad nie hiermee ingenome nie.
    3 min
  • Monitor
    Suid-Afrika se water krisis is nie beperk tot die Kaap nie, maar dit help nie om nou beskuldigings rond te slinger nie, ons moet praktiese oplossings kry wat op die lang termyn volhoubaar sal wees. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde water aktiviste, professor Anthony Turton verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur.
    6 min
  • Monitor
    Die IVP staan voor sy grootste krisis met die voorgenome uittrede van dr. Mangosuthu Buthelezi as partyleier, sê die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-universiteit se besigheidskool. Venter het met Heindrich gepraat en begin met 'n beskrywing van Buthelezi se rol oor byna 60 jaar in die Suid-Afrikaanse politiek.
    6 min
  • Monitor
    'n Navorsingsprojek, wat in 'n kuns ervaring verander het. So vertel die kunstenaar, Masello Motana, oor hul Kwaito-pedia-projek by die pas afgelope Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners