Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, het vandag die nuutste ontvanger geword van die Afrika-netwerk vir etiese sakeleierskap (BEN-Africa) se Orde van die Kremetart. Gordhan het met Heindrich Wyngaard op Monitor gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Gigaga sê die kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane, is oor die ondersoek ingelig en het onderneem om sy samewerking te gee. Ons praat met 'n ekonoom by Rebalance Fund Managers, Dr Chris Harmse.
    7 min
  • Monitor
    Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Ons praat hieroor met die politieke en beleidsontleder prof. Erwin Schwella van die Skool vir Publieke Leierskap by die Universiteit Stellenbosch.
    9 min
  • Monitor
    Pres. Jacob Zuma beplan glo om gratis tersiêre onderrig in te stel ten spyte daarvan dat 'n kommissie van ondersoek hierna daarteen besluit het. Die president het tot nou versuim om die kommissie se verslag openbaar te maak. Ons praat met Adv. Frans Rautenbach wat in sy boek "South Africa Can Work: How a Free Market and Decentralised Government Can Make Us a Winning Nation" ook oor die kwessie van staatsbefondsing van hoër onderwys skryf
    7 min
  • Monitor
    Die onvertelde stories van Suid-Afrikaners wat in die verlede oor die hoof gesien is en deur die geskiedenis opsy gelaat is, gaan die lig sien. Dit is te danke aan ʼn nuwe projek gesetel in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Hierdie projek is getiteld Biography of an Uncharted People. Ons praat met die projekleier, Prof Johan Fourie.
    9 min
  • Monitor
    Die Nelson Mandela-stigting het 'n kat in die duiwehok gegooi deur 'n oproep dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied word - en dit weens die verdeling wat dit dikwels veroorsaak. Maar is dit die beste wyse om verdelende simbole uit die verlede te hanteer? Die uitvoerende hoof van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, Stan Henkeman, en die sanger, akteur, skrywer en sosiale aktivis Steve Hofmeyr, praat hieroor.
    9 min
  • Monitor
    Die Cyril Ramaphosa-veldtog vir die ANC se leierskapstryd het verras deur min. Naledi Pandor aan te kondig as sy kandidaat om as ANC-adjunkpresident verkies te word. Melanie Verwoerd, politieke ontleder en oud-ANC-LP, beantwoord Heindrich Wyngaard se vrae hieroor.
    8 min
  • Monitor
    Die uitgewers van die boek "The President's Keepers" het die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se regsverteenwoordiger laat weet hulle gaan nie die boek van die mark onttrek nie, terwyl die familie van die SSA-baas Arthur Fraser nou ook met regstappe dreig. Heindrich Wyngaard praat hieroor met grondwetkenner prof. Pierre de Vos.
    9 min
  • Monitor
    Carl Niehaus, woordvoerder van die ANC se MK militêre veterane, reageer op min. Naledi Pandor as adj.pres. Cyril Ramaphosa se verkiesingsmaat vir die ANC se Top 6-leierskapstryd. Heindrich Wyngaard het die vrae gevra.
    4 min
  • Monitor
    Die mediamaatskappy Tiso Black Star se besluit om die gedrukte weergawe van sy dagblad The Times te sluit, en dit slegs aanlyn voort te sit, laat opnuut vrae ontstaan oor die lewensvatbaarheid van gedrukte media in Suid-Afrika. Styli Charalambous, uitgewer van die nuuswebwerf Daily Maverick, praat oor die toekoms van gedrukte en digitale media.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners