Ten spyte daarvan dat Zanu PF Robert Mugabe met Emmerson Mnangagwa vervang het as leier en Grace Mugabe gister uit die party geskors het, blyk Mugabe steeds te weier om af te staan as president. Vir 'n ontleding oor die jongste verwikkelinge het Monitor met Theo Bekker van Noordwes Universiteit gepraat.
In Pretoria het groot getalle Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, by die Uniegebou saamgetrek om die veldtog teen president Mugabe in Zimbabwe, te steun. Baie van hulle hoop dat hulle na 'n Zimbabwe sonder president Mugabe kan terugkeer, berig Liela Magnus.
Universiteit Stellenbosch bied vandag en môre vir die eerste keer 'n internasionale beraad aan om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en vals nuus in die gesondheids-bedryf teë te werk. Ons wetenskapkorrespondent en die organiseerder van die beraad, George Claassen, verskaf meer besonderhede.
Hoe groei mens die videospeletjie bedryf in Suid-Afrika? 25 Videospeletjie-ontwikkelaars uit 11 lande is hierdie week by die Goethe Instituut in Johannesburg bymekaar om hulle kennis met Suid-Afrikaners in die bedryf te deel. Anna-Marie Jansen van Vuuren het die konferensie bygewoon en die verslag saamgestel.
Die weermag het die staatsbeheerde Zimbabwe Broadcasting Corporation in Harare oorgeneem. Tydens die regstreekse uitsending, is president Mugabe en sy gesin die versekering gegee dat hulle veilig is en dat slegs die kamerade rondom hom geteiken word. Ons praat met die politieke wetenskaplike professor Anthoni van Nieuwkerk van Wits Universiteit.
Werkloosheid is reeds 20 jaar 'n krisis in Suid-Afrika. Daar is nie 'n land in die 100 grootste ekonomieë wat vir twee dekades 'n werkloosheidsyfer van bo 20% getoon het nie. Dit is volgens Mike Schussler, hoof ekonoom van economist.co.za. Hy het die vakbond, UASA se Suid-Afrikaanse Indiensname verslag vir 2017 bekendgestel.
Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Professor Hlengiwe Mkhize, het studente vir kalmte gevra terwyl die regering die Heher-verslag verwerk.Die kommissie het bevind dat gratis tersiêre onderrig nie haalbaar is nie, en dat slegs studente by tegniese kolleges ten volle deur die regering befonds moet word.
As jy vandag op 'n plaaslike vlug vanaf die OR Tambo internasionale lughawe vertrek, gaan jy ongekende stilte ervaar. Die lughawe het besluit om mikrofone vir eers af te skakel.
Die Kaapstadse Metroraad waarsku dat skole Geelstert moontlik Groot withaaie na die kuslyn kan lok. Die Metroraad vra dat Kapenaars en vakansiegangers bedag moet wees hierop. Daar sal tydens die feestyd mense op strande ontplooi word om die kuslyn vir haaie te moniteer.
Die hulplenigings-organisasie, Gift of the Givers, het begin om boorgate in die Beaufort Wes-omgewing aan te bring. Die boorgate behoort daagliks 'n bykomende 1-miljoen liter water aan inwoners te verskaf.
3 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.