Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die organisasies Corruption Watch, Freedom Under Law en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het die hooggeregshof in Pretoria genader vir 'n bevel wat die verwydering van die voormalige baas van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mxolisi Nxasana, nietig sal verklaar. So 'n bevel sal ook die aanstelling van Shaun Abrahams, die dienende hoof, ongeldig maak. In hofstukke word beweer dat Nxasana sewentien miljoen rand aangebied is na hy uit sy pos as hoof van die nasionale departement van openbare vervolgings bedank het.
    3 min
  • Monitor
    Die veelbekroonde menseregte aktivis en prokureur, Beatrice Mtetwa oor die politieke verwikkelinge in Zimbabwe.
    6 min
  • Monitor
    In die Oos-Kaap het bouwerk aan die N2 Wildekus-tolpad begin, vyftien jaar na dit vir die eerste keer voorgestel is. Die pad sal die roete tussen Oos-Londen en Durban verkort, en twee reuse brûe insluit. Die tolpad-projek sal 'n geraamde agt duisend werksgeleenthede skep, en die toerisme-verwante moontlikhede veral in Pondoland uitbrei.
    4 min
  • Monitor
    Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se skielike aanstelling as deel van 'n poel van spesialiste wat die weermag met navrae help het baie vrae laat onstaan. Molefe het onder 'n wolk verlede jaar uit Eskom bedank, en is toe later as LP ingesweer, waar hy ook later bedank het. Advokaat Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die militêre vakbond Sanwu, sê hulle raadpleeg hul regspan oor Molefe se aanstelling.
    4 min
  • Monitor
    Die Hoofbestuurder van Agri-Wes-Kaap, Carl Opperman, sê een van die positiewe gevolge van die ergste droogte in 'n honderd jaar in die Wes-Kaap is die welwillenheid van ander landbouers in die res van die land. Daar vertek Vrydag uit Caledon 'n groep mense om voer by boere in Sutherland te gaan aflewer. Essie Esterhuyse het aan Metzi van der Merwe gesê hulle sal vroegdag in die pad val.
    3 min
  • Monitor
    75 Ministers van gesondheid en verteenwoordigers van 114 lande het pas die wêreld se grootste beraad nog ooit oor TB in Moskou bygewoon. Die geleentheid was 'n waterskeiding in terme van nuwe riglyne oor die voorkoming en behandeling van tering. So sê professor Martie van der Walt, hoof van die Mediese Navorsingsraad se tering platform.
    5 min
  • Monitor
    'n Droom is vir twee ou vriende bewaarheid wat 'n onvergeetlike lugreis langs die ooskus van Afrika onderneem het. Hulle het ook moontlik 'n rekord opgestel. Hulle is sover bekend die eerste avonturiers wat 'n lang-afstand vlug, in twee giro-vliegtuie van Duitsland na Suid-Afrika onderneem het.
    3 min
  • Monitor
    Zimbabweërs sal tot vanmiddag moet wag om te sien of President Robert Mugabe uiteindelik gaan toegee om as die land se leier te bedank. Gisteraand het die 93-jarige leier die wêreld geskok toe hy in 'n toespraak nie sy verwagte uittrede aangekondig het nie. Vroeër gister ZANU-PF op 'n spesiale Sentrale komitee vergadering besluit om hom as party-leier uit te skop.
    4 min
  • Monitor
    Presies 'n maand van vandag af sal Suid-Afrikaners weet wie die ANC se nuwe leier is - dr. Nkosazana Dlamini-Zuma of Cyril Ramaphosa of 'n buiteperd soos dr. Zweli Mkhize. Sommige waarnemers meen Ramaphosa loop gerieflik voor, en dat Dlamini-Zuma se veldtog stoom verloor. Is dit die geval? Dis die vraag wat Monitor aan een van Dlamini-Zuma se grootste ondersteuners, Carl Niehaus van die MK Militêre Veterane vereniging gestel het.
    10 min
  • Monitor
    Wes-Kaapse skole spaar duisende rande, met 'n nuwe sogenaamde slim watermetertoestel. Watergebruik het boonop by die skole merkwaardig afgeneem, met die gebruik van die toestel. Corbin August doen verslag.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners